5 000 diere in Limpopo doodgemaak weens droogte

Davis Ramokolo, 'n boer in Limpopo Foto: ANA

Davis Ramokolo, ‘n boer in Limpopo Foto: ANA

Boere in Limpopo leef in vrees dat hul nog vee gaan verloor weens die voortslepende droogtetoestande. Minstens 5 000 diere is reeds doodgemaak, volgens voorlopige statistiek deur die provinsiale departement van landbou.

Davis Ramokolo, een van die boere wat al meer as 13 jaar lank boer, sukkel om sy vee te voer. Hy het aan ANA gesê hy het reeds sewe van sy diere verloor.

Volgens die regering word miljoene bestee aan droogteverligtingspogings, maar dit kan dalk vir sommige boere te laat wees. “Ons verwag ʼn groot impak weens die gevolge van die droogte,” het Selby Makgotho, provinsiale woordvoerder van die departement, gesê. “Daar was ook tydens die feesseisoen ʼn vertraing in die verspreiding van droogteverligting.”

Volgens Makgotho is daar steeds ʼn agterstand in die verspreiding van voer van verskaffers wat tydens die feesseisoen gesluit was.

'n Bees staan geduldig en wag vir 'n man wat besig is om 'n houer met water uit 'n boorgat vol te maak (Madimbo, Limpopo) Foto: Chester Makana

‘n Bees staan geduldig en wag vir ‘n man wat besig is om ‘n houer met water uit ‘n boorgat vol te maak (Madimbo, Limpopo) Foto: Chester Makana

“Die aanvraag is baie hoog,” het hy gesê. “Ons hoop dat ons teen die einde van die maand voer na al 17 ons sentra in die provinsie kon versprei het.”

Ramokolo het gesê hy hoop die verligting sal ook na hom toe kom sodat hy sy vee kan red, maar hy glo nie dit gaan genoeg wees om meeste van sy diere te red nie. “Ek wag nog vir die voer,” het hy gesê. “Sedert ek die vorms ingevul het, het hier nog niks aangekom nie.”

Boereverenigings het Donderdag ʼn nasionale plan versoek om verligting te bring aan uiterste weerstoestande en het voorgestel dat nuwe boorgate moontlik verligting kan bring vir boere.

Tshianeo Mathidi van die African Farmers Union, het gesê die boere het groot verliese gely en versoek dat die verspreiding van hulp bespoedig word. Hy het gesê meeste boere kan nie meer voer of aanvullings bekostig nie. “Die toestande is baie sleg,” het hy gesê. “Van die diere beweeg nou na die strate toe om plastiek te eet, want daar is niks om te eet nie.”

Joy Matshokge, LUR van landbou in Limpopo, het in Desember gesê droogteverligting sal na verwagting verhoog word.

Ramokolo het egter gesê terwyl hulle bid vir reën sal meer droogtehulp nie eintlik verligting bring nie. “Selfs al kan ons voer kry, is dit nog nie genoeg om die skade te herstel wat die droogte gebring het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

HEVW ·

Eie aan die regering. Met alles te laat. n Noodtoestand moes vroer verlede jaar uitgeroep gewees het.

DPJ ·

Ons betreë ‘n ramp en steeds bly beloftes net beloftes.
Met verkiesing is die stemme tog agter die beloftes

Daan van den Heever ·

Maroela, asseblief, kyk weer na die opskrif, daar is ‘n groot verkil tussen vee doodgemaak en vee wat gevrek weens die droogte. Die berig het my dadelik ontstel dat julle beweer die vee is doodgemaak, wat betekan ‘n mens het hulle doodgemaak.

Sune van Heerden ·

Dagsê Daan

Ons vra om verskoning vir die verwarring. Dit is ongelukkig nog nie duidelik hoeveel van die diere weens die droogte gevrek het en hoeveel vee van kant gemaak moes word weens die droogte nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Liewe Lulu ·

So bang hiervoor gewees dit is baie hartseer en ja natuurlik moet daar eerste na die mens omgesien word maar die hele tyd was die diere in my gedagtes en wat n vreeslike dood in hierdie vreeslike hitte Sterkte aan mens en dier MAG GOD ONS GENADIG WEES AMEN

alida ·

Natuurlik is die hulp te laat. Die regering kan mos nie besluite neem nie en wag tot op nommer 99. In elk geval is dit beter om die beeste te slag as om toe te laat dat hulle ‘n verskriklike dood sterf.

alida ·

Wonder of JZ se diere versorg is. Daar is natuurlik baie voorsiening daarvoor gemaak.

CM ·

Daar was tye in SA, tydens erge droogtes, wat bidure vir reën landswyd uitgeroep is. Besighede moes hulle deure sluit vir ‘n uur sodat die land,almal saam, op dieselfde tyd, kerkdienste kon bywoon en bid vir uitkoms. Ek is self ‘n getuie van hoe dit tydens een van hierdie dienste begin reën het. Huidiglik, tydens gewone Kerkdienste op Sondae, word daar,onder andere, darem ook gebid vir reën. Is ons te besig, of is dit nie anvaarbaar vir almal nie, of vertrou ons geld is die oplossing, of is ons te arrogant om voor die Here te buig en te erken dat net Hy aan ons die bitter nodige kan voorsien? Ek dink baie daaroor en wonder waarom Hy die reën terughou terwyl sy Skepping so daaronder ly, toe lees ek gister Levitikus 26 en ek wonder- praat die Here met SA…?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.