5 het noue ontkoming toe motor rol

Die motor wat in KwaZulu-Natal gerol het (Foto: Rescue Care)

Vyf mense van Pinetown in KwaZulu-Natal het Saterdagmiddag ʼn noue ontkoming gehad toe hul voertuig verskeie kere op die M19 naby Otto Volek gerol het.

Garrith Jamieson, Rescue Care-woordvoerder, sê die vyf insittendes van die motor het slegs geringe beserings opgedoen, en is gelukkig om te leef as die trefkrag van die ongeluk in ag geneem word.

Volgens Jamieson het die voertuig verskeie kere gerol voor dit uiteindelik op die sykant daarvan tot stilstand gekom het in ʼn oop stuk veld.

Al vyf insittendes is na die hospitaal vervoer, maar niemand se lewe was in gevaar nie.

Jamieson sê dit is steeds onduidelik wat die oorsaak van die ongeluk was. Polisielede was op die toneel en het ʼn ondersoek van stapel gestuur.

In ʼn ander voorval in Carletonville in Gauteng is een man dood en ʼn ander man beseer nadat die bestuurder Saterdagaand beheer oor sy bakkie verloor het.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê die een man was reeds dood toe nooddienste op die toneel aangekom het, en die ander man het buite die voertuig gelê. Hy het matige beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer.

Die bakkie wat in Carletonville gerol het (Foto: ER24)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Oorsaak? ·

Oorsaak?: Op die pad losgelaat met ‘n K53-bestuurslisensie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.