5 met ongeslypte diamante betrap

Argieffoto van ongeslypte diamante ter illustrasie

Vyf verdagtes sal Maandag in die Touwsrivier-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn nadat hulle vroeër vandeesweek met 11 ongeslypte diamante betrap is.

Volgens Mihlali Majikela, woordvoerder van die polisie, het lede van die gemeenskap Woensdagaand te wete gekom van ’n wit Volvo-vragmotor met vyf insittendes wat na bewering in die besit van ongeslypte diamante is.

Die lede van die gemeenskap het die polisie in kennis gestel wat op hul beurt die vragmotor omstreeks 21:25 op die snelweg naby ’n vulstasie afgetrek het.

Majikela sê die polisielede het die vragmotor deursoek en aanvanklik op een diamant onder ’n voetmatjie afgekom. Daar is egter ná ’n deeglike ondersoek op nog tien diamante beslag gelê wat in die voertuig se dieseltenk versteek was.

Die verdagtes, almal tussen die ouderdomme van 31 en 48 jaar oud, is op die plek in hegtenis geneem.

Volgens Majikela is daar toetse op die diamante gedoen om die egtheid daarvan te bepaal. Dié diamante is die ware Jakob hoewel die waarde daarvan nog nie bepaal is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pop ·

Dis klippe, los mense wat die goed probeer verkoop vir kos. Ten minste plunder en vermoor hulle nie ander om te oorleef nie. As ek een kry is hy myne.

Dries B ·

Pop jy is reg so n mond kort jam die ekonomie is so in sy peutjie die ou wil ook net iets he om te survive
Voor SA ligte afgaan,hy doen niks verkeerd as ek ook ene kry is hy myne ,as almal net so dink,mooi

Eben ·

Net ‘n klein hoeveelheid diamant en goud smokkellaars word vasgetrek. Die swart mark is meer as R16 mijard. Die ongeluk is dat navorsers op die gebied beter inligting het as wat die SAPD het. Ons misdaadinteligensie is hopeloos.

schaun ·

Ek het nie n probleem met diamante nie ,dwelms is die euwel wat beveg moet word ,diamante is edelstene in die grond wie bepaal aan wie dit behoort?

p ·

Diamante is klippe waaraan mense waarde gegee het, dit is aardse goed nie dwelms wat menslik vervaardig word nie.

Johan ·

Ek stem. Klippies, wat iemand eendag besluit het net aan hom/haar behoort. Dis bull. Los die mense uit. Wat of wie beskerm die regering deur mense wat diamante verkoop in hegtenis te neem? Dis n mors van staats fondse. Kry eerder dwelm smokkelaars vasgetrek, daar is n dringendheid aan daardie saak.

Koos ·

Het julle die vragmotor se olie afgetap en die olie-filter afgedraai ? …..dis die beste wegsteekplek ooit…baie oop ruimte in die olie-filter vir voorwerpe….en hulle kan nêrens heen gaan nie…wie in n padblokkade gaan nou die warm olie aftap en in die filter kyk ?
.

Pieter Botha ·

Koos jy slaan die spyker op die kop…daai is ou truuks.

Johan Swart ·

Jy praat waar Koos…dis n wegsteek plek wat min mense van weet of ooit sal wil kyk.

SjN ·

As ek n diamant kry op my grond is dit myne en klaar, sal nie smokkel nie maar van die hand probeer sit, die Sapd moes inligting gekry het dat dit in die filter versteek is, hul sou nie sovêr dink en al die werk doen nie, ek praat nie dit goed nie maar vat eerder die klomp dwelm smokkelaars vas wat baie meer gevaarlik is vir gemeenskappe.

Maljan ·

Sê die beweerde smokkelaars ook daar was net ELF klippies?

Renier ·

Die land het groter probleme as ‘n paar klippies wat gesmokkel word. Die polisie is duidelik meer bekommerd oor hul Joodse meesters se belange as die van hulle mede-burgers.

Reynete ·

Dankie vir dié raad, Koos. As iemand een het om te verkwansel, last weet my asb….

Nahknomaar ·

Kom daar n gratis olie-diens saam daai kopie Reynete ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.