45 honde by teler weggeneem; 10 van kant gemaak

‘n Totaal van 45 honde is uit die teler se sorg geneem. (Foto: DBV Benoni)

Ongeveer tien van die 45 honde wat ʼn week gelede by ʼn bekende hondeskoubeoordelaar en -teler van Benoni weggeneem is, moes noodgedwonge van kant gemaak word.

“Die honde was in ʼn skokkende toestand,” sê Vicky Finnemore, senior inspekteur en bestuurder van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Benoni.

Die DBV het op 31 Januarie beslag gelê op 45 honde van verskillende rasse wat op die teler se perseel aangetref is. Die DBV het aanvanklik die teler se perseel besoek waar sy beweer het slegs 15 honde aangehou word.

Volgens die DBV was dié honde, almal Franse poedels, in ʼn goeie toestand. Die teler het egter volstrek geweier dat beamptes van die DBV haar huis binnegaan. Die beamptes het onraad vermoed en het later met ʼn lasbrief teruggekeer om die huis te deursoek.

‘n Totaal van 45 honde is uit die teler se sorg geneem. (Foto: DBV Benoni)

Dit is toe dat hulle op die ander honde, onder meer Franse en Maltese poedels en ʼn spanjoel, afgekom het waar hulle in hokke in die huis aangehou is. Volgens die DBV het die honde ernstige gesondheidsprobleme gehad insluitend oorinfeksies, tandbederf, gewasse, ooginfeksies, heupverplasings en velinfeksies. Talle van die honde was ook erg ondervoed.

Die DBV sê die honde is in klein kratte in die huis en in die buitekamer aangehou.

Finnemore het Donderdag aan Maroela Media gesê dat verskeie honde van kant gemaak moes word op aanbeveling van veeartse. Dié honde was glo te oud of te swak om enige operasies te oorleef. Baie van die honde het ook gevorderde kwaadaardige gewasse gehad. “Hulle kon eenvoudig nié gered word nie.”

Die teler het glo die honde vir finansiële gewin aangehou.

Finnemore sê dit gaan onder omstandighede goed met die 35 honde wat steeds mediese behandeling ontvang. “Ons werk hard daaraan om hulle gesond te kry. Hulle kom en gaan by ons veeartse. Ons vat dit dag vir dag,” sê sy. “Ons het ons hande vol. Daar is nog baie van die diere wat operasies moet ondergaan.”

‘n Totaal van 45 honde is uit die teler se sorg geneem. (Foto: DBV Benoni)

Die DBV beplan om ʼn saak van dieremishandeling teen die teler te maak. Die uitkoms van die saak sal bepaal of die honde vir aanneming beskikbaar gestel sal word.

Finnemore sê een ligpunt is dat die DBV talle donasies ontvang het om die mediese behandeling van die honde te dek. Daar is selfs donasies uit die buiteland ontvang. Dié behandeling van die honde sal na verwagting soveel as R20 000 kos.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Thinus Erasmus ·

Nou waar is die vrou wat die enigste olifant van die dieretuin wil vrylaat, om hier haar besorgdheid te toon en haar voorleggings en donasies maak. (‘n dier wat goed versorg word en almal kan dit sien)
Is die lewe van een dier dan meer werd as die van ‘n ander, of gaan dit oor die grootte?

Cherokee ·

Ó, julle soek iemand ànders om donasies te doen. Moet nie net altyd van ander verwag om dit te doen nie, skud jul sakke.

zunette du Toit ·

Wat makeer die vrou?? Dit is vreeslik dink net hoe het hierdie diere gely wat siek was O genade ek hoop sy kry n groot straf

erika ·

Dankie aan die DBV vir julle goeie werk!!
Ek verstaan nie hoe kan mense nie na hul diere kyk ni..Hulle kan nie vra vir water of sê hulle is honger nie…maar hulle moet jou beskerm teen boosdoeners!! Ek ry permanent met hondepille in my motor! Sy moet maar ook in die tronk se hok gaan sit waar sy hoort!

frikkie ·

jy oordeel baie vinnig oor ander ne. gooi die klip eerste as jy heeltemal onskuldig is. Dbv mors lekker geld gaan kyk maar mooi

Careltjie ·

As ek na die fotos kyk, lyk alles skoon en al die honde het water.??

Honde-mamma ·

Careltjie…. Rêrig?! Sien jy ook hoe klein daai hokke is, sien jy ook dat daar TWEE honde per hok is?! So klein spasie vir diere wat veronderstel is om te kan rondhardloop en speel! Hoe sal jy daarvan hou om binne jou gaste toilet opgesluit te word vir wie weet hoe lank???!!!

Ronel ·

Careltjie en het jy gesien hoe klein is die hokke en hoe groot is die swart honde? Sien jy bewegingsruimte?

Roos ·

Honde het baie meer nodig as ‘n skoon hok en water. Hulle wil aandag en vertroeteling hê soos ‘n kind.
Hierdie mense laat hulle die hele tyd kleintjies kry om te verkoop.
Die versorging van 45 honde moet baie van ‘n mens verg. Waar gaan loop hulle ‘n draai. Ek vermoed alles is skoon gemaak na die DBV se eerste besoek.
Sjoe, 30 honde in jou huis moet seker die ene hond ruik ook.

Heilie ·

Nee Careltjie, dis net van die honde, die ander hondjies is skokkend. Gaan kyk bietjie op Benoni sPCA se blad, daar is foto’s van die res

frikkie ·

die dbv oorleef op sensasie en donasies. so my een hond is ok oud en sy tande is nie meer reg nie maar die veearts beveel aan ek nie hom onder narkose sit nie want hy gaan dit nie oorleef nie. en ja hy is al 14 en hewasse en goed is wat dit is. hy is op meds maar nog happy en lewendig nog nie tyd om uit te sit nie. ou honde het maar soms issues. dbv is all high en mighty soms maak nie altyd vir my sin nie. soms doen hulle goeie werk maar ek nie sonseker oor die ene nie.

Tania ·

Dit is vir my ‘n groot skok dat die DBV iets gedoen het!!

Sies ·

Alhoewel dit skoon lyk verbreek dit die minimum behoeftes. Vir 1 hond is 1.4m2 nodig so daar waar mens 2 honde sien benodig hulle 2.8m2. So dis n area van 1.8 meter by 1.55meter. Om dit in perspektief te stel dis ongeveer die area van 2 deure langsaan mekaar. So jy kan sien die hokkies lyk ongeveer 1m by n half meter.

Annelize ·

Ek haat enige hondeteler, hier is soveel honde in shelters ens, dat omtrent elke huishouding ‘n hond kan kry sonder dat daar ooit weer 1 onskuldige baba hondjie gebore hoef te word.

frikkie ·

Ek het altwee my honde by goeie telers gekoop en hulle is met liefde in die wereld gebring. jy oordeel baie vinnig

Ramkat ·

Geld geld geld ten koste van arme diere wat nie hulle eie toestand kan verbeter of sê ons is siek nie. Skande

Elvira ·

Dankie DBV. Hierdie sogenaamde telers is net daarop uit om geld te maak. Gee nie om vir die welstand van die honde nie. Daar moet strenger wette wees.

Judge Dredd ·

Dis wat jy kry as jy ‘n diere liefhebber met ‘n hoarder kruis.

alida ·

En sy verkoop die franse poedels vir astronomiese bedrae. Skande hoop jy word swaar gestraf en aangekla vir dieremishandeling.

Engelsman ·

The SPCA does fantastic work. We live in Alberton and have over the years had to phone them for assistance. They have never refused to come out. Good work Benoni SPCA.

joumaman ·

Ja nee hulle was so wakker om te se hulle ontmoet jou en toe daag hulle nie op nie ek het nie die selde ervaring nie sorry

Foxi ·

Sy moet vir n maand by my kom bly…………dan praat ons weer. Weerlose diere wat nie hulself kan verdedig nie……..al hierdie wreedheid net vir RYKDOM???

Weerloos ·

Hulle se dan MEESTE Honde was in ‘n goeie toestand, die wat uitgesit was was OUD?? Nou gaan doen julleself ‘n guns en gaan kyk in watter hokke die DBV hulle honde hou dan kom praat julle weer hier nonsens. Ek is ANTI BREEDER maar dit voel vir my soms krap die DBV waar dit nie jeuk nie.

Esta venter ·

Wanneer gaan diè tipe mense begin met tronkstraf. Hulle kry net n boete of waarskuwing en dan doen hulle dit weer. Sluit hulle ook toe . Dis so tweed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.