5-jarige sien glo hoe haar ma vermoor word

Argieffoto

ʼn 31-jarige man het Woensdag in die Bafokeng-landdroshof in Tlhabane, Rustenburg, verskyn in verband met die moord op sy lewensmaat.

Thabo Moabi word daarvan beskuldig dat hy sy vriendin, Segametsi Molefe (30), verlede maand tydens ʼn rusie in hul huis vermoor en haar liggaam onder die bed versteek het. Die voorval het in Mogajane buite Rustenburg gebeur. Molefe is verskeie kere met ʼn voorwerp gesteek.

Moabi is op 27 Maart in hegtenis geneem nadat sy jonger broer die polisie gekontak het omdat hy onraad vermoed het ná die paartjie se bakleiery. Toe die polisie sowat twee uur later opdaag, het hulle Moabi met sy vyfjarige stiefdogter op die bed aangetref.

Die staat vermoed die dogtertjie het gesien hoe haar ma doodgesteek word.

Die saak teen Moabi is tot 17 April uitgestel wanneer hy om borgtog sal aansoek doen. Die staat sal sy borgtogaansoek teenstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chris ·

On menslik gevoelloos , le op die bed met die komd wie se ma hy vetmoor het. Het hy nie nog die kind ook gemolesteer nie, wat nie onmoontlik is nie. Nou wonder ek waar is die Eff, AnC, DA was hulle by die hof gaan hulle tydens sy borg aansoek daar wees. Gaan die ANC vir die kind ook n huis gee as vergoeding vir die verlies van haar ma

Hennie ·

Net nog ‘n dag in SA. Niemand regtig geraak nie. Victimless crime….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.