5 jaar tronkstraf vir 5 kinders se dood

Die wrak van die bakkie in die slikdam Foto: East Coast Radio

Die wrak van die bakkie in die slikdam Foto: East Coast Radio

Phelelani James Mchunu (25) is Dinsdag tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat vyf kinders dood is toe sy bakkie in ʼn dam beland het.

“Mchunu het in die Greytown-streekshof in KwaZulu-Natal skuldig gepleit op al vyf aanklagte van strafbare manslag,” het Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê. “Hy is tot vyf jaar direkte tronkstraf gevonnis, in plaas van korrektiewe toesig.”

Mchunu se regspan het versoek dat sy vonnis in sy geheel opgeskort moet word met korrektiewe toesig. Staatsaanklaer Premie Naidoo het egter aangevoer dat die beskuldigde drie weke voor die ongeluk reeds bewus was daarvan dat sy voertuig se remme nie werk nie. Mchunu het glo ook boonop die rempyp ontkoppel en ʼn bout ingedruk om te verhoed dat die remvloeistof lek.

Mchunu het op 27 Augustus in sy pleitooreenkoms erken dat hy nalatig was en dat hy versuim het om te verseker dat die bakkie in ʼn goeie werkende toestand is.

Mchunu het op 12 Mei vanjaar 29 skoolkinders vervoer toe hy beheer verloor het oor die bakkie en in ʼn slikdam op ʼn plaas beland het. Altesaam 24 kinders het die voorval oorleef. Die ongeluk het op die D532-pad in die Rietvlei-gebied in KwaZulu-Natal plaasgevind.

Lees ook:
Bakkie in slikdam: Bestuurder pleit skuldig
Man in hof vir moord na bakkie in dam beland
Bakkie in dam: Bestuurder van moord aangekla
Vyfde liggaam gevind na bakkie in dam beland
Bestuurder vas wat 30 kinders vervoer
Skoolkinders dood, een vermis, ná bakkie in dam beland

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Babs ·

5 Kinders dood – 5 jaar tronkstraf. Dit was nie ‘n ongeluk maar wel moord aangesien hy geweet het sy voertuig is onpadwaardig. Hoe moet ‘n mens die wet verstaan. Wie was die regter?

Drieks ·

Ek stem, reg en verkeerd is al amper een woord. Wie is die regter????

HEVW ·

Daar is 5 kinders dood en 24 het dit oorleef, en dit in……op n bakkie. Behalwe defekte was die ding totaal oorlaai. en n mens hoor niks daarvan nie. Dit was growwe nalatigheid. En die uispraak?????????????.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.