5 sterf ná bestuurder glo verkeerslig verontagsaam

polokwane ongeluk 2
Twee voertuie, ʼn VW Golf en ʼn Toyota Corolla, was in die botsing betrokke. Foto: Verskaf

Twee voertuie, ʼn VW Golf en ʼn Toyota Corolla, was in die botsing betrokke. Foto’s: Verskaf

Vyf mense is Vrydagoggend in Polokwane in Limpopo dood in ʼn  botsing tussen twee voertuie.

Volgens kapt. Mampashwa Seabi, polisiewoordvoerder, het die botsing omstreeks 04:30 by die kruising van Thabo Mbeki- en Landdros Marestraat plaasgevind.

“Twee voertuie, ʼn VW Golf en ʼn Toyota Corolla, was in die botsing betrokke,” het Seabi gesê. “Dit is nog nie duidelik wat tot die botsing gelei het nie, maar die moontlikheid bestaan dat een van die motors ʼn rooi verkeerlig verontagsaam het.”

Vyf mense is op die toneel dood verklaar en twee mense is ernstig beseer. Hulle is deur paramedici na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Nog ‘n uiters tragiese geval waar dit spoed moet wees om 5 mense dood te ry in ‘n 60 km/h sone.
Ook beteken 04h30 in die oggend dat ek ALLEEN op die pad is en dis net hier waar die knoop lê.
Daar kan ander dinge ook betrokke wees maar ek was nie daar.
Ek kan nie die onderste foto, wat blyk korrek is, uitbring in vergelyking met voertuie op die boonste foto.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.