44 skoolkinders beseer in KZN-ongeluk

(Foto: Verskaf)

Altesaam 44 kinders, almal tussen sewe en 13 jaar oud, is Woensdagoggend beseer toe ʼn minibustaxi met ʼn stilstaande voertuig op die Ou-Inandaweg naby Buffelsdraai in KwaZulu-Natal, gebots het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê hy het vroegoggend talle oproepe van verbygaande motoriste ontvang wat die ongeluk aangemeld het. Beamptes was omstreeks 07:50 op die toneel.

Volgens Rusa was ʼn Toyota Hilux glo in die rigting van Verulam op pad toe die insittendes op die slagoffer van ʼn tref-en-trap-voorval afgekom het. Die bestuurder het in die noodbaan stilgehou om owerhede te ontbied.

ʼn Minibustaxi wat leerders na die Acacia Primary School in Trenance Park geneem het, het glo kort daarna agter in die stilstaande bakkie vasgery.

“Die oorlaaide minibus het nadat hy die bakkie getref het in die aankomende baan ingeswenk en ʼn voetganger getref voordat die voertuig tot stilstand gekom het,” sê Rusa.

ʼn Sewejarige is kritiek beseer en is voor paramedici se aankoms na ʼn hospitaal geneem. Die ander 43 kinders en die beseerde voetganger is met ambulanse na die naaste hospitaal vervoer.

Die identiteit van die slagoffer wat in die tref-en-trap-voorval dood is, is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ek kan ·

Waarskynlik is die kinders (en die ouers) desperaat vir vervoer skool toe. Dit is baie harseer – mense wat die luukse het van voertuie en of genoegsame openbare vervoer vir hul kinders, besef nie hoe gelukkig hulle is nie.

JohanR ·

‘n Taxi bedoel vir 16/18 met 44, en dan geen sitplek gordels. Daai kinders het seker daar binnekant soos balle rongevlieg. Kan ons wed nou al, dat niks sal gebeur met die bestuurder, of die taxi baas!

Amelia ·

taxi drywers voel niks vir pendelaars nie Jammer nie 1 uit duisend wat ordentlik ry

Sonja ·

Hi Moedeloos. Taxi’s ry mos in noodbaan om gouer by hulle bestemming te kom. Voel niks vir pad reels. In Gauteng is dit ‘n daaglikse gesig en verkeersbeamptes doen net mooi niks

Eugene ·

Dit sal orals so gaan…. onthou verkeersbeamptes word voorafbetaal….

Koos 100 ·

Kla die bestuurder en eienaar van die taxi aan vir poging tot moord. Om ‘n taxi te oorlaai en pad reëls opstelik te verontagsaam word met opset gedoen en daarom poging tot moord. Lyk ook nie asof dit teen 60km/h gebeur het nie.

SomeOne ·

op die oog af lyk dit nie soos ‘n wettige “TAXI” nie, eerder ‘n omboude paneelwa wat as taxi gebruik word (tel die aantal vensters aan die regterkant en vergelyk dit met ‘n wettige taxi)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.