46-jarige doodgeskiet tydens plaasaanval

Argieffoto

Die polisie in Lichtenburg, Noordwes, ondersoek ʼn saak van moord en huisroof nadat Hanno Steyn (46), ʼn boer van Hibernia-plaas, tydens ʼn plaasaanval doodgeskiet is.

“Die boer is Vrydag deur drie onbekende mans aangeval,” het kol. Emelda Setlhako, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê.

Hanno en sy ma, Sagie Steyn (75), woon alleen op die plaas.

“Die drie aanvallers het met ʼn onbekende voertuig gery. Hulle het die seun genader, hom met vuurwapens gedreig en in die huis in gedwing,” het Setlhako bygevoeg.

Volgens die polisie se inligting het die verdagtes Sagie in die huis gevind. Hulle het die twee se hande met elektriese draad vasgebind en geld geëis. “Die oortreders het die seun in die kop geskiet en weggehardloop.”

Sagie kon uiteindelik hulp ontbied en een van die plaaswerkers het haar losgemaak en hulle het die polisie ontbied.

“Ons kan nog nie in hierdie stadium bevestig wat uit die huis gesteel is nie.”

Maroela Media verneem Hanno se pa is drie jaar gelede oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Klaas ·

Wanneer gan ons ophou praat en iets doen omtrent hierdie plaasaanvalle.

Fanie ·

Wat kan ons doen? Boere bly ver van mekaar op wydverspreide plase wat moeilik beveilig kan word. Boere moet hul plase en veral plaaswerwe en plaashuise beter beveilig. Plaaswagte kan help om streke rondom te beveilig. Tegnologie kan ook baie help, asook Sekuriteitmpye. Maar ‘n verspreide, ongewilde, sigbare, en ekonomies voorspoedige minderheid gaan altyd kwesbaar bly. Ons probleem is nie min getalle, maar dun verspreiding. So demografie kan nie met Veiligheid opgelos word, maar met konsentrasie van getalle.

Cherokee ·

Klaas, jy’t ‘n moeilike vraag gevra en jy sal die Johan Marx’e en ander DA-lede hoor vra waarom jý niks daaraan doen nie, maar ek verstaan jou desperate uitroep. Onthou dat jou kritici vir politieke partye stem wat nooit ooit kritiek lewer daaroor nie. Jou vraag was egter in wanhoop. Slegs die regering kan werk maak daaraan en dit terwyl daar kommentators is wat vermoed dat die regering deel het daarin. Dit is natuurlik nie onmoontlik nie. Die boere self moet egter fyner trap. Hulle moet dus alle onbekendes wantrou. Wat ‘n lewe om te lei!
Ignoreer die klipgooiers en verstaan dat daar van ons is wat kommentare analiseer en ander opines daaroor vorm as wat die plasers graag sou wou voorgee.

Alet ·

Uitkoms gaan nie kom van enige regering of die buiteland nie, so hou maar op vra daarna. Wees realisties. Tree verantwoordelik op. Daardie verantwoordelikheid is joune en myne. Ons is nie magteloos nie. Daar is drie keuses vir elkeen en almal van ons, soos daar nog altyd was. Dit is JOU reg en plig om te besluit wat JY doen, soos ons elkeen dan ook doen:

(1) Doen niks (of nie veel nie): Terwyl Umfaan in jou tuin bly werk, sy ma in jou huis bly werk en jy hoop die alarm en veiligheidshek keer dat sy maat jou gesin of jou bure roof of vermoor, maar kyk die lui-lekker lewe van bediendes en arbeiders is darem te aanloklik om te laat vaar. So niks verander nie, ook nie die misdaad, roof, verkragting en moorde nie. Hierdie is die keuse van die meeste van ons. As dit jou keuse is, geniet jou keuse en alles wat daarmee saamgaan, en maak reg vir nog baie moordberigte soos hierdie een.

(2) Emigreer na die buiteland: Werk self in die tuin en die huis en geniet die veiligheid en vrede van selfarbeidsaamheid. Hierdie is die keuse van baie van ons. As dit jou keuse is, geniet jou keuse in n vreemde kultuur.

3. Emigreer na Orania: Werk self in die tuin en die huis en geniet die veiligheid en vrede van selfarbeidsaamheid. Hierdie is die keuse van die minderheid van ons. As dit jou keuse is, geniet jou keuse in jou eie kultuur.

Franette ·

Johann Marxx in plaas van saam staan gooi jy klippe, die dat ons as wit mense nooit n band kan vorm nie almal kritiseer mekaar, maar vat nie hande nie. A nee a word groot!!!!

Jay Jay ·

Hoekom dra al ons boere nie hul wapens aan hul persoon nie?

n Wapen in n kluis kan maar verkoop word.

Jy moet na jouself en gesin kyk.

Hou op om naief te wees.

Stella ·

Almal vra wat gaan ONS iets doen oor die plaasaanvalle? Maar wat kan ons doen..die “president” KAN iets daaraan doen AS hy wil..maar wil en gaan hy? Omdat dit toeneem is met die wil van hom om nie iets te doen nie,hulle weet niks gaan hulle oorkom nie,dit raak n prestasie vir hulle. Neewat ons moet bid dat die oordeelsdag vinniger moet aanbreek.

Vossie ·

Klaas,
Ek is bevrees die antwoord is: Nooit en niks.
Ons gaan NOOIT ophou om net te praat van plaasaanvalle nie en daar gaan ook net mooi NIKS daaromtrent gedoen word nie.

Lance ·

Jy sit en wonder wie is volgende.Geen mens kan in so ń land bly nie.Ek kry die afrikaans sprekendes bitter jammer,hulle moet heeltyd baklei vir hulle voortbestaan of regte.

Michael ·

Die probleem moet eers geïdentifiseer word
1) Wie val die mense aan.?
2) Waneer gaan die media die ware feite deurgee sonder om polities korrek te wees en nie te vrees vir die nagevolge hiervan nie.
Dan eers kan en sal hierdie probleem gestop word .

Dellaq ·

Hulle hande was vasgebind en toe word hy in die kop geskiet….DIT se alles….o, en hy was wit ook…hierdie arme tannie

Mari ·

Dit was op die tannie se 75ste verjaarsdag, enkele ure nadat van die ander familie die plaas verlaat het

John ·

Word die misdadigers bevonds? Waar kry hulle inligting oor wie waar woon, ens? Hoe kom die mense sommerso op die werf aan sonder enige obstruksie of word hulle vergesel deur mense wat die opset ken. Indien werkers baasskap beoog dan kan so ‘n sluwe plan mos werk want vroue sal nie alleen aanbly nie en die grond kan opgeraap word…

Cherokee ·

John, ‘n vonds word gevind en ‘n fonds is ‘n som geld beskikbaar vir ‘n spesifieke doel.

Rina Vermeulen ·

Ons weet al daar nie ñ paar dae verby gaan sonder aanvalle nie. Wat moet ons doen om dit te stop ? Wel ons alleen kan nie die regering van die dag moet help en nee hul gaan nie ! Die komando stelsel het gewerk en die staat het dit afgeskaf . So watse opisies is daar ? Opstand of betogings deur boere en gemeenskap gaan niks vermag nie. Betogings gaan net geignoreer word. Opstand gaan hul met lewendige amunisie beveg of hardhandiger optredes as wat ons tot nog toe gesien het met enige optrede van die polisie. Mense het ook nou al probeer om buiteland se aandag hierop te vestig sonder nie baie sukses nie. Goeie leiers wat hieraan moet aandag gee ontbreek. Al wat boere regtig meer op moet fokus is selfbeskerming en meer veiligheid bewus raak .So dit nou lyk doen hul nie genoeg hieraan nie daar nog te veel aanvalle.

Heinrich ·

Ek wou juis sê, hoekom bring hul nie die Komando stelsel terug nie, as dit privaat befonds word kan hul mos niks sê nie. Komando 2.0 trots geborg deur Afriforum. Natuurlik makliker gesê as gedoen, maar as die regte mense op die regte platform die inisiatief aan die gang kry kan dit dalk sneeubal en iets word wat ons boere en kos sekuriteit sal beveilig.

Piet Pille ·

Johannes Marx wat stel jy voor? Nydigheid is nie die oplossing, deernis ja. Onthou boere veg teen ‘n regering wat niks doen. Wag vir jou aanbeveling.

Koos ·

Piet goed gese…ek lees daagliks MM…maar hier is kommentators wat of net kommentaar lewer sonder enige sinvolle argument of is bitsig…dit gaan nie een van ons help om mekaar altyd te wil afkraak en sleg te se….as ons nie n oplossing sou he..bied dan immers n woord van meegevoel aan vir die slagoffers of se niks.

LB ·

Klaas, eendag as die winkel rakke leeg is, wanneer daar hongersnood is en mense nie meer weet watter kant toe nie, sal daar aandag aan gegee word. Die handjie-vol boere wat ‘n hele nasie van kos moet voorsien word nie na gekyk nie. Ten spyte van soveel druk en teenkanting is hulle van die suksesvolste boere ter wereld maar word vermoor en gedreig. Tans is die “regering” nog dik gevreet aan kos uit die hand van hierdie boere..as die plase leeg en verlate is omdat niemand meer kans sien om te boer nie sal hulle seker wil planne maak soos met die water, krag, sanitasie ens ens wat eers moet verdwyn voordat hulle ingryp en iets DOEN!!!!.

Lv ·

Brei “projek Nehemia van Solidariteit” uit om ook plaasbeveiliging te doen.

Pieter ·

Ek sal nie verbaas wees as daar reeds na die uitbreiding van die Nehemia projek vir plase gekyk word nie.

LMF ·

Eendag gaan my kinders vir my kleinkinders storieboeke lees wat begin. ‘Eendag lank lank gelede was daar n Boer wat n plaas gehad het’ en dit gaan n bitter hartseer storie wees:-(

Volg raad ·

Noem dit seker maar nou “magsvertoning” 1 maal i maand staan ons regrondom die dorp met ons witligte aan, 300m uitmekaar uit. Manne van plase af, en manne uit die dorp, net vir 2 ure……. Glo ons die bostelegraaf loop. Ons boodskap…….. Ons is aktief en in groot getalle.

Lv ·

As ek die plaasdraad so sien dink ek terug aan die “booby trap” wat by die draad gestel is om vlakvarke wat onder die draad deurkruip met ‘n haelpatroon te stop.

Hartseer ·

My hart gaan uit na almal wat gemartel en vermoor word op plase. Maar die hartseerste is dat ons as ñ blanke afrikaanse volk nog nooit en sal ook nooit kan saam staan nie……

Grotman ·

Van net gepraat kom niks gedaan. Woorde is wind! Maar daad by die woord dra krag. Ons kan net sowel n lotto begin oor wie is volgende.

Marius ·

Ons sal km’s ry vir sport (Rugby) op n Saterdag. As daar vir n opmars gevra word om ons ontevredenheid te wys op n Saterdagmiddag, sal wynig dit bywoon.

Cherokee ·

Van wanneer af dien ‘opmarse’ oftewel betogings enige doel? Baniere swaai s tydmors.

Pastoor ·

Ek is 100% oortuig al hierdie aanvalle word beplan Bid dat die beplanning skeefloop.

Anoniem ·

Dis weer die hande werk van die regering om terroriste aan te stel om die blanke man dood te maak op hulle grond en dan vat hulle net n foon of so iets en dan se die communistiese polisie dat dit is net diefstal gewees.
Net n Dwaas sal glo dat dit n inbraak was.

Hein ·

100% Anoniem Die regering is die terroriste van ouds en doen nog steeds dieselfde

Jonathan ·

Dink as ons boere net n jaar se oeste kan terug hou kan die Mende wat skielik meer moet betaal vir pap en brood betoog ipv die boere wat in die minderheid is dis miskien nie die beste wyse nie maar reken dit kan dalk werk?

sug ·

Jonathan, hulle gaan dit net kom steel, en dan pleit hulle honger het hulle gedryf. Ek twyfel, en die boer het ook sy verpligting om na te kom.
Dit is tyd dat ons besef ons is in ‘n onverklaarde oorlog, en oms moet daarvolgens optree. Ons moet ons eie veiligheid opskerp, niemand vertrou, vreemdes nog minder, oplet elke oomblik wat om jou aangaan ens. As jy jou wapen wil dra, moet jy seker maak jy bly ten alle tye in beheer van hom.

Daniel ·

Wat nou gebeur het alreeds in Zim gebeur. Blankes se plase gevat en boere verwilder en die gevolg is hulle het nie kos in die land nie. Maar dit is nie ‘n probleem nie want die armstes stef van die honger en die res van die wêreld skryf die land se skuld af en stuur gratis kos/brandstof/medikasie vir hulle. Dan het jy mos nie plase nodig om kos te voorsien nie. Dit is hoekom die ANC so erg teen die Kommandostelsel gekant was en dit totniet gemaak het want dit het die Blanke boere beskerm en die bewegings van die kriminele belemmer. Kriminele wat uit die samelewing verwyder is kan dan in die tronke stem. Nog iets wat almal ingedagte moet hou dat inligtinginsameling nie net aangaande plase en roetine is nie maar dit gebeur daagliks in die dorpe ook. Die wat so in die buurt rondloop en bedel, op die straathoeke sit of in die parke lê hou ons almal dop en maak notas wat dan verkoop word aan die kriminele. Onbekendes wat so dors is dat hulle net ‘n glas water wil hê of iets wil smous dra by daartoe. Wil net in die huis kom om te sien wat gesteel kan word en watter areas nie deur alarms gedek word nie. Ek besef vir Boere is dit moeiliker en ek voel jammer vir hulle maar is ook dankbaar vir wat hulle doen.

anton ·

Daniel, dit is baie waar wat jy sê en ek wonder hoeveel mense besef dit werklik?

Johan ·

Baie hartseer dat nog ń boer so onnodig vermoor is. Dit is asof misdaad totaal buite beheer is. Sal ons weer ń biddag reël?

Catryn ·

Selfbeskikking … volle soewereiniteit is ons enigste werk are oplossing … daar is gebiede deur 1994 Volkstaatraad geidentifiseer … waar daar reeds meer as 500000 ++ van ons volkslede bly …

ons het n internasionale reg tot selfbeskikking om volle onafhanklikheid te kry ..

Hang van ons as volk af … niemand kan namens ons besluite maak nie

Selfbeskikking / Self Determination

M.Louw ·

Die plaasboere moet self vergader en ‘n plan op die tafel lê. Ons wat in die dorpe en stede woon word self aangeval en kan dit nie vir hulle doen nie. Ons is self vir geen oomblik veilig in ons huise, op paaie of by die werk nie. So kom asseblief saam en vind oplossings soos u in ‘n oorlogsituasie sou doen. Alle sterkte.

Peet J ·

Die plaasaanvalle gaan al vir die afgelope 23 jaar aan en nog geen instansie het tot datum enige noemenswaardige sukses behaal om dit te voorkom nie. Die ANC regering is reeds besig om die Grondwet te wysig om landbougrond wat onbewerk is sonder vergoeding van die eienaar te vervreem volgens Zuma se toesprake. Daar is 20 000 plase wat tekoop aangebied word maar die eiendomsmark, volgens inligting, is baie stil en lenings vanaf finansiële instansies is moeilik bekombaar. Na die wysiging van die Grondwet goedgekeur is gaan grondvergrype op grootskaal toeneem en ons, wat grondeienaars is, sal niks daaraan kan doen nie hulle sal kom plak met hulle families en so sal ons maar moet saamwoon.

JC ·

Ek wil Suid Afrika,my geboorte land nooit weer sien nie. Dit het moordland geraak.

cf ·

Dit gaan nie ophou voordat ons van Zuma en Malema ontslae raak nie!

Jacques Venter ·

Dit verligting gaan kom wanneer die boere gaan besef dat die ANC regering nie n snars omgee oor boere en plase se veiligheid nie. Die ANC het die Kommando stelsel afgeskaf omdat dit kwansuis uit apattheid kom. Maar Goodwil se neofeudalisme word behou.

Nou tref dit my dat ons indie dorp alle moontlike veiligheids maatreels tref, maar van ons familie en kennise op.plase is onbeveilig. n Neef van my sê hy het n 2 rigting radio, maar het nie n heining om sy huis of diefwering nie.
Hy was kwaad toe ek hom opgebreke gewys het, maar ek het dit uit die liefde van my hart gedoen.
MY LIEWE FAMILIE OP PLASE BEVEILIG JULLE SELF. NIEMAND ANDERS SAL DIT DOEN NIE

Jacques Venter ·

Voorkoming is beter as genesing. Baie boere word aangeval as hulle Sondae van die kerk af kom.

As hulle honde sou hê, sal die diere se gedrag vir hulle sê as daar iets nie pluis is nie

F ·

Ag bulldust man. Waar dink julle gaan alle boere heen moet gaan as julle sg. Volkstaat voorstaan. My plaas is myne waar hy gelee is. Ek maak bestaan op hom omdat ek my grond verstaan en kan bewerk na die beste van my vermoe. Ek weet wat ek moet doen en ek doen dit deeglik. Selfs my en my gesin se beskerming doen ek deeglik. Hoekom? Want ek weet dat plaasaanvallers lafaards is en ou mense en onvoorbereides teiken. By my gaan hy sy Moses teekom. Dit is ‘n belofte. Ek gaan nerens. Ek blom waar ek geplant is en basta met die res.

Franette ·

Ñetso bly jy is voorberei ons kan nie weg hardloop nie maar saamstaan

Jacques Venter ·

Hallo F
Jyt nie my berig gelees of verstaan nie. Eks geensins n voorstander van n volkstaat nie. Glo ook nie dit kan werk nie. Al waarvoor ek pleit is dat my geliefde landgenote hulle self moet beveilig.
As jou plaas beveilig is, is dit goed. Moontlik kan jy ander inspireer om dit ook te doen

Peet J ·

Die Volkstaatgedeelte bestaan reeds begin punt vanaf Orania gedeelte Noordkaap. Die idee van ‘n Volkstaat is om selfbeskikking te verkry en dat die Afrikaner wat daarin belangstel deur sy eie mense regeer kan word. Die wat nie ‘n Volkstaat voorstaan nie kan in die burgerstaat aanbly en deur die ANC regeer word.

madels ·

Hierdie man is koelbloedig vermoor! Dis nie diefstal nie, HY IS VERMOOR! Ek dink die goed wat uit huise gevat word is net dat dit LYK of dit diefstal is maar die werklike rede is om mense op plase uit te moor! Punt! En dit lyk of die regering baie lekker kry ook hieroor! Mnr Zuma en sy cronies gee nie eers vir hul eie mense om nie, hoekom sal hulle nou omgee vir n handjievol wit mense? Nee wat!

Rita ·

My kom die wraak toe se God…
Kom ons bid vir wysheid, kom ons word n biddende volk, dis maklik, bid net Elke dag ten minste een keer en vra die Here moet ons boere beskerm en bewaar en die planne van die bose in die wiele ry, Bid ons of praat ons net van bid…..

anton ·

In die ou testament het God vir Israel baie gehelp om ander volke/ nasies te verslaan.
God kan ons ook help want ons is beslis een van die stamme van Israel. Ons moet net bid en geloof hê, selfs net so groot soos n mostert saadjie.

B. Louw ·

Mense wat gebreinspoel is deur British Israelism maak my sommer moeg. Kruip nog steeds voor die Queen en haar nasate en dan noem hulle hulself opregte Boere! Ga! Spoeg uit dis gif! Krummelvreters!

jurie blanche ·

Dat Afriforum ń beraad reel met lanbou organisasies landbou produk kopers en agente en sekuriteit maatskapye verbruiker organisasuesom re kyk wat almal se bydrae kan wees om movement sensors en panic button aan elke boer wat dit nie kan bekostig aan te bring en uit te reik nie. Die eerste stap om mee te begin.

Daniel ·

In my aktiewe jare het ons dit “huis en haard beskerming” genoem. Baie wil egter nie in “tronke” leef agter diefwering of omheinings nie en ek kan dit verstaan alhoewel ek nie glo dat dit rerig verstandig is nie. Ek weet van mense wat alarmsisteme in hul huise het maar dit net aktiveer as hulle nie by die huis is nie, so dit is ook nie geaktiveer deur die nag nie. Vir my maak dit nie sin nie. As my vrou alleen by die huis is, word die alarm geaktiveer. Jy kan mos sekere areas de-aktiveer sodat jou beweging nie beperk word nie. Hou ‘n hond aan. Klein hondjies in die huis en mensvreters buite, dit werk baie goed. Verseker jou eie veiligheid want niemand anders gaan dit vir jou doen nie. Baie belangrik, probeer sover moontlik die werk self doen sodat daar nie andere betrokke is wat daaroor kan loop en praat nie.

Theresa ·

Gaan boer asb aktief ‘n rukkie. Baie kommentare blyk regtig asof daar geen insig of begrip is wat ‘n boer moet doen op ‘n daaglikse basis nie. Daar IS honde. Daar IS veiligheidsdaad, Daar IS allerhande goed wettig wat as beskerming kan dien. dis ‘n boer – besig met sy werk. Sit jy heeldag en kyk of jou wapen mooi langs jou lyf hang op kantoor? Gaan drink jy jou tee met jou wapen op jou heup? Dis als goed en wel, maar eintlik is die volgende die realisme: Die staatspresident moet die hele gemors van moord op plaasboere en -werkers vasvat en in die kiem smoor. As dit nie gedoen word nie, het hierdie arme mense geen kans dat dit beter gaan word nie. Ek is oortuig daarvan daar is ‘n betaalde spul wat hierdie vuil werk doen – as iemand wil stry, moet hul die aanhoudende aanslag kan bewys as bloot gewone moord, roof en marteling. As daar ooit so iets gewoon kan wees…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.