5-jarige wat onder laaigraaf beland steeds kritiek

Henry Bosman se ouers is dankbaar vir elke gebed wat hulle deurdra ná die ongeluk waartydens ’n veeldoelige laaigraaf oor hom gery het. Foto: Facebook

“Hy is maar nog kritiek. Daar is nie goeie nuus nie,” het die pa van ʼn Vrystaatse seuntjie wat verlede week onder ʼn veeldoelige laaigraaf (TLB) op sy ouerplaas beland het, Woensdag gesê.

Sakkie Bosman (41) sê klein Henry (5) word steeds in ʼn geïnduseerde koma gehou in die privaat hospitaal op Bethlehem ná Vrydag se fratsongeluk op hul plaas buite Petrus Steyn, toe Henry onder die TLB beland het wat Sakkie bestuur het.

“Sy ou beentjie toon ʼn bietjie verbetering, maar dis soos ʼn wipplank, want oor ʼn halfuur is daar weer ʼn krisis,” het Bosman gesê.

Hy vertel sy vrou, Elle (38), waak en bid dag en nag by Henry vandat hy Vrydag opgeneem is. “Sy gaan soggens net stort by die vriende by wie ons hier op Bethlehem bly, maar dan kom sy dadelik terug hospitaal toe.”

Familie op Petrus Steyn kyk na hul ander twee seuntjies, Ian (3) en Casper (5 maande), en bring hulle gereeld om hul ouboet en ouers te besoek.

Bosman vertel in die omstandighede gaan dit “baie goed” met hom en sy vrou. “God is groot. Hy versterk ons geestelik en fisiek. Ons word nie moeg nie. Dis ongelooflik.”

Hy sê dankie vir al die gebede wat die gesin deur die krisis dra. “Ons is net so dankbaar dat God in mense se harte werk om vir ons te bid en ons te ondersteun.”

Bosman het Maandag aan Maroela Media gesê die ondersteuning van die gemeenskap van Petrus Steyn is vir hom en Elle ʼn riem onder die hart. “Ek het ʼn voorman op die plaas wat daarna kyk terwyl ons hier op Bethlehem is, maar boere van die omgewing help ook.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sandy ·

Mnr en Mev Bosman, sterkte deur die moeilike tyd in julle lewe. Soos u gese het, God is groot, en net hy kan wondere verrig.

Jakes ·

Here, ons dra klein Henry op aan U. U ken Henry van hy nog in sy ma se skoot was, U weet van elke haartjie op sy kop en U weet van elke seer aan sy lyf. Here dankie vir die mag wat aan ons as mens gegee is om te bid vir genesing en herstel. Here ons pleit die bloed van Jesus oor Henry. U is die enigste en n ware geneesheer en net U wil sal geskiet. Here maak Henry n lopende getuie van die wonderwerk wat U gaan laat gebeur. Dankie vir dit wat U vir Henry gaan doen. Laat U wil geskiet, Amen

Ria ·

Moet nie moed opgee nie. Ek was baie siek en moes n nood operasie ondergaan en aan my familie is gesè dat daar n kans is dat ek dit nie gaan maak nie…dit was die 25ste September 2018. Almal verpleegpersoneel, patiente, vriende en familie het begin bid. Dr het kopskuddend uit teater gekom en gesè dit was n baie moeilik operasie en paar uur langer in teater as wat ek veronderstel was omte wees….maar deur die genade van ons Vader en al die gebede het ek dit gemaak. Ek glo, hoop en bid dat as dit die Vader se wil is Hy die seuntjie sal genees en mag sy mamma en pappa krag vind in die tyd om hul deur te dra….

Netso ·

Vasbyt grootman! Dis soveel pret om die kleingoed om mens te hê waar ons werk en enige iets kan so gou skeefloop. Dankie vir almal se gebede en ons bly hoopvol hy sal ten volle herstel!

Trompie Hofmeyr ·

Sakkie hou net vas aan die Here.Ons is nou net deur iets soortgelyk met my seun Koben 16 wat sy nek gebreuk het, wonderwerke bestaan ons sien die elke dag met hom, God sal julle versterk !! Spreuk lewe oor Henry en hy sal genees !! Sterkte vir julle ons dink en bid vir jou en jou gesin !! Mag julle n bo natuurlike krag van Hom ontvang in hierdie tyd!! Liefde in Jesus Naam !!

Elize ·

Baie sterkte ons bid vir volkome genesing en krag vir julle.

Philip ·

Amen op Jake’s se gebed en Jesus liefde bir die hele gesin.

Nonnie ·

Baie baie sterkte vir julle en Boetatjie. Ons dien ‘n God van wonders. Was in 2004 in soortgelyke situasie en weet dus waar deur jul gaan. Ons bid jul baie sterkte toe.

LATIE ·

Mag die ons YAHVAH ons Elohim hom aanraak sy geneeshing deur U wil roep U naam in YAHVAHSHUA HalleluYAH.

Gert ·

Jy moet vasbyt ou groot seun! Jy kan , Jesus hou jou vas!! Jou Pappa en mamma is baie lief vir jou !! Ek dink aan julle , sterk wees , Glo Glo Glo !!

linda ·

Here ons weet sy naam lê in U hand kom wat wil Here ons weet U is in beheer
asb raak die kindjie aan met U heilige hande
Hy is ‘n KoningsKind! ek weet U gaan hom gebruik as ‘n lewende getuie.
ons hou aan bid!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.