5-jarige sterf in botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Vyfjarige meisie is dood en drie mense beseer in ʼn botsing op die N11 buite Ladysmith in KwaZulu-Natal.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het Maandagaand sowat 40km buite Ladysmith in die rigting van Newcastle plaasgevind. Volgens Bodasing was ʼn motor en ʼn vragmotor betrokke.

“Met paramedici se aankoms op die toneel was die erg beskadigde motor teen ʼn versperring langs die pad vasgedruk. Die bestuurder was in die motor vasgekeer. Die man, wat kritieke beserings opgedoen het, is met meganiese toerusting uit die wrak verwyder. Die kind is tussen die man en die versperring gevind. Sy is dood verklaar.”

Volgens Bodasing is ʼn vrou, wat ook ʼn insittende van die motor was, buite langs die pad gevind. Sy het matige beserings opgedoen. Die bestuurder van die vragmotor is ook net lig beseer. Die drie pasiënte is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vixie ·

Daar is natuurlik nie ‘n manier hoe die kind haar veiligheidsgordel aangehad het of enige ander vorm van beveiliging gehad het nie. Ouers wat nie hul kinders in karre beveilig nie moet toegesluit word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.