5 dood, 2 beseer tydens Durban-ongeluk

Ongeluk op die R102 tussen Umhlanga en Durban ( 8 Julie 2017) Foto: Netcare 911

Vyf persone is dood en twee tieners ernstig beseer tydens ʼn ongeluk Saterdagaand op die R102 tussen Umhlanga en Durban, naby die Phoenix-afrit.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 20:40 na die toneel ontbied waar twee motors in ʼn ongeluk betrokke was.

“Vyf persone, twee mans en drie vroue, insluitend albei bestuurders, is op die toneel dood. Die persone was tussen 25 en 50 jaar oud,” het Dollman verduidelik. “Twee persone het die ongeluk oorleef en was in een van die voertuie vasgekeer. Brandbestryders moes van meganiese toerusting gebruik maak om hulle te bevry.”

ʼn 15-jarige meisie was in ʼn kritieke toestand en is op die toneel op ʼn ventilator geplaas. ʼn 17-jarige seun het ernstige beserings opgedoen. Hulle is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie was op die toneel en stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

liza ·

So tragies. Ek kan net nie oor die oënskynlik gesig kom op die wrakgedeelte wat voor die kar lê nie. Die lyk soos ‘n gesig wat met sy hand voor sy mond bepeins. Vreemd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.