5 buitelanders sterf in gru-botsing

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

Vyf mense is vanoggend dood en twee ernstig beseer in ’n trompopbotsing op die Schoemanskloofpad tussen Nelspruit en Waterval-Boven in Mpumalanga.

Martin Jeffrey, bedryfsbestuurder van Emer-G-Med in Nelspruit, het aan Maroela Media gesê nooddienste is om 11:55 na die toneel sowat 5 km anderkant die Viva-vulstasie ontbied waar ʼn Toyota Tazz en ʼn Nissan Livina reg van voor gebots het.

Volgens Jeffrey het die Toyota in die rigting van Mosambiek na Johannesburg gereis toe dit vermoedelik ʼn ander voertuig wou verbysteek en teen die aankomende Nissan gebots het. Dié voertuig het in die rigting van Johannesburg na Nelspruit gereis.

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

Vier Mosambiekse burgers en ʼn Nederlander het in die voorval omgekom. Die Mosambiekse burgers was insittendes van die Toyota.

Een ander insittende van dié motor en nog ʼn Nederlander, wat in die Nissan gereis het, is ernstig in die voorval beseer.

Die toepaslike owerhede is op die toneel om ondersoek na die oorsaak in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Bekommerd ·

Afrika se mense verontagsaam enige reëls en regulasies, wette en protokols. Vir hulle is dit westerse instellings wat hulle vryheid inkort. Ons lewe amper in 2020, maar hulle in die 11de eeu. Wat verwag mens?

BMW ·

Al wat ek se KYK DUBBEL SPER LYNE??????????? van Mosambiek ? glo nie daar is meer lyne op die paaie nie, maar nou ja hier by ons .raak dit ook al skaarser

BMW ·

Al wat ek se KYK DUBBEL SPER LYNE??????????? van Mosambiek ? glo nie daar is meer lyne op die paaie nie, maar nou ja hier by ons .raak dit ook al skaarser. Ek sien net een buitelander in die berig, is Mosambiekers nog buitelanders by ons?

Onnodig ·

Baie jammer vir die Nedelanders se verlies. Hoop die beseerde word gou gesond.

Seemonster ·

Sien die dubbele sperstreep?
Die suurstofdiewe wat so agter bossies wegkruip en spoedoortreders wil vang, moet bietjie meer aandag gee aan ander roekelose oortredings wat doodmaak.

Franz ·

Stem saam,Mens sien elke dag dat sperstrepe verontagsaam word.Is deesdae n nasionale sport.

Rian ·

Ek het die pad laas week gery, siende al die ry/stop op die roete oor Watervalboven te vermy? Bestuurders/motors voor my het kanse gevat op die dubbele strepe verby te steek en ek het maar net goeie afstand gehou. Roekeloos om die minste te sê!! Jammer vir di onskuldige mense wat hierdeur geraak is!

Chris Ws ·

Ons het daai pad oor Schoemanskloof in 2017 gery agv die werk aan die N4 op pad Komatipoort toe en dit was ‘n nagmerrie.Meeste motoriste ry soos besetenis en ek moes mooi kyk om uit die moeilikheid te bly.Spoedgrense en sper strepe is geheel en al verontagsaam en daar was weereens GEEN wets toepassers op die hele stuk pad nie.
Hierdie ongeluk is weer agv ‘n onbevoegde Mosambieker agter die stuur van ‘n voertuig.Hulle is volop op daai paaie maar die owerhede kyk ander pad.

Thelma ·

Dit gebeur nou as lisensies gekoop word, jy ken nie die reels nie. Genade wie probeur oorsteek by ‘n sperstreep, laat staan nog ‘n dubbele een??!!

Bennie Fourie ·

As n mosambieker ‘n ongeluk in SA maak sluit hom toe. As Suid-Afrikaners’ n ongeluk maak in moz is jy dadelik skuldig want in hulle land is die reel as jy nie daar was sou die ongeluk nie gebeur het nie en hulle dagvaar jou vir duisende of jy sit

Uilspieel ·

Dubbele sperstreep beteken NIE twee karre mag langs mekaar ry nie! Wanneer gaan mense dit leer?

Liezl ·

Uilspieël, Nooit, is dit ‘n goeie antwoord? Stopstrate is vir die voëls, rooi verkeersligte is vir kinders, sperstrepe is vir dom onnosel mense. Sit net jou ‘hazards’ aan, dan kan jy maak net wat jy wil. Gooi ‘brights’ vir aankomende verkeer as jy iemand wil verbygaan. Hy moet mos van die pad kan spring. Dis ‘n absolute nagmerrie op die paaie.

marous ·

Hoeveel mense is landwyd summier gearresteer vir verontagsaming van sperstrepe die afgelope week ? Die polisie het sekerlik die statistiek ? Of is nul nie statistiek nie

Johan Swart ·

Ek ry n doodskis Nissan NP200…asook die NP300 ,het albei n Safety Rating van 0/5 gekry…kyk hoekom op Youtube…nie eers airbags soos meeste ander 201* model voertuie nie….crumple zones is non-existent.

John ·

Altwee groepe het dalk aan die verkeerde kant van die pad gery… vergeet hulle is in SA wat links hou.

Jaco ·

As altwee aan die verkeerde kan van die pad gery het sou hulle mekaar gemis het.

Liezl ·

As jy in Mosambiek wil ry moet jy voldoen aan die volgende:

Valid passport: Valid for at least 6 months after your date of return. …
Very Important: An unabridged birth certificate for all minors travelling with you.
Valid drivers license. …
Original vehicle registration papers, or a SAPS certified copy, not older than 3 months.

So, hoekom moet dit anders wees as hulle na Suid Afrika reis?
Moet hulle nie ook voldoen aan bogenoemde nie?
Ek twyfel of dit gedoen word, hulle mag mos net instroom.

$ ·

Die arme Nederlanders is padwetsongehoorsaamheid waarskynlik nie gewoond nie en het soiets glad nie voorsien nie.

Mag die Here die beseerde en geliefdes genadig wees.

Die passasiers van die Toyota was ook slagoffers van die Mosambieker se arrogante ´padreëls-geld-nie-vir-my-nie’-houding; hulle self het geen beheer gehad oor die roekeloosheid waaraan hulle uitgelewer is nie. Mag daar vir hulle geliefdes ook vertroosting wees.

PETS ·

Ons ry altyd die Schoemanskloof – Nelspruit pad. dis ‘n standaard gebeurtenis dat padverbruikers hulle glad nie aan sperstrepe steur op daardie roete nie, dis net vir die mooiheid daar geverf om die pad mee op te kikker. ‘n Verkeerskonstabel op daar die pad is ‘n raarheid . Die spoed kameras is altyd daar aandiens

Nico ·

Op daardie pad kyk jy wyd vir die voertuie van voor af. Sperstreep of nie.
Veral op Patatta nek en De Beers nek. Daar kan jy sommer drie motors langs mekaar kry vanaf rigting Nelspruit. Net ‘n dwaas jaag op daardie stuk pad.

Wielspore ·

PETS se kommentaar is na my mening die mees korrekte. Dit het intussen bekend geword dat daar geen oorlewendes is, die persone wat ernstig beseer is, is ook oorlede. Hierdie pad is in ‘n goeie toestand en uit ons eie ervaring het Mosambiek bestuurders min respek vir verkeerswette waarvan spoed en verbysteek op ‘n sperstreep van die algemeenste oortredings is.
Heelwat verkeersbeamptes en lede van die SAPS is onlangs in hegtenis geneem omdat hulle omkoopgeld op die N4 roete gevra en aanvaar het.
Solank die prys van ‘n verkeersoortreding R120 is, gaan padsterftes nie verminder.

Danie Theron ·

So uiters tragies en onnodig maar nouja as die regte padopvoeding ontrek i dit die gevolge.Ons land se beeld lei diep skade.
Maak dit vereiste dat bestuurders uit Afrika eers getoets word voor hul on mense se lewens kom bedreig!

Onnodig ·

Ek was Dinsdag ook amper deel van van Maroela Media se nuus . 8 -10 ton trok teen ten minste 120km per oor eiland met geelstrepe van agter regs van my verby terwyl ek wetgehooraaam my flikkerlig aan het en na regs draai in my baan gelukkig wag ek vir aankomende verkeer waarin hy ook amper vas gejaag het….!

Stand for change ·

Ek en my man was ook amper uitgehaal toe ‘n 4×4 volspoed oor ‘n rooi lig gejaag het, reg voor my verby. As dit nie was dat ek met die wegtrek my handrem moes laat sak het wat daai breukdeel van ‘n sekonde my vertraag het nie, dan was ons maan toe. Ons land wat eens so wetsgehoorsaam was, is nou ‘n nes vir die wetteloses.

Alwyna ·

Het 2 weke gelede dieselfde pad van wildtuin af gery, en dit het my opgeval hoe roekeloos die Mosambiekse bestuurders ry. Dit sluit in blankes van Mosambiek!

Kasie ·

John, ek neem aan jy was daar en die ongeluk gesien gebeur? Hoe kan jy anders die Nederlanders beskuldig. Hulle kom van eerste wereld lande en gewoond aan verkeer. Meeste van hulle reisigers is gewoond om in ander lande in europa ook aan die linkerkant te bestuur. Ek kyk eerder na die ander voertuig. Het self al gesien hoe ry hulle in Mosambiek en SA

jennefer ·

Verlede week het 4 naelskraap van die dood ontkom hier op R101. Die manne was besig om op n sperstreep verby te gaan, hy sien vragmotor aankom en beweeg terug in sy baan, maar die vragmotor haak sy bumper en hy verloor beheer. Die motor is afgeskryf.

Veer ·

@ Onnodig! ‘n Week terug het presies dit met my ook gebeur, ek dink nou nog aan daai dag en hoe amper was ek bokveld toe!

Riekie Kruger ·

Mozambiek het eksie-perfeksie paaie regdeur van Maputo tot in die noorde (ge’skenk’ deur China), waar hul besig is om met Chinese werkers Mozambiekse inheemse woude uit te kap en direk na China uit te voer…

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.