450 kg-man moet eers wag voor vog dreineer kan word

Corrie Le Grange. Foto: Verskaf

Corrie Le Grange. Foto: Verskaf

Corrie le Grange (60), die man van Johannesburg wat 450 kg weeg, se toestand moet eers gestabiliseer word voordat enige van die vog uit sy liggaam gedreineer kan word.

Mark Porter, ʼn familielid wat as woordvoerder vir die familie optree, het aan Maroela Media gesê Le Grange is steeds in die waakeenheid van die Charlotte Maxeke- akademiese hospitaal. “Die intubasiebuis is [Sondag] verwyder, maar ʼn masjien word steeds gebruik om hom te help asemhaal. Sy bloeddruk is besonder laag, maar sy toestand is stabiel.”

Le Grange is oor die naweek in die waakeenheid opgeneem nadat sy toestand skielik versleg het. Hy is Woensdag in die hospitaal opgeneem nadat sy familie vir dae op soek was na ʼn staatshospitaal wat sou kans sien om hom te behandel. Volgens Shammy Rademeyer, sy jarelange verloofde, is hy by talle staatshospitale weggewys omdat hulle nie beddens gehad het wat sy gewig kon dra nie.

Rademeyer het vroeër aan Maroela Media gesê haar verloofde ly aan askites, ʼn seldsame siekte. Askites veroorsaak abnormale ophoping van vog in die buikholte wat lei tot aansienlike gewigstoename wat skade vir die organe kan inhou.

Lees alle vorige berigte oor Corrie le Grange op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

PIXIE ·

CORRIE STERKTE MY VRIEND. EK BID VIR JOU EN JOU FAMILIE. GLO NET EN JY SAL HIER DEURKOM. MOENIE MOED VERLOOR NIE.
MET LIEFDE.

Marelize ·

Corrie en Shammy, baie sterkte vir julle! Ek bid vir julle beide, en glo Jesus sal genesing en vertroosting bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.