Vyf tieners is Maandagoggend in ’n taxi-ongeluk in die Oos-Kaap oorlede. Die slagoffers is almal tussen 15 en 19 jaar oud en was op pad huis toe ná ’n vakansie in Kaapstad.
Unathi Binqose, provinsiale woordvoerder van die departement van vervoer, het die voorval aan Maroela Media bevestig.
Volgens Binqose het die voorval omstreeks 05:00 op die R61 tussen Ngcobo en Cofimvaba plaasgevind. Die bestuurder van die taxi het na bewering beheer oor die voertuig verloor, waarna die taxi omgeslaan het. Al vyf tieners is op slag dood.
Die taxi was met ’n groep tieners op pad na Qumbu en KwaBhaca (Mount Frere). Die tieners sou vandeesweek terugkeer skool toe.
Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Vreeslik hartseer, my innige simpatie aan hulle families.
Onbekwame bestuurder wat te vjnnig gery het met ń onpadwaardige voertuigcsoos gewoonlik
Nee….liewers ‘n bestuurder wat op en af tussen Qumbu/KwaBhacu (Mount Frere) en Kaapstad gejaag het – op en af, en vir 48 uur nog nie geslaap het nie. Vyf tieners is dood net om geld vit die skatryk taxi baas te maak!
Wonder net hoeveel mense gaan nog sterf voor daar iets aan die taxis gedoen word. Padreels is vir almal om te gehoorsaam behalwe vir hulle
En die taxi bestuurder het net kneusing plekke opgedoen en sal vry rondstap weens “onvoldoende bewyse” maar 5 jongmense is dood !