Vyf mense is dood en een ernstig beseer in ʼn trompop botsing op die N1-suid, ongeveer 50 km buite Ventersburg in die Vrystaat.
Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het die wrakstukke oor ʼn groot gebied versprei gelê. “Vyf mense het reeds aan hul beserings beswyk,” het hy gesê. “ʼn Vrou, wat ernstige beserings opgedoen het, is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”
Die ongeluk het vroeg Maandagoggend plaasgevind.
Volgens Botha is die oorsaak van die ongeluk nog onbekend. “Die polisie stel ondersoek in,” het hy gesê.