46 onwettige immigrante in hegtenis geneem

Die groep van 46 persone wat die land sonder geldige dokumentasie betree het Foto: SAPD, Mpumalanga

Altesaam 46 uitlanders, sonder geldige dokumentasie, is Vrydag in Mpumalanga in hegtenis geneem.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê die persone is by Mashishing- informele nedersetting in hegtenis geneem toe die waarnemende kontrole-immigrasiebeampte ʼn wenk ontvang het oor twee vragmotors vol vermoedelik onwettige immigrante wat by die informele nedersetting geparkeer staan.

“Hy het sy kollega gekontak en hulle het op die klag reageer. Die persone is van verskillende lande en het nie geldige dokumente gehad nie,” het Hlathi bygevoeg. “Hulle het die plaaslike polisie gekontak en die groep, altesaam twee van Zambië, 14 van Mosambiek, 17 van Malawi en 13 van Zimbabwe is in hegtenis geneem.”

Die toesighouer van die groep het gesê hulle was op pad om telefoonlyne in die dorp en Mashishing te installeer.

Die persone staan tereg op aanklag van oortreding van artikel 49 van die Wet op Immigrasie. Die persoon wat na bewering die persone gehuur het om die werk te doen, staan tereg op aanklag van die oortreding van die indiensneming van uitlanders sonder geldige permitte.

“Die persone verskyn Dinsdag in die Lydenburg-landdroshof,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Vryheid ·

Is die n grap. Daar is duisende onwettige mense in die land- wat nou van hulle? Gee asb vir ons iets van groter belang

M ·

Beveilig die landsgrense en verhoed hierdie onwettige immigrante om in te kom die voordele hiervan is te veel om op te noem volg president Trump se voorbeeld en maak sa weer great

buks ·

Hierdie mese word met waardigheid behandel. Hulle word vervoer na die ambesades van herkoms saak word ondersoek en afgehanel wat weke duur. Oorgangs kampe versorg die mense en verskaf die nodige mediseine en drie etes n dag. Vra jy die onwettige imigrante wat soek julle hier andwoort hulle jou dat almal welkom is in SA en hier mag hulle nie sleg behandel word nie want hulle lande moes die leiers van SA lank gelede beskerm het teen slegte mense. Ek hoor self gereeld hoe hierdie mense gevra word om ons mooi land te benut. onthou net papierwerk kos baie geld.

Lance ·

Wat van die honderde onwettige imigrante in Marlothpark,Mpumalanga

Dr Hannes Opperman ·

Dit is goed dat hierdie persone gevang is. Ek bly in ie Weskus. Van die bruinmense het my vertel hoe uilanders aan gery word. Velddrif , Vredenburg ens. en in nuwe huise huisves word.
Ons het het n Buurtwag begin om hierdie booswigte vas tevang.
Die tjerrie op die koek is toe n ANC woordvoeder vir diewe wat wild steel, om hulle naas be staandes te se dat die booswig doodgeskiet is.
Dit is belagklik.
Groete
Hannes

Piet ·

Wonder net wie is die eienaar van die konstruksie besigheid ?
Word hulle ook die minimum loon betaal ?

Geliefd ·

Ek bid dat die Vader sy hand oor elkeen van hierdie mans sal hou. Hulle het almal geliefdes in hul tuisland. Hulle soek ‘n beter lewe vir hulle in ons land. Ten minste wou hulle werk doen v geld. Wettige uitlander werk v ons, sy het mooi hart en gesindheid.

Catryn ·

Doen die moeite en gaan soek gerus hoeveel moorde word gepleeg deur immigrante wat so werk hier ontvang – misdadigers wat gevang word is baie immigrante. Hulle tree ook op as tussenganger en weet alles van jou af. Hulle werk in jou huis en soms buite en gee baie wenke uit, word ook betaal daarvoor. Daar is hoeveel wat HOP (RDP) huise kry – ons eie mense kry die huise en dan word dit uitverhoor of selfs verkoop. Intussen groei die miljoene der miljoene hier aan en dan word daar beriggie geplaas oor 46 – soos baie gevra het, wat van die res, groot stede soos Pretoria reken hulle het meer as 1 miljoen immigrante, wat net dwaal en kyk die misdaad in ons land. Hulle ry of stap met gemak oor die grense.

Lance ·

Hoekom hier nie baie kommentaar gelewer word nie is omdat baie plaasboere en besighede hulle onwettig vir goedkoop arbeid gebruik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.