5 buitelanders sterf in gru-botsing

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

Vyf mense is vanoggend dood en twee ernstig beseer in ’n trompopbotsing op die Schoemanskloofpad tussen Nelspruit en Waterval-Boven in Mpumalanga.

Martin Jeffrey, bedryfsbestuurder van Emer-G-Med in Nelspruit, het aan Maroela Media gesê nooddienste is om 11:55 na die toneel sowat 5 km anderkant die Viva-vulstasie ontbied waar ʼn Toyota Tazz en ʼn Nissan Livina reg van voor gebots het.

Volgens Jeffrey het die Toyota in die rigting van Mosambiek na Johannesburg gereis toe dit vermoedelik ʼn ander voertuig wou verbysteek en teen die aankomende Nissan gebots het. Dié voertuig het in die rigting van Johannesburg na Nelspruit gereis.

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

Vier Mosambiekse burgers en ʼn Nederlander het in die voorval omgekom. Die Mosambiekse burgers was insittendes van die Toyota.

Een ander insittende van dié motor en nog ʼn Nederlander, wat in die Nissan gereis het, is ernstig in die voorval beseer.

Die toepaslike owerhede is op die toneel om ondersoek na die oorsaak in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

35 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ekke

Dubbel sperstreep . Dis net uiters wetteloos !!

BMW

Al wat ek se KYK DUBBEL SPER LYNE??????????? van Mosambiek ? glo nie daar is meer lyne op die paaie nie, maar nou ja hier by ons .raak dit ook al skaarser

Onnodig

Baie jammer vir die Nedelanders se verlies. Hoop die beseerde word gou gesond.

Seemonster

Sien die dubbele sperstreep?
Die suurstofdiewe wat so agter bossies wegkruip en spoedoortreders wil vang, moet bietjie meer aandag gee aan ander roekelose oortredings wat doodmaak.

Rian

Ek het die pad laas week gery, siende al die ry/stop op die roete oor Watervalboven te vermy? Bestuurders/motors voor my het kanse gevat op die dubbele strepe verby te steek en ek het maar net goeie afstand gehou. Roekeloos om die minste te sê!! Jammer vir di onskuldige mense wat hierdeur geraak is!