44 jaar tronkstraf ná kind se dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 49-jarige pa van Bloemfontein is tot 44 jaar tronkstraf gevonnis ná die afsterwe van sy sewejarige dogter.

“Xolile Makhupula het Vrydag in die Bloemfonteinse hooggeregshof verskyn,” het sers. Ikobeng Hlubi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het ongeveer agt jaar gelede sy sewejarige dogter só hard geslaan dat sy uiteindelik aan haar beserings beswyk het.”

Makhupula het nie haar afsterwe aangemeld nie, maar haar slegs in sy erf by Bergmanplein in Bloemfontein begrawe.

“Volgens die polisie se rekords, het die waarheid eers aan die lig gekom toe die sussie, wat in daardie stadium 12 jaar oud was, uiteindelik as 19-jarige in 2014 vertel het van die tragedie wat sy as kind beleef het,” het Hlubi bygevoeg.

Die misdaadtoneel is in Maart 2014 besoek en die jong meisie se oorskot is gevind. “Die beskuldigde het weggehardloop, maar is ʼn paar dae later in hegtenis geneem.” Hy was sedertdien in polisieaanhouding.

“Die beskuldigde het aanvanklik ontken dat die oorskot sy dogter was, maar DNS-toetse het die teendeel bewys.”

Hlubi het ao Solomon Mokgobo van Bloemspruit-polisie geloof vir sy harde werk om seker te maak dat die beskuldigde boet vir sy misdade. Makhupula is skuldig bevind aan strafbare manslag, aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig, dwarsboming van die gereg, versuim om die afsterwe van sy kind aan te meld, en kindermishandeling van sy drie kinders, insluitend die oorledene.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Oom Boer ·

Dit is darem hartseer en dat jou sussie dit moet aanskou. Wat kan dan nou so ernstig in ‘n Pa se hart omgaan om ‘n sewe jarige dogtertjie haar lewe te laat boet. Hoe verdedig so ‘n kind haarself teen so ‘n groot man. Dit is onmenslik en ‘n kind verdien dit nie. “Waar was die bush justice in daardie stadium “?

Lynette ·

Oom Boer, ek vra eerder: waar was die ma van die kind of die bure – as hy haar byna pap geslaan het, moes sy seker geskreeu het en iemand moes gesien het hoe hy haar begrawe? Het niemand dan die kind ooit vermis nie???

alida ·

As die sussie 12 jaar oud was hoekom het sy nie dadelik vir iemand daarvan vertel nie. ‘n kind van 12 kan mos dink.

Laurika ·

Die sussie was 12 op daai tydstip, en seker dood bang dat dieselfde lot vir haar beskore as sy durf ‘n woord van die voorval uiter. Ek dink sy was bang vir haar pa. Ek voel dis fantasties dat sy braaf genoeg was om dit steeds te openbaar, al is dit jare later.

Annie ·

Is vrees dalk die antwoord? Al kon sy dink…kan jy dink hoe bang daardie arme kind moes gewees het? Na wie toe draai jy as jy jou eie pa so iets sien doen aan jou suster..die 1 persoon wat jou met sy lewe moet beskerm?

Charlene ·

Alida was jy nie ook `n kind nie??? Mens noem dit vrees! lees asb verder hy is sy ander 2 kinders ook aangerand….
Die arme kind wat so wreed moes sterf en die sussie wat dit moes aanskou, al die jare met dit saam te leef. Dis so tragies en hartseer.
Stekte aan die 2 kiddies wat oorbly.

Daleen ·

Ek en my twee broers en een suster is deur so iets. Jy se NIKS vir NIEMAND nie, anders lei jou Ma daar onder…. Glo my, die wat nie daardeur was nie, sal nie weet nie. Gelukkig is niemand oorlede agv die geweld nie, maar ons was al naby. Sterkte vir die slagoffertjies. Meisie, jy is my heldin. Die Here sal jou dra van hier af. Sterk wees, kind!!

pop ·

Vrees maak jou stom, blind en doof. Jy sal niks vir niemand se nie, want die geweldenaar se dan jys volgende. En jy glo hom

Jolande ·

8 jaar? Wil jy my se vir 8jaar het geen familie lid, juffrou – niks niemand haar vermis en gewonder waar sy is nie? My kind is vir 1dag nie in die skool dan bel hulle om te hoor waar sy….. SKOKKEND en swak van familie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.