5 dood, 1 kritiek in gru-botsing

Die voertuie se wrakke. Foto: Verskaf

Die voertuie se wrakke. Foto: Verskaf

Vyf mense, waaronder ʼn kind, is dood en ʼn vrou kritiek beseer, nadat twee voertuie Sondag in die vroeë oggendure reg van voor in KwaZulu-Natal gebots het.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het gesê die gru-botsing tussen ʼn motor en ʼn sportnutsvoertuig het op die N2-snelweg naby Mandeni, noord van Durban, plaasgevind.

“Toe paramedici op die toneel aankom, was al drie mense in die sportnutsvoertuig sowel as die bestuurder en ʼn 12-jarige kind in die ander motor reeds dood,” het Herbst gesê.

Hy het gesê ʼn vrou, wat ʼn passasier in die motor was, was vasgekeer in die motor se wrak. Sy was in ʼn kritieke toestand.

“Die vrou is behandel terwyl personeel van Rural Metro haar met meganiese toerusting uit die wrak gesny het.”

Die vrou is na die Stanger-hospitaal gehaas en met haar aankoms by die hospitaal het haar hart gaan staan.

“Paramedici en dokters het alles in hul vermoë gedoen om haar by te bring en binne minute het sy weer ʼn normale hartritme gehad.”

Die vrou se toestand is steeds kritiek.

Owerhede ondersoek die voorval en oorsaak daarvan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hannie ·

Ai ons woon darem in n ontstuimege Land na aanleidimg van al die negatiewe beriggewing.

Manie ·

Botsing reg van voor beteken een bestuurder het moontlik alle padreëls oortree. Daar is n algemene wetteloosheid in die land en dit geld vir baie voertuig bestuurders. Ek sien daagliks hoe stopstrate en verkeersligte geïgnoreer word. Hoe meer verkeerspolisie in Pretoria aangestel word hoe meer wetteloosheid.

Waar? ·

Waar? Dit lyk asof dit eerder was op ‘n op- of afrit waar die ongeluk gebeur het. Iemand het ‘n fatale fout begaan . . .

Johan Bester ·

As daar nie plaasmoorde is nie dan moor hulle op die paaie.

Janie Monsieur ·

Dagsê Santie,

Dankie vir die kommentaar. Jammer, dit was ‘n foutjie, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.