450 kg-man op asemhalingsmasjien ná terugslag

Corrie Le Grange. Foto: Verskaf

Corrie Le Grange. Foto: Verskaf

Corrie le Grange (60), die man van Johannesburg wat 450 kg weeg, is aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel nadat hy Donderdag ʼn ernstige terugslag gehad het.

Le Grange is Dinsdag uit die waakeenheid na ʼn algemene saal in die Charlotte Maxeke-hospitaal geskuif nadat sy toestand begin verbeter het. Mark Porter, woordvoerder vir die familie, het gesê Le Grange het egter Donderdag weer agteruit gegaan.

“Donderdagoggend het die dokter met die familie vergader oor die reëlings wat getref moet word wanneer hy ontslaan word. Verskeie masjiene, byvoorbeeld ʼn suurstofmasjien en ʼn verstelbare bed, sou by die huis nodig wees, sowel as heeltydse verpleging en gereelde afsprake met fisioterapeute en dieetkundiges,” het Porter gesê.

Teen Donderdagaand het Le Grange se toestand versleg en het hy gesukkel om asem te haal. “Dit was ernstig, sy toestand was weer kritiek,” het Porter gesê. Dit is nie duidelik hoekom Le Grange weer versleg het nie.

Le Grange is teen 21:00 die aand weer na die waakeenheid geskuif toe ʼn bed beskikbaar geraak het. Hy is ook op ʼn asemhalingmasjien geplaas.

Porter het gesê Le Grange se gewig en pyn in sy bene het tot dusver verhoed dat hy op sy eie kan loop. “Indien alles oor die naweek goed verloop, is die eerste prioriteit om Corrie weer aan die beweeg te kry om verdere terugslae te vermy en vinnige herstel aan te moedig.”

Lees alle vorige berigte oor Corrie le Grange op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SONJA ·

Jull noem nie wat Corrie makeer nie.
n Baie goeie en goedkoop natuurlike behandeling, (enigste en beste vir laat stadium emfiseem) is 1 ml 3% mediese graad Waterstof Peroksied in 500 ml Saline of Dextrose Drip wat oor 90 minute inloop. Dit verskaf suurstof.

Dr Rowan doen sulke behandeling in Edenvale maar die drip kan deur n verpleegster ook opgesit word. Koste is minimaal.

Linda ·

ASKITIS-@Sonja dis waaraan mnr le Grange lei ? DALK KAN JY nog voorstelle Maak, hoe om dit TE behandel, Ek GLO die FAMILIE Sal enige vorm van raad waardeer? EK Sal graag meer wil Weet oor die siekte , OM in 3 Maande 200kg op Te tel ? Ek voel so jammer Vir veral mnr le Grange . Ons het ontsettende kleinerige aanstootlike mense,wat die lelikste goed kwytgeraak het oor iemand wat ‘n siekte toestand het. VIR julle wil ek net se , passop dat so iets nooit JULLE paaie kruis nie……Sterkte Aan Almal en die familie!!

Zbc ·

Dié man was weg gewys by privaat hospitale net omdat hy nie ‘n mediese fonds het nie, alhoewel hy meer as bereid was om kontant vir behandeling te betaal. Nou het die staat hom aanvaar en sy toestand versleg en ek bedoel nie die behandeling is sleg nie. Ek bedoel hy kon lankal gehulpe geraak het as die privaat hospitale hom van die begin af kon help. Sterkte aan die pasiënt en familie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.