5 tieners sterf in taxi-ongeluk

Die wrak ná die ongeluk wat vyf tieners geëis het. (Foto: Verskaf)

Vyf tieners is Maandagoggend in ’n taxi-ongeluk in die Oos-Kaap oorlede. Die slagoffers is almal tussen 15 en 19 jaar oud en was op pad huis toe ná ’n vakansie in Kaapstad.

Unathi Binqose, provinsiale woordvoerder van die departement van vervoer, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Binqose het die voorval omstreeks 05:00 op die R61 tussen Ngcobo en Cofimvaba plaasgevind. Die bestuurder van die taxi het na bewering beheer oor die voertuig verloor, waarna die taxi omgeslaan het. Al vyf tieners is op slag dood.

Die wrak ná die ongeluk wat vyf tieners geëis het. (Foto: Verskaf)

Die taxi was met ’n groep tieners op pad na Qumbu en KwaBhaca (Mount Frere). Die tieners sou vandeesweek terugkeer skool toe.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willem ·

Onbekwame bestuurder wat te vjnnig gery het met ń onpadwaardige voertuigcsoos gewoonlik

JohanR ·

Nee….liewers ‘n bestuurder wat op en af tussen Qumbu/KwaBhacu (Mount Frere) en Kaapstad gejaag het – op en af, en vir 48 uur nog nie geslaap het nie. Vyf tieners is dood net om geld vit die skatryk taxi baas te maak!

Wonder net ·

Wonder net hoeveel mense gaan nog sterf voor daar iets aan die taxis gedoen word. Padreels is vir almal om te gehoorsaam behalwe vir hulle

Niklaas ·

En die taxi bestuurder het net kneusing plekke opgedoen en sal vry rondstap weens “onvoldoende bewyse” maar 5 jongmense is dood !

Leon ·

Paneel waens word nie gebou om passassiers te vervoer nie. Die voertuie kan nie bewegende vrag handteer. Teen hoë spoed beweeg mense en dan word die voertuig onstabiel. Dan verloor jy beheer.

Wie weet ·

Ek haat taxis ook maar dink jou in hoe het dit dalk binne daai voertuig gegaan wat dalk kon veroorsaak dat hy ook “beheer verloor het”. 5 tieners oppad terug van vakansie. Dink jy hulle het stil gesit en die rit beskaafd geniet?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.