5 polisiemanne vas ná hul glo vragmotor plunder

Van die bokse waarop daar beslag gelê is. Foto: Verskaf.

Lt. genl. Godfrey Lebeya, hoof van die prioriteitsmisdaaddirektoraat (DPCI), het die inhegtenisneming van vyf polisiebeamptes in verband met die plundering van ʼn vragmotor wat in ʼn ongeluk betrokke was, verwelkom.

Dít kom nadat die vyf polisiebeamptes en ʼn sesde makker, ʼn taxibestuurder, glo saamgesweer het en ʼn vragmotor wat Dinsdag in ʼn ongeluk tussen Oos-Londen en Macleantown betrokke was, geplunder het.

Die beamptes is almal verbonde aan die Beaconbaai-polisiestasie.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die beamptes en die taxibestuurder het glo bederfbare goedere gesteel en ʼn amptelike polisievoertuig sowel as ʼn taxi gebruik om die misdaad mee te pleeg.

“Die Valke het ʼn wenk ontvang en is saam met misdaadintelligensie na die toneel waar hulle al die verdagtes vasgetrek het. Lede kon ook daarin slaag om beslag te lê op verskeie bokse [vol goedere] op verskillende plekke in Oos-Londen, insluitend die plaaslike polisiekwartiere.”

Konstabels Azola Ndongeni (33), Mkolisi Matthews Gola (38), Luthando Klaas (34), Siyabonga Freddie (36), Siseko Dayimani (33) en taxibestuurder Xolani Valantiya (43) het almal Donderdag in die Oos-Londen-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie en diefstal.

Elkeen is borgtog van R1 000 toegestaan en hulle moet weer op 20 September in die hof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

Lebeya het gesê hoewel hy woedend is oor die nuus dat vyf beamptes betrokke was in dié misdaad, is hy ewe bly dat hulle vinnig deur hul kollegas vasgetrek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Irma ·

As ek na die geskiedenis van die hantering van sulke sake kyk sal hulle waarskynlik met volle betaling geskors word ( as daar teen hulle opgetree word) en later weer her-aangestel word wees gebrek aan bewyse, en ‘n waarskuwing ontvang. So word daar mos gesorg vir die boeties

Schalk ·

Enigste verskil hulle (die korrupte poliesmanne) is gevang die keer. Daar is meer korrupte poliesie manne as nie – korruptes en nou word almal oor die selfde kam geskeer. Jammer vir die goeie manne in blou.

Hanna Hoekom ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid is mos die motto. BEE in aksie!

christa ·

ja die polisie word mos nie gekeur soos in die ou bedeling nie. Hulle word om ander redes gekies. In die ou tyd kon jy nog trots wees om in uniform te wees, maar deesdae sou ek skaam om een aan te trek

Zoro ·

Nee wragtag! Asb. Kom ons vergeet van nepotisme, ras en werk skepping – stel mense met integriteit aan ons land gaan ten gronde – in alle wetstoepasing instansies – asb!!

Lulu ·

Ferdi, ek’t nou lekker gelag.

It’s funny because it’s true!

gatvol ·

Die SAPD is deesdae deurtrek van kriminaliteit agv regstellende diskriminasie. Ek het lank reeds alle respek vir hulle verloor. ‘n Skreiende skande!

zoom zoom ·

Stel hulle ook aan as ere kolonele by die SANW. Hulle kan saam met Molefe werk.

Stuiwer ·

Ek voel om my kop (of iemand anders s’n) teen die muur te slaan! Wat de hel? Hierdie mense is veronderstel om misdaad te bekamp, maar is lekker deel daarvan. Ek is bly hulle is vasgetrek.

Naomi ·

Dis nou wolwe in skaapklere (kriminele in uniforms)
Jy kan wraggies nie van n wolf n skaap maak nie, maak nie saak wat jy vir hom aantrek nie.

Akademi Buktu ·

Met komplimente van POPCRU wat hulle intensief beywer het daarvoor om slegtigheid in die Polisie en KOrrektiewe Dienste te verwesenlik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.