450 kg-man oorlede: ‘Die familie is platgeslaan’

Corrie Le Grange. Foto: Verskaf

Corrie Le Grange. Foto: Verskaf

Corrie le Grange (60), die Johannesburger wat 450 kg geweeg het, is Dinsdagoggend oorlede.

Mark Porter, woordvoerder vir die familie, het aan Maroela Media bevestig dat Le Grange in die Charlotte Maxeke-hospitaal dood is. “Die familie is platgeslaan,” het Porter gesê. Hy het gesê alhoewel Le Grange herstel het van die longontsteking wat hy vroeër gehad het, is hy aan septisemie dood.

Le Grange is verlede week vanaf ʼn algemene saal na die waakeenheid geskuif nadat hy Donderdag ʼn terugslag ondervind het. Porter het vroeër gesê hy het gesukkel om asem te haal en sy toestand was kritiek. Hy is aan ʼn asemhalingmasjien gekoppel.

Maroela Media het die eerste keer oor Le Grange berig nadat dit aan die lig gekom het dat sy familie desperaat op soek was na ʼn hospitaal wat sou kans sien om hom te behandel. Shammy Rademeyer, Le Grange se jarelange verloofde, het vroeër gesê hy ly aan askites, ʼn seldsame siekte. Askites veroorsaak abnormale ophoping van vog in die buikholte wat lei tot aansienlike gewigstoename en gevolglik moontlike skade aan die organe.

Lees alle vorige berigte oor Corrie le Grange op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

PIXIE ·

EK IS VREESLIK JAMMER VIR DIE SLEGTE NUUS. STERKTE EN LIEFDE AAN FAMILIE EN VERLOOFDE. EK HET DIT NIE VERWAG NIE EN HET REGTIG GEGLO HY SAL HERSTEL. AS DIE SOGENAAMDE INSTANSIES WAT GENADER WAS VIR HULP NET HULP SOU VERLEEN HET SOU DIT NIE SO TRAGIES GEEINDIG HET NIE.
ONS SAL JOU MIS CORRIE.

Berhalet Beukes ·

Mense sal geskok wees om te weet presies hoe dit in staatshospitale gaan en hoe ons belasting gelde vir alles behalwe goeie, betroubare mediese dienste gaan. Innige simpatie met die familie.

Fourie ·

Stem Berhalet, dit is pateties in die staats hospitale. Jy gaan daar in vir ‘n geval en tel dan sommer ‘n ander siekte op. Nee wat, hier word goeie geld agter slegte dienste gegooi. Innige simpatie met die familie en Corrie se verloofde, ek is self geskok.

Harry ·

Ek kan nie saam stem nie. Probeer asb nie veralgemeen nie. My broer is ‘n paar jaar gelede oorlede in ‘n staatshospital en my ouers word daar behandel aangesien hulle nie medies het nie, en ek kan nie sleg praat oor die hospital nie. Hulle is baie behulpsaam en doen alles in hul vermoeë om the help.
Aan Corrie se familie en vriende, baie sterkte!

Chris ·

Harry jou broer is n paar jaar gelede oorlede gaan kyk hoe gaan dit nou in die hospitale. As jy nie weet waar om te gaan kyk nie besoek in bloemfontein die noodgevalle van Nationale hospitaal (hoop jy gaan siek wees en hulp nodig het want dit is dan wanner jy dit regtig ervaar). As jy daar klaar is gaan maak n draai by die palenomi hospitaal. Dan kom sing jy jou deuntjie hier.

Leonie ·

Ai dis so hartseer. Sterkte aan al die familie en vriende in die moeilike tyd! Ek het so gehoop hy word heeltemal gesond. So sad! RIP Corrie ! :(

Melt Olckers ·

Mag die Here sy familie en vriende deur hierdie hartseer tyd dra, en mag Corrie nou in vrede rus.

Sune van Heerden ·

Dagsê Jannes

Dankie vir jou kommentaar.
Ons verslaggewer het egter twee keer met die woordvoerder van die familie bevestig Corrie het 450 kg geweeg.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

celeste ·

Ag nee, ek volg sy storie al van die begin af. Ek het so gehoop hy word beter. Baie sterkte aan al sy mense

Piet Pompies ·

Septisemie is infeksie van die bloedstroom deur bakterieë, hierdie ongewenste elemente kan net in jou bloedstroom beland gedurende ‘n operasie van die ingewande, perforasie (skeur) van die ingewande of long ontsteking. Oorlewing na so ‘n infeksie is baie skraal. Sterkte aan die familie.

Jo ·

Alhoewel ek uit persoonlike ondervinding kan sê dat staatshospitale baie te wense oorlaat, wil ek net onder julle aandag bring dat die staatshospitaal aangebied het om hom te behandel toe al die ander hospitale hul rug op hom gedraai het. Sterkte aan die geliefdes in hierdie moeilike tyd.

Chris ·

Staats hospitale is veronderstel om alle pasiente te behandel. Privaat hospitale kan jou wel weier.

annette ·

Dis verskriklik jammer om te hoor. Ongelukkig kan ek nie saamstem met die aanmerkings dat die diens swak is in die Staatshospitale nie. As dit nie vir die Dokters en Verpleegster was by die Charlotte Maxeke Hospitaal was nie was my skoonseun seer sekerlik dood vandag. Hy het Pankreasistitus gehad en al sy organe het een na die ander af geskakel. Die diens wat hy en ons as familie ontvang het was fenominaal. Daadie mense is so oorwerk en kort staf dis nie eers waar nie. Julle is reg wat die Regering doen met die geld weet nugter want die Hospitaal as sulks is besig om uit mekaar te val. Ons moes ook sy eie beddegoed neem toe hy uit die hoesorg eenheid na die algemene saal verplaas is.

chris ·

Gaan lees gerus in vandag se koerant daar weer n berig oor n doker wat geweier het om n pasient te behandel. Pasient ongellukkig oorlede

Estie ·

Baie jammer om te hoor. Baie sterkte aan al sy familie, vriende en sy verloofde. Hy het wonderlike mense wat by hom gestaan het tot die einde toe. Rus in vrede Corrie… Jy is nou op ‘n veilige plek…

Nico ·

Asseblief mense!!!! Ons praat nie hier oor die hospitale nie.
Dit gaan oor Corrie en sy familie!!!
Sterkte vir die familie vir die moeilike tyd.

chris ·

Nico ons kan mos maar oor die hospitale ook praat. Corrie was geweier om in hospitale behandel te word. As hulle hom dalk voer gehopitaliseer het, het die man dalk nog geleef.

Liza ·

Ek lees op netwerk24 Corrie is oorlede nadat hy in die stort geval het???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.