450kg-man se toestand versleg: ‘Ons is bang ons het ʼn fout gemaak’

Corrie Le Grange. Foto: Verskaf

Corrie Le Grange. Foto: Verskaf

Corrie le Grange (60), die man van Johannesburg wat 450 kg weeg, is in die waakeenheid van die Charlotte Maxeke- akademiese hospitaal opgeneem.

Mark Porter, ʼn familielid wat as woordvoerder vir die familie optree, het aan Maroela Media gesê volgens dokters by die hospitaal het Le Grange se longe verbeter, maar is sy niere steeds onder druk. “Die familie is platgeslaan. Dit was ’n baie moeilike paar dae en nagte. Ná sy skerp agteruitgang vrees ons dat ons ’n fout gemaak het deur hom te verskuif. Maar hy word goed behandel en word so gemaklik as moontlik gehou.”

Maroela Media het vroeër berig Le Grange was vir dae op soek na ʼn staatshospitaal wat sou kans sien om hom te behandel. Volgens Shammy Rademeyer, sy jarelange verloofde, is hy by talle staatshospitale weggewys omdat hulle nie beddens gehad het wat sy gewig kon dra nie. Le Grange is Woensdagmiddag uiteindelik na die Charlotte Maxeke- akademiese hospitaal geneem nadat hy ʼn versterkte bed by ʼn private maatskappy gehuur het wat hy saamgeneem het hospitaal toe.

Volgens Porter is Le Grange ʼn vegter en het hy al sy besoekers beloof dat hy daarop fokus om deur te trek. “Ons wil graag almal bedank wat Corrie beterskap toewens. Ons wil graag ook die personeel by die hospitaal bedank vir die professionele behandeling wat hy ontvang. Die familie moet daarop fokus om mekaar en Corrie te ondersteun in dié moeilike tyd.”

Rademeyer het vroeër aan Maroela Media gesê haar verloofde ly aan askites, ʼn seldsame siekte. Askites veroorsaak abnormale ophoping van vog in die buikholte wat lei tot aansienlike gewigstoename en wat skade vir die organe kan inhou.

Lees alle vorige berigte oor Corrie le Grange op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

alta Jansen van rensburg ·

Sterkte ou maat. Dankie dat ek kan aansluit by julle vir nuus.

M ·

Was die man siek of het hy homself so verniel met ‘n mes en vurk?

erika ·

Jy Het geen reg om mense te oordeel ni, dit is weens siekte, maar as jy niks mooi te se ni, bly Dan veeleerder stil!!!!!!!!!

M ·

Erika, jy is nou te kwaai. Hoe weet jy ek sukkel nie ook met die gewig nie. Miskien is dit ‘n antwoord vir my probleem ook. Ek het ‘n vraag gevra, nie ge oordeel nie my liewe mens.

PIXIE ·

ERIKA EK STEM 100% SAAM MET JOU. SULKE HARTELOSE MENSE MOET LIEFS STIL BLY EN HULLE OPMERKINGS WAT SEER MAAK VIR HULLE SELF HOU. CORRIE HET DEUR HEL GEGAAN MET SY SIEKTE. STERKTE VIR FAMILIE. LIEFDE EN GROETNIS.

PIXIE ·

M HY WAS BAIE SIEK. KRY JOU FEITE AGTER MEKAAR. JY IS VREESLIK LELIK MET JOU UITLATINGS. DALK IS JY DIE EEN WAT JOU VERNIEL MET MES EN VURK EN NOU SKEER JY ALMAL OOR DIESELFDE KAM? EK VRA MAAR NET.

Sera ·

Sterkte Corrie en aan sy familie dis nie lekker om ‘n geliefde in die hospitaal te he nie, hoop die dokters daar kan ook iets doen aan jou siekte. Word gou gesond

Nico ·

Asseblief laat hulle vir Corrie toets vir Slaap apnee en ook sy hormoon vlakke.
Ek het dieselfde gehad en a.g.v. die slaap apnee was my testosteroon te laag en estrogeen te hoog wat ook die terughou van vog vererger.
Daar is nie ‘n manier dat hybehoorlik kan asemhaal as hy slaap nie so die regte middels word nie in sy brein uitgeskei nie want hy gaan nie diep genoeg in die slaap vlakke in nie.

Shamaine Rademeyer ·

|Jy is reg Nico. Die COPD was n groot oorsaak. Hulle het hom op suurstof gehad maar ons almal weet dis nie dieselfde nie, die staat het nie CPAP fasiliteite of Masjiene nie. Hy sou met n CPAP huistoe gekom het as die hospitaal nie aangejaag het nie. Hy het in septic shock ingegaan oor die drip in sy arm.

corrie ·

Hou moed corrie jy sal weer gesond word-onthou die Here se hand is oor jou Hy sal jou genees

Rikku ·

Nico ek wil saam met jou stem. Ek is nie ‘n Dokter nie maar dieselfde het met my Broer gebeur.
Hy dra ‘n nou suurstof masker wat gekoppel is aan ‘n masjien wat hom dwing om asem te haal wanneer hy in sy slaap ophou asem haal.
Hy het voor dit baie gewig aangesit.
Sy gewigs vlakke het nou gestabilliseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.