Vyf verhoorafwagtende gevangenes het die naweek uit die aanhoudingselle by die Zeerust-polisiestasie in Noordwes ontsnap en is steeds soek.
Joshua Sibanda (39), Amogelang Motsiane (36), Tshepiso Kwenampe (22), Bengu Hlanganane (31) en Enoch Lebeloane (46) het Sondagoggend na bewering ’n polisiebeampte by die selle oorval, die sleutel by die beampte afgeneem en ontsnap.
Die gevangenes staan tereg op verskeie ernstige aanklagte, waaronder poging tot moord, verkragting, huisroof, sakeroof en roof met verswarende omstandighede.
Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die ontsnaptes word as gevaarlik beskou. Die polisie doen dus ’n beroep op lede van die publiek om nie die ontsnaptes te nader as hulle die mans gewaar nie, maar dit eerder by die naaste polisiestasie aan te meld.
Mense kan ook die betrokke ondersoekbeampte, kapt. Basimane Molefe, by 076 510 8285 bel.
- Enoch Lebeloane (Foto: SAPD)
- Amogelang Motsiane (Foto: SAPD)
- Joshua Sibanda (Foto: SAPD)
- Tshepiso Kwenampe (Foto: SAPD)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
DIS hoekom jy nooit alleen selle besoek gedoen het nie!!!!
Hoe op aarde gebeur dit, iemand wat ek ken was in die Polisieselle aangehou vir “child abuse”, en elke keer wat die sel oopgesluit is, was hulle meer as een beampte. (Die persoon was verniet toegesluit, want hy het nie eers sy hande gelig vir die kind nie)… So die persoon was nie eers geweldadig nie.
Wil nie vyf op enige plek onymoet nie wat nog op ‘n donker nag! Wonder hoeveel geld het aan gepaas saam met die sleutels?
Ek glo nie hierdie verskoning nie, dit raak nou ‘n algemene storie
Diline, ek stem saam. Dis vrygelaat sonder parool. Ons sal nooit weet hoeveel geld buite selle hande verwissel nie. Dit blyk nie dat die beampte beseer is nie. Sy vuurwapen is seker ook oorhandig.