47-jarige vas oor seksuele aanranding van vierjarige

Argieffoto

ʼn 47-jarige man is deur die Willowvale-polisie in die Oos-Kaap in hegtenis geneem op aanklag dat hy ʼn vierjarige meisie seksueel aangerand het.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie het Donderdagmiddag omstreeks 17:00 saam met ander kinders in Willowvale- informele nedersetting gespeel.

“Sy het skielik verdwyn en toe ʼn gil uit die plakkershuis van die verdagte gehoor is, het gemeenskapslede gaan ondersoek instel. Die meisie is sonder haar klere aangetref,” het Manatha verduidelik. “Hulle het die man aangekeer en die polisie ontbied. Die man is in hegtenis geneem.”

Hy sal na verwagting Maandag in die Willowvale-landdroshof verskyn op aanklag van seksuele aanranding.

Brig. Ngangema Xakavu het die lede van die gemeenskap bedank vir hul bystand om die verdagte aan te keer. Hy het hulle ook geloof dat hulle nie gereg in eie hande geneem het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarel ·

In SA is politieke gewilďhèìđ mèer werd as die lewe van ‘n kind.

Erica ·

Geweld teen Vroue & Kinders moet onmiddellik aangespreek word. Bring terug die Doodstraf in RSA !!!!!
Dié Brutaliteit moet NOU ophou. Moordenaars & Pedofiele moet uit samelewing VERWYDER word!!!
Mnr Cyril Ramaposa, jy is ‘n Geleerde Man, maak nou ‘n SERIOUS Plan met Die Land RSA ………. ASB!
ANC verloor elke dag meer steun oor die Wetteloosheid in RSA. ANC kan nie meer wegkom met Leuns nie want 25jr later en die 25 jarige mens kan nou al self sien vir wie hul eerder moet Stem of Glad nie Stem!!! Interesting……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.