5 ontsnap uit selle in Zeerust

Bengu Hlanganane (Foto: SAPD)

Vyf verhoorafwagtende gevangenes het die naweek uit die aanhoudingselle by die Zeerust-polisiestasie in Noordwes ontsnap en is steeds soek.

Joshua Sibanda (39), Amogelang Motsiane (36), Tshepiso Kwenampe (22), Bengu Hlanganane (31) en Enoch Lebeloane (46) het Sondagoggend na bewering ’n polisiebeampte by die selle oorval, die sleutel by die beampte afgeneem en ontsnap.

Die gevangenes staan tereg op verskeie ernstige aanklagte, waaronder poging tot moord, verkragting, huisroof, sakeroof en roof met verswarende omstandighede.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die ontsnaptes word as gevaarlik beskou. Die polisie doen dus ’n beroep op lede van die publiek om nie die ontsnaptes te nader as hulle die mans gewaar nie, maar dit eerder by die naaste polisiestasie aan te meld.

Mense kan ook die betrokke ondersoekbeampte, kapt. Basimane Molefe, by 076 510 8285 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Perdeby ·

DIS hoekom jy nooit alleen selle besoek gedoen het nie!!!!

Marcello ·

Hoe op aarde gebeur dit, iemand wat ek ken was in die Polisieselle aangehou vir “child abuse”, en elke keer wat die sel oopgesluit is, was hulle meer as een beampte. (Die persoon was verniet toegesluit, want hy het nie eers sy hande gelig vir die kind nie)… So die persoon was nie eers geweldadig nie.

JohanR ·

Wil nie vyf op enige plek onymoet nie wat nog op ‘n donker nag! Wonder hoeveel geld het aan gepaas saam met die sleutels?

Di ·

Ek glo nie hierdie verskoning nie, dit raak nou ‘n algemene storie

efjy ·

Diline, ek stem saam. Dis vrygelaat sonder parool. Ons sal nooit weet hoeveel geld buite selle hande verwissel nie. Dit blyk nie dat die beampte beseer is nie. Sy vuurwapen is seker ook oorhandig.

Swerwer ·

Dit is wat daar gesê/beweer word, …………..maar wat die regte/werklike oorsaak is, is altyd verkillend. Net die woorde aanhoudingselle by die SAP sê al genoeg.

Papsak ·

Swak se ek jou swak inside job klaar geen stories polisie onbekaam vir hulle werk en bewaarders ook onbevoeg hulle laat hulle vry

Waarnemer ·

KORT EN KRAGTIG….HULP VAN BINNE….N PAAR RAND HIER IN N ARM POLISIEMAN SE SAK EN VOILA!!!!OF HOE SAL MENS SE….”IPEN SESAME” EN DIE SEL DEURE SLUIT SOMMER VANSELF OOP.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.