5 in Wes-Kaap vas vir onwettige wapens

Van die goedere waarop daar beslag gelê is. Foto: Verskaf.

ʼn 41-jarige vrou is Woensdag in Parkwood in Grassy Park in hegtenis geneem ná die polisie inligting opvolg het van ’n vuurwapen wat by ’n huis gehou word.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het ʼn pistool en ammunisie in ʼn rondawel in die agtererf aangetref. “Die vrou het beweer die vuurwapen behoort aan haar kêrel.”

Die verdagte sal binnekort in die Wynberg-landdroshof verskyn en aangekla word vir die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.

In ʼn afsonderlike voorval is vier verdagtes omstreeks 03:00 Donderdagoggend in Grassy Park in hegtenis geneem toe die polisie vier verdagtes in ʼn verdagte Fiat sonder nommerplate laat stilhou het.

“Die bestuurder van die motor het weggejaag toe hy die polisie sien en die polisie het hom agternagesit. Die polisie kon daarin slaag om die motor te laat stilhou en vier verdagtes, tussen 21 en 35 jaar oud, is in hegtenis geneem. Die motor is ook deursoek.”

Rwexana het gesê die polisie se ondersoek het aangetoon dat die motor vroeër in Rondebosch gekaap is.

Die verdagtes sal binnekort in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van ʼn gesteelde motor, die besit van gesteelde goedere en die besit van ʼn speelgoedgeweer.

Die pistool waarop daar beslag gelê is. Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jannie ·

Goeie werk aan die manne in blou. Dis verblydend as ń mens kyk na die arrestasie tyd dat hierdie manne hul werk doen terwyl die normale man rustig slaap.
Vergeet van al die negatiewe publisiteit waaronder die polisie deurloop daar is nog baie polisie manne/vroue wat hul werk onder moeilike omstandighede doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.