450 vas in Vrystaat

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Altesaam 450 mense is die afgelope vier dae in die Vrystaat in hegtenis geneem op verskeie aanklagte, waaronder moord.

Brig. Billy Jones, woordvoerder van die polisie, het gesê die inhegtenisnemings het tussen Donderdag en Maandagoggend plaasgevind. Die verdagtes is in hegtenis geneem op verskeie aanklagte waaronder poging tot moord, kaping, huisroof, verkragting, aanranding en diefstal.

Jones het gesê 140 van die verdagtes is op aanklagte van die verbruik van alkohol in die openbaar, onder die invloed van alkohol in die openbaar, onwettige handel in alkohol, onwettige vervaardiging van alkohol en bestuur onder die invloed van alkohol. Volgens Jones is op 1 128 liter alkohol beslag gelê.

Volgens Jones is 62 verdagtes op dwelmverwante aanklagte in hegtenis geneem en is op 56kg dagga, 1 kg metamfetamien en 95 Mandrax-tablette beslag gelê. Jones het gesê beslag is ook tydens die spesiale operasie op 200kg goudstof, 110 vervalste goedere, ʼn voertuig, twee vuurwapens, ammunisie en ander gevaarlike wapens soos messe, byle en pangas beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

EMK ·

… en dan word hul Kersdag vrygelaat want ja… dis mos kersfees. Of as zuma verjaar.

Hettie ·

Sjoe 450 gevang! So by tronk het nie genoeg plek vir almal nie!

Lisha ·

Ag my jinne, Wees net bly die polisie doen hulle werk daar, en dat daardie mense van die straat afgehaal word… daar is min polisie daar buite wat nog nie eers die moeiete gedoen het om van hulle stoel af op te staan as hulle op kantoor is nie. Wees bly hulle is aktief daar in die vrystaat, en die goedere wat hulle wel op beslag gele het, is nou van die straat af…… positief bly mense…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.