5 kinders verbrand terwyl vrou glo gaan drink

Argieffoto

Argieffoto

Vyf kinders het Sondag in die vroeë oggendure in Noordwes doodgebrand terwyl die vrou wat na hulle moes omsien glo by ʼn kroeg was.

Sers. Kelebogile Moleko, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 02:00 in Ramatlabama, noord van Mahikeng, plaasgevind.

“ʼn Brand het in ʼn plakkershut ontstaan waarin ses kinders, tussen 3 en 16 jaar oud, geslaap het. Daar word beweer dat ʼn 32-jarige vrou die kinders alleen gelaat en na ʼn kroeg gegaan het,” het Moleko gesê.

Bure het die brand gesien en hulp ontbied. “Die bure kon daarin slaag om een van die kinders te red. Ongelukkig het die ander vyf onherkenbaar verbrand.”

Moleko het gesê die vrou is uit die kroeg gaan haal om te sien wat aangaan, en het met haar aankoms by die toneel ineengestort.

Sy is na ʼn hospitaal geneem en sal van kinderverwaarlosing aangekla word sodra sy ontslaan word.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

chrisp ·

Dit is verskriklik.
Kinders is totaal afhanklik van volwasse mense letterlik en fuguurlik.
Baie tragies my gebede gaan uit na die kinders se ouers.

Liewe Heksie ·

OMW en dit is nie die eerste en nie die laaste keer wat soiets gebeur nie

Irene Myburgh ·

Sy en die ma moet aan gekla word. Jy los nie kinders by iemand wat jy nie kan vertrou nie en lyk nie of die vrou vertrou kon word nie.

GES ·

Dit is tipies ‘n geval van die oppasser sluit die kinder in die huis toe en gaan loop rond. Dit is ook die mense wat ons vertrou om ons kinders gedurende die dag op te pas.

Hannelie ·

Sy moet toegesluit word!!!! En dan kry hulle net kinders en kinders en kinders……en kan nie eens na hul omsien nie.

Treurgrond ·

Dit is verskriklik die arme kinners – sherbet hoe kan ‘n mens kinners net los en gaan drink mmmm mmmmmm mmmmmmmmm.

m ·

Laat dit maar eye opener wees. Jy weet nie wat bedags by jou huis aangaan waar die sogenaande “nanny” na jou kinders moet kyk nie. Mens kan niemand deesdae vertrou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.