Agt verdagtes, onder wie vyf polisiebeamptes, verskyn Vrydag in die landdroshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal op aanklagte van korrupsie.
Die polisiebeamptes, tussen 30 en 50 jaar oud, is verbonde aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se 10111-inbelsentrum in Hilton.
Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring die agt verdagtes is Donderdag in hegtenis geneem nadat inligting ontvang is dat dié beamptes glo met ’n private ambulans- en insleepdiens saamgesweer het.
Die polisiebeamptes het na bewering inligting oor motorongelukke in die Pietermaritzburg-gebied aan die nooddienste verskaf. Dit beteken dat dié nooddienste dus ’n onregverdige voorsprong bo ander gehad het om op voorvalle te reageer. Die polisie het op hul beurt glo gunste uit dié ooreenkoms ontvang.
Volgens Mhlongo word meer inhegtenisnemings binnekort verwag.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Help nie julle maak so ‘n groot storie hiervan nie. Dis ‘n algemene praktyk oral in die land… Praat maar met enige breakdown eienaar. As jy nie bereid is om bribes te betaal nie, sal jy niks werk kry nie…
Nou toe nou….”When you are in Rome do it like the Romans ” Hoe kan ons dan anders verwag!
Kan hulle nie net polisiemanne wees nie? Altyd ietsie op die kant.
Wel tenminste is daar dan iemand vinnig op ‘n ongelukstoneel. Dis nou nie reg om iets in ruil te kry nie maar goeie diens is great.
en hoe is dit nou ‘n misdaad? Word tog groot asseblief SAPS, plaas konsentreer julle op die hoë misdaad syfers instede van sulke onbe nullighede!!!!!