47% van SA’ners het dalk al Covid gehad – studie

Volgens navorsers is daar spesifiek ’n hoë voorkoms van SARS-CoV-2-teenliggaampies onder swart bloedskenkers opgemerk. (Argieffoto: Unsplash)

Bykans die helfte van Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 15 en 69 het dalk al teen Mei vanjaar Covid-19 opgedoen.

Só bevind ’n studie deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) nadat bloedmonsters van 16 762 skenkers vir die aanwesigheid van teenliggaampies van die virus wat Covid-19 veroorsaak, ontleed is. Die studie is wel nog nie deur ander navorsers beoordeel nie.

Net meer as 47% van die skenkers wie se bloed die SANBS getoets het, het teenliggame gehad. Volgens die departement van gesondheid het nog net sowat 3,6% van die bevolking reeds Covid-19 opgedoen.

Die studie is onderskeidelik in Januarie en Mei voltooi, voor die derde golf Covid-19-infeksies Suid-Afrika getref het. Dié teenliggaampies help om die uitwerking van die SARS-CoV-2 te neutraliseer en was slegs aanwesig indien ’n persoon die virus voor Mei opgedoen het.

Die toets spoor nie enige teenliggaampies wat deur entstowwe genereer word, na nie.

Navorsers erken dat hoewel bloedskenkers nie verteenwoordigend van die bevolking is nie, die bevinding ’n betroubare aanduiding gee van hoeveel Suid-Afrikaners reeds voor dié tydperk Covid-19 opgedoen het.

Die voorkoms van dié teenliggaampies in bloedskenkers is per provinsie ontleed. Volgens dié ontleding woon die meeste mense wat reeds teemliggaampies het, in die Oos-Kaap, dan KwaZulu-Natal en dan Noordwes. Só lyk die persentasies per provinsie:

Oos-Kaap 62,5%
Vrystaat 47,8%
Gauteng 43,8%
KwaZulu-Natal 52,1%
Limpopo 46,3%
Mpumalanga 47,8%
Noordwes 48,5%
Noord-Kaap 31,8%
Wes-Kaap 37,4%

 

Bloedmonsters in die Oos-Kaap, Vrystaat, die Noord-Kaap en KwaZulu-Natal is in Januarie geneem, terwyl Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en die Wes-Kaap in Mei gedoen is.

Volgens navorsers was daar spesifiek ’n hoë voorkoms van die teenliggaampies in swart gemeenskappe opgemerk waar sosio-ekonomiese faktore en lewenswyses ’n beduidende rol speel.

“Dít onthul patrone wat ooreenstem met bekende historiese verskille rakende sosio-ekonomiese status en behuisingstoestande. Dit beklemtoon ook die dringendheid om entstowwe aan alle gemeenskappe beskikbaar te stel.”

’n Vroeër studie, wat by dié studie bygewerk is, het volgens navorsers ook beduidende verskille in ras getoon.

“Slegs 10% tot 20% van wit skenkers landwyd het die virus voorheen opgedoen terwyl meer as die helfte van swart skenkers die virus voorheen opgedoen het.”

Navorsers kon geen daadwerklike verskille rakende ouderdomme of geslag opmerk nie.

Dié soort bloedmonsterstudies word gereeld in die VSA gedoen en kan die voorkoms en ontwikkeling van nuwe stuwings in die virus moniteer.

“Sulke studies is nie moeilik of duur om uit te voer nie en kan baie voordelig in Suid-Afrika wees,” lui die verslag.

*Die studie is nog nie geëvalueer nie.

 

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

27 Kommentare

jongste oudste gewildste
Robert

Ek vermoed dit is meer as 60%, ons is naby aan kydde umuniteit.

Johannes

Dankie Vader ek het nog glad die virus gehad nie Aan God alleen al die dank en eer????????????

Konrad

Khayelitsha het blykbaar ‘n mate van kudde immuniteit. Swede het nie baie streng inperkingsreels gehad nie om kudde immuniteit so gou moontlik te bereik. Hulle gevalle was alhoewel taamlik hoog. Dit is wel ‘n seën dat dit by ons huis gebeur het alhoewel ek dink teen groot menslike onkoste. Maar is die risiko van slapper inperkingsreels die risiko werd? Ons kort meer bewyse en syfers.

Esme

Ek glo ons is veel nader aan kudde immuniteit as wat ons dink. Ons het gedurende Desember/Januarie Covid opgedoen en na 25 dae in die hospitaal het ek die SA Bloeddiens se bevinding nagegaan en ek glo dat ons baie nader aan kudde immuniteit is, as wat ons dink. Daar is baie asimptomatiese gevalle en tans, met die uitbraak van die Derde Golf, wil ek glo dat daar tans heelwat teenliggaampies bestaan.

Leonard

Wél in MAART 2020:
Hét kenners voorspel DAT
Tussen 80% TOT 100% van
Wêreld-bevolking dít gaan KRY!