45 skoliere ry saam in minibus

Foto verskaf aan ANA

Veiligheidsbeamptes in Port Elizabeth het Donderdag ʼn minibusbestuurder in hegtenis geneem nadat hy 45 hoërskoolleerlinge in ʼn 16-sitplek-minibus vervoer het.

Charles Bramwell, woordvoerder van die Oos-Kaapse verkeerspolisie, het gesê die bestuurder is in Coloradolaan in Bethelsdorp voorgekeer. Die bestuurder is in hegtenis geneem op aanklag van oorlading en dat hy homself teëgesit het tydens inhegtenisneming.

Bramwell het gesê ʼn saak is aanhangig gemaak by Algoapark-polisiestasie en die verdagte bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hennie ·

Net 45? Daar is fout!! Hier in JHB laai hulle meer as dit in die oggende en dan is daar altyd plek vir nog “een”!!! Hoog tyd dat hulle vas getrek word!

Rina Nortje ·

Dikwels is dit die eienaars se skuld. Hulle verwag ‘n sekere bedrag van elke bestuurder. Dink eienaars moet ook verantwoordelik gehou word.

Oom Kalahari ·

Wow met 29 is hierdie minibus oorlaai en plaas almal se lewens in gevaar. Wel in afrika het hul gewoonlik net ‘n gaaitjie vir die drywer om deur te kan sien, verder hang hul oral, sit op die dak ens. Welkom afrika on sal net moet aanpas. Geen wette, respek en geen veiligheid nie.

Somme ·

Kom ons maak ‘n som met ‘n 15-jarige seun wat 56kg (inligting van Google)weeg. Dit is 2520kg plus die bestuurder se 80kg = 2600kg. ‘n Gewone bakkie kan sowat 1200kg dra binne die wet.
Vroeër jare was daar ‘n spreekwoord waar daar na ‘n bus verwys word dat daar mense se harte is wat só groot is soos hierdie busse want daar is altyd plek vir nóg een.

jaco ·

My eie ervaring met sulke gevalle, waar ek aan drywers gesê het hulle voertuie is oorlaai, was beskuldigings in gekruide taal dat ek ‘n rassis is. Ek wonder net wat sê hulle as wetstoepassers van hulle eie ras hulle vang.

Willem ·

Die positiewe is, genadiglik is die nie 45 skole se kinders wat in die minibus geprop is nie.

Cel ·

Dink gou bietjie so daaraan.. daar is gee skool vervoer beskikbaar by talle skole nie, leerders klim in enige beskikbare taxi om net betyds by die skool te kom om ‘n straf te vermy. Persoonlik dink ek taxi eienaars byt dit uit.

JM ·

Aangesien cr en die eff so kla oor die werkloosheid syfers , hoekom koop hulle nie meer taxis nie dan kan hulle die las verlig maar as die taxis oorlaai word, hou cr en julius verantwoordelik

Cynthia TREDOUX ·

Nou wil jy meer…ek sien feitlik daagliks hoe meer as 25 skoliere in n mini-bus taxi in Pretoria weg Silverton…regoor n robot…klim…namiddae. Die kinders almal geklee in skooldrag…wag daar vir die taxi…en dan word hul almal opgelaai…jy hoef nie n ROCKET SCIENTIST te wees …met jou tellery van die kinders…dat daar 25 is nie…snaaks genoeg…die SAPD n hanetree daarvandaan….en SO DOET HUL VOORT! Sê maar net!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.