5-jarige wat onder laaigraaf beland steeds kritiek

Henry Bosman se ouers is dankbaar vir elke gebed wat hulle deurdra ná die ongeluk waartydens ’n veeldoelige laaigraaf oor hom gery het. Foto: Facebook

“Hy is maar nog kritiek. Daar is nie goeie nuus nie,” het die pa van ʼn Vrystaatse seuntjie wat verlede week onder ʼn veeldoelige laaigraaf (TLB) op sy ouerplaas beland het, Woensdag gesê.

Sakkie Bosman (41) sê klein Henry (5) word steeds in ʼn geïnduseerde koma gehou in die privaat hospitaal op Bethlehem ná Vrydag se fratsongeluk op hul plaas buite Petrus Steyn, toe Henry onder die TLB beland het wat Sakkie bestuur het.

“Sy ou beentjie toon ʼn bietjie verbetering, maar dis soos ʼn wipplank, want oor ʼn halfuur is daar weer ʼn krisis,” het Bosman gesê.

Hy vertel sy vrou, Elle (38), waak en bid dag en nag by Henry vandat hy Vrydag opgeneem is. “Sy gaan soggens net stort by die vriende by wie ons hier op Bethlehem bly, maar dan kom sy dadelik terug hospitaal toe.”

Familie op Petrus Steyn kyk na hul ander twee seuntjies, Ian (3) en Casper (5 maande), en bring hulle gereeld om hul ouboet en ouers te besoek.

Bosman vertel in die omstandighede gaan dit “baie goed” met hom en sy vrou. “God is groot. Hy versterk ons geestelik en fisiek. Ons word nie moeg nie. Dis ongelooflik.”

Hy sê dankie vir al die gebede wat die gesin deur die krisis dra. “Ons is net so dankbaar dat God in mense se harte werk om vir ons te bid en ons te ondersteun.”

Bosman het Maandag aan Maroela Media gesê die ondersteuning van die gemeenskap van Petrus Steyn is vir hom en Elle ʼn riem onder die hart. “Ek het ʼn voorman op die plaas wat daarna kyk terwyl ons hier op Bethlehem is, maar boere van die omgewing help ook.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sandy

Mnr en Mev Bosman, sterkte deur die moeilike tyd in julle lewe. Soos u gese het, God is groot, en net hy kan wondere verrig.

Jakes

Here, ons dra klein Henry op aan U. U ken Henry van hy nog in sy ma se skoot was, U weet van elke haartjie op sy kop en U weet van elke seer aan sy lyf. Here dankie vir die mag wat aan ons as mens gegee is om te bid vir genesing en herstel. Here ons pleit die bloed van Jesus oor Henry. U is die enigste en n ware geneesheer en net U wil sal geskiet. Here maak Henry n lopende getuie van die wonderwerk wat U gaan laat gebeur. Dankie vir dit wat U vir Henry… Lees meer »

Franna

Jakes ek Amen en Amen op jou opregte gebed

Ria

Moet nie moed opgee nie. Ek was baie siek en moes n nood operasie ondergaan en aan my familie is gesè dat daar n kans is dat ek dit nie gaan maak nie…dit was die 25ste September 2018. Almal verpleegpersoneel, patiente, vriende en familie het begin bid. Dr het kopskuddend uit teater gekom en gesè dit was n baie moeilik operasie en paar uur langer in teater as wat ek veronderstel was omte wees….maar deur die genade van ons Vader en al die gebede het ek dit gemaak. Ek glo, hoop en bid dat as dit die Vader se wil… Lees meer »

Netso

Vasbyt grootman! Dis soveel pret om die kleingoed om mens te hê waar ons werk en enige iets kan so gou skeefloop. Dankie vir almal se gebede en ons bly hoopvol hy sal ten volle herstel!