Vyf mense is beseer, van wie een in ’n kritieke toestand is, nadat twee motors Saterdagaand op die N1-suidwaarts naby die Kroonvaal-plaza naby Kroonstad in die Vrystaat gebots het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel ontbied waar een van die motors langs die pad aangetref is. Die ander voertuig is aan die teenoorgestelde kant van die pad aangetref.
Volgens Meiring het ’n vrou veelvuldige beserings tydens die botsing opgedoen en is in ’n kritieke toestand. Vier ander, onder wie twee kinders, het ligte beserings in die voorval opgedoen.
Volgens Meiring is die pasiënte almal op die toneel behandel voordat die vrou met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is. Die ander vier beseerdes is per ambulans na hospitale geneem.
Die omstandighede rondom die voorval is in dié stadium nog onduidelik, maar die toepaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Sterkte !
Daar is gereeld sulke ongelukke by Kroonstad. Hoekom is daar nie beter beheer en/of wysigings aan die toegangsroetes nie?
Gelukkig bly ons van die paaie AF oor enige lang naweek en op vakansie dae en tydens skool vakansies.Dis veiliger op die plaas as op enige pad in die’ land glo my!
Hoe bevoorreg is jy om n plaas te he. Hier in Namibie SWA neem ons toevlug na die horisonlose eindes van die Namib. Heerlik op niemand se eiendom .
Vals berig dit is nie Kroonstad nie maar wel naby Kroonvaal anderkant Koppies op di N1