43 mense dié naweek in Wes-Kaap vermoor

Argieffoto: Kent Williamson

Minstens 43 mense is die afgelope naweek in die Wes-Kaap vermoor, het premier Alan Winde gesê.

Winde se kantoor het ʼn verklaring uitgereik waarin onthul word dat ʼn totaal van 43 moorde oor die naweek deur die provinsie se forensiese dienste aangemeld is. Dít ten spyte daarvan dat die polisie onlangs sigbaarheid in dié provinsie verhoog het én die weermag ontplooi is.

“Die polisie het verlede Donderdagaand ʼn nasionale gesamentlike operasionele en intelligensie-struktuur (Natjoints) in die gebiede van Philippi, Steenberg en Delft geaktiveer,” lui die verklaring.

ʼn Totaal van 143 inhegtenisnemings is gedurende dié operasies gemaak terwyl daar ook op vuurwapens en dwelms beslag gelê is. “Ongeag dié groter polisieteenwoordigheid en Bheki Cele, minister van polisie, wat self ook aan die patrollie deelgeneem het, is 43 mense steeds vermoor,” lui die verklaring.

Van dié moorde is gepleeg in gebiede waar juis meer polisielede ontplooi is.

Die meeste moorde die naweek is in Mfuleni aangemeld met ses moorde wat hiér gepleeg is. In Delft en Samora Machel is daar onderskeidelik vier moorde in elk van dié gebiede gepleeg en in Mitchells Plain is drie moorde aangemeld.

Van die 43 moorde is 25 mense doodgeskiet en 12 mense met ʼn skerp voorwerp gesteek.

Luidens die verklaring sal die moordsake fyn dopgehou word om te verseker dat dit behoorlik ondersoek word en dat die skuldiges vervolg word.

“Die moordsyfer van die afgelope naweek is ʼn bewys dat daar geen tyd is om te mors met die ontplooiing van die weermag nie. Ek doen ʼn beroep op Cele en pres. [Cyril] Ramaphosa om die papierwerk so gou moontlik af te handel sodat daar nie meer lewens verlore gaan nie,” het Winde in die verklaring gesê.

Cele het Sondag gesê 141 gesoekte verdagtes is oor die naweek in Kaapstad in hegtenis geneem. “Bendes is besig om rond te beweeg, maar ons sal dit hanteer,” het die minister verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Joe ·

Drie weke terug was daar 37 mense oor ‘n naweek in Kaapstad vermoor. Die laaste naweek 43 (Nw 24 noem syfer van 46). Ons hou maar asem op vir volgende naweek…

Riaan ·

Dit maak nie sin nie. In die slegte ou dae was die dodetal met n oorlog aan die gang minder gewees. Nou sterf daar 53 mense per dag a.g.v geweld. Mense is bang ons word n 2de Zimbabwe……….Ek vrees ons is meer op pad Somalia toe.

Ida Kriel ·

Riaan ons gaan nog al die Afrika lande oortref. Ek glo nie eens meer dat ons woorde het vir wat gebeur nie. Dan verwag sommige wittes ons kinders moet hier bly, want emigreer hulle, is hulle swakkelinge ens. Jammer maar ek moedig myne om pad te gee en my seun vlieg volgende week NZ toe om daar na als te kyk en onderhoude te he. Ek kan my klei kinders nie in hierdie skole sien skool gaan nie en ek gun hul vryheid en veiligheid. Mens lewe in jou eie tronk hier.

Jimmy ·

Die Wes-Kaap moet afstig en ‘n republiek word om sake reg te ruk. Indien dit so aangaan is die provinsie op pad na ‘n Somalië lank voor die res van die land.

Johann M van Heerden ·

Gebiede moet onverwags en sonder waarskuwing afgesper word en van huis tot huis deursoek word. ‘n Aandklok kan tydelik ingestel word. Dit is drasties, maar dit is duidelik ‘n oorlog is aan die gang en so ‘n verlies van lewens regverdig drastiese ingryping. Die weermaglede is hopelik goed gepantser met die regte drag. Anders gaan ons nog dooies sien. Ons weermag is nie opgelei hiervoor nie.

Ida Kriel ·

Riaan ons gaan nog al die Afrika lande oortref. Ek glo nie eens meer dat ons woorde het vir wat gebeur nie. Dan verwag sommige wittes ons kinders moet hier bly, want emigreer hulle, is hulle swakkelinge ens. Jammer maar ek moedig myne om pad te gee en my seun vlieg volgende week NZ toe om daar na als te kyk en onderhoude te he. Ek kan my klei kinders nie in hierdie skole sien skool gaan nie en ek gun hul vryheid en veiligheid. Mens lewe in jou eie tronk hier.

Keelvol ·

Ida mag jou seun suksesvol weeks-dis die regte ding om re doen. Ek sal vandag enigiets doen om hier uit te kom.
Ek is lief vir my land- wat was- SA het reeds gesneuwel.

Braam Maree ·

Die ANC is besig om seker te maak dat hulle die meerderheid met die volgende verkiessing gaan wees

Miekie ·

Ida stem 100% saam met jou. My een broer se seun het ‘n graad en honeurs gedoen wat maar skaars is want dit kos bietjie breinkrag. Toe het hy ses mnde in ‘n wynkelder gaan toergids speel tot al sy immigrasie en wat nog afgehandel is. Hy het die graad in Engeland gedoen ook honeurs en het op 32 ‘n pos wat Maria Ramos hom sou beny. Die ander twee broers is in NZ en kan nie beter gaan met hulle en hulle kinders nie. Stap in die aand bietjie straataf na vriende. Gelukkig klaar vergeet van al die gemors in SA. Vegeet om deure te sluit en vensters toe te maak ens……….. Lys gaan aan

Miekie ·

Ida ek stem 100% saam met jou. My drie broers en hulle families is in NZ en Engeland. Ek kan op die oomblik nie gaan. Wag net vir die regte tyd as daar nog tyd sal wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.