5 in hof ná chaos buite Steynsrus

Argieffoto: SAPD

Vyf verdagtes verskyn Dinsdag in die Lindley-landdroshof in verband met protesaksie waartydens voertuie op die R76 buite Steynsrus in die Vrystaat met klippe bestook is.

Die verdagtes, ’n vrou en vier mans tussen 16 en 28 jaar oud, staan tereg op aanklagte van openbare geweld.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, volg dít nadat ʼn stuk of 300 inwoners van die Matloangtloang-nedersetting Maandag buite dié dorp opgeruk en verbygaande voertuie met klippe bestook het.

Die pad van Steynsrus na Senekal asook ʼn pad in die nedersetting is met klippe, brandende buitebande en padtekens versper. Vier Jojo-watertenks wat water aan die inwoners van Matloangtloang voorsien, het ook gister deurgeloop.

Volgens Thakeng is die huise van polisielede en ander inwoners van die gemeenskap met klippe bestook. Die ontstoke groep het ook probeer om ’n dienssentrum vir gestremdes in Matloangtloang aan die brand te steek.

Thakeng het Dinsdag gesê inwoners gooi steeds klippe, maar lede van die polisie se eenheid vir openbare orde is intussen in die gebied ontplooi om orde te handhaaf.

Maroela Media het vroeër berig drie vragmotors is verlede week op die R76 tussen Steynsrus en Kroonstad tydens ʼn onwettige betoging aan die brand gesteek.

Thakeng het toe gesê dit was nie duidelik hoeveel betogers op die vragmotors toegesak het nie, maar het wel bevestig dat dit ʼn onwettige protesaksie was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

willem Botha ·

300 betogers en net vyf gearesteer,tien teen een is dit vyf gestremdes maar hier is die feite van wat die polisie werd is.

Karlahari ·

Vriende het verlede Donderdag aand half nege die pad gery.
Daar was klippe in die pad gerol en mense in die pad. Hulle voertuig is op 12 plekke deur klippe getref.
Daar was GEEN POLISIE of enige waarskuwing by die toneel.
Protect and Serve?
Saak vir die Polisie ombudsman?

netso ·

Dieselfde gedink. As so baie betoog het en klippe gegooihet, hoe kan net 5 gearresteer wees? Ek neem aan dit is dalk 5 wat nie politieke hemde aangehad het nie……

Jimbo ·

Ek onthou nog die dae toe die polisie met nylon sambokke onder die betogers ingeklim het.
Moet hulle dit nie maar weer probeer nie?

willem Botha ·

Die Kannemeyer verslag het dit verbied en die tongfa knuppel aanbeveel.

Ben ·

Wys jou net wat jy weet van skare beheer en onluste polisieering ne, haal die 5 dinges bakkers en opstokers uit en jy sit met 295 lustelose groep wat huis toe gaan want daar is nie meer belhamels om hulle aan te hits nie. Julle moet ophou om die SAPS almal af te maak as sleg. Was vir jare n lid gewees en het nog steeds makkers wat deel vorm van die mag en wat meer as net hulle kant bring!!!!

schaun ·

Hoekom is jy weg Ben skaam om te sê jy werk of werk is nie n goeie woord nie ,jy is in die polisie?

GM ·

Hulle beskadig watertenks, maar kla as hul nie water het nie? Is ons van ‘n ander spesie of wat? ‘Cut off your nose to spite your face’. Die trokke wat hul brand kan ek nog semi verstaan (van hul oogpunt af), want dan word kos geplunder, maar hul dink ook nie daaraan dat die kos dan juis nog duurder gaan word nie juis om op te maak vir die verlies van produkte en om vir die vervanging van trokke/versekering te kan betaal. Besigheidseienaars kry mos als mahala.

Lana ·

Onwillekeurig kom ‘n prentjie van ‘n mak bobbejaan van jare gelede by my op.
Wanneer hy kwaad was, het hy jou met alles wat hy in die hande kon kry gegooi. Van sy eie koffiebeker tot klippe. Gelukkig kon hy nie die vuurhoutjies aan die brand kry nie, maar dis ook al verskil.

marous ·

Daar is net 5 gearresteer want daar was net drie honderd polisie manne .

Alida ·

As die SAPD nie mag skiet nie klim onder hulle in met seekoei sambokke. Dit maak baie seer.

Gert van Wierdapark ·

Die vangwa het seker net plek vir 5! En dan wag daar baie papierwerk wat hul n lang ruk sou besighou!!

Alta Barkhuizen ·

Ons is Donderdag 20h30 daar verby en my kar is so beskadig dat hulle dit waarskynlik gaan afskryf.Hulle is hooligans en die polisie is useless

Metro-Ma ·

@ MM
Dit blyk of my kommentaar verwyder is ?
Ek sou baie graag my kommentaar aan: willem Botha gepubliseer wou hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.