5 sterf, talle beseer toe bus omslaan

Die ongelukstoneel. Foto: IPSS Medical Rescue

Minstens vyf mense, onder wie ʼn kind, is dood nadat ʼn bus Saterdagmiddag tussen Empangeni en Melmoth in KwaZulu-Natal omgeslaan het.

Die ongeluk het net voor 15:00 op die R34 gebeur.

Die provinsiale nooddienste het op Twitter bevestig dat vier volwassenes en ʼn kind in die ongeluk gesterf het. Daar was 60 passasiers in die bus toe die ongeluk gebeur het.

Foto’s van die ongelukstoneel toon hoe die wrak van die bus op sy kant lê. Daar is uitgebreide skade aan die bus en verskeie noodvoertuie kan gesien word.

Volgens Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, is minstens 33 mense op die toneel vir beserings behandel. Ambulanse en helikopters is na die toneel ontplooi om beseerdes na hospitale te neem.

Nooddienste is steeds op die toneel en meer inligting sal later bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

1+1 ·

Dis harteer, en ek hoop julle publiseer die ondersoek na die oorsaak van die ramp. Mense in ons land ly…

Koos ·

Seker naby Oom Wessel se winkel. Uitgebreide skade? Dis ‘n nuwe een. Klink soos die weervoorspelling. Probeer seker sê omvangryke skade? Of het die skade by een plek begin en toe uitgebrei? Swak taalversorging.

Abe ·

Koos,
Daar is niks verkeerd met “uitgebreide skade” nie. Ek stem saam met Jef se kommentaar hieronder. Mens moenie iets se net om beterweterig te wees nie.

Jef ·

Koos jou gedagte gang omtrent hierdie ongeval is uiters swak,hier is mense oorlede en jy het probleme met die skrywer se taalversorging.
As jy niks het om te se nie moet dit dan nie hier se nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.