450 kg-man uit waakeenheid; familie hoopvol

Corrie le Grange en sy verloofde, Shammy Rademeyer. Foto: Facebook

Corrie le Grange en sy verloofde, Shammy Rademeyer. Foto: Facebook

Corrie le Grange (60), die man van Johannesburg wat 450 kg weeg, is uit die waakeenheid ontslaan en na ʼn algemene saal geskuif.

Mark Porter, ʼn familielid wat as woordvoerder vir die familie optree, het gesê Le Grange is Dinsdag uit die waakeenheid geskuif aangesien hy goeie vordering toon en reeds self eet. “Die dokters wil hê hy moet soveel as moontlik beweeg omdat dit met sy herstel sal help,” het Porter gesê.

Le Grange is verlede week in die hospitaal opgeneem nadat sy familie dae lank op soek was na ʼn staatshospitaal wat sou kans sien om te behandel. Volgens sy verloofde, Shammy Rademeyer, het verskeie staatshospitale Le Grange weggewys omdat hulle nie beddens gehad het wat sy gewig kon dra nie.

“Die waakeenheid se bed is saam met hom na die algemene saal geskuif, aangesien die bed [wat hy aanvanklik van die huis af gebring het] verwyder is,” het Porter gesê. “Die dokters het gevra dat sy rusbank van die huis af gebring word sodat hy van posisie kan verander. Hopelik sal hy beter sorg [in die algemene saal] ontvang nadat ons met die verpleegpersoneel vergader het.”

Le Grange is die naweek in die waakeenheid opgeneem nadat sy toestand skielik versleg het. Rademeyer het vroeër gesê haar verloofde ly aan askites, ʼn seldsame siekte wat abnormale ophoping van vog in die buik veroorsaak.

Volgens Porter is die familie meer hoopvol noudat Le Grange vordering toon. “Die waakeenheid se personeel was wonderlik en het die beste moontlike behandeling aan hom verskaf. Familie is deurentyd op bystand by die hospitaal,” het hy gesê.

Lees alle vorige berigte oor Corrie le Grange op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SNEL ·

Dis wonderlike nuus, baie bly om te hoor dat dit sommer stukke beter met hom gaan. Alle sterkte vir julle en hoop hy is gou weer sy ou self.

PIXIE ·

DANKIE VADER. CORRIE EK HET GEWEET JY KAN VASBYT. STERKTE EN SPOEDIGE HERSTEL MET LIEFDE.

christine ·

Baie bly om te hoor sy toestand ht verbeter! Ook baie bly dat daar darem iets positiefs uit n staats hospitaal genoem word, so daar is darem nog goeie staats hospitale ook!!! Hou so aan en vertrou dat u heeltemal sal genees!

Melt Olckers ·

Bly om te hoor. Spoedige herstel en beterskap aan Corrie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.