5 trokke met petrolbomme bestook

(Foto: Twitter)

Die bestuurder van ’n vragmotor is beseer toe dié vragmotor en vier ander Donderdag laataand op die R59 naby Vereeniging in Gauteng met petrolbomme bestook is.

Kol. Brenda Muridili, woordvoerder van die polisie, sê die bestuurders van vyf vragmotors het omstreeks 23:00 rem getrap op die R59-noord naby die Kliprivier-afrit toe hulle drie groot boomtakke in die pad opgemerk het.

’n Groep verdagtes het op die vragmotorbestuurders toegeslaan en die voertuie met petrolbomme bestook. Een van die bestuurders is gedurende die voorval beseer hoewel die aard van sy of haar beserings nie in dié stadium duidelik is nie.

(Foto: Twitter)

Muridili sê die polisie ondersoek ’n saak van kwaadwillige skade aan noodsaaklike infrastruktuur.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

JohanR ·

Kan iemand my in lug wat probeer bereik met die brand van trokke. Wie is vies vir wie en hoekom? Ek probeer die storie verstaan. Niks word meer trein vervoer nie want die ANC het dit al opgebogger, soe die enigste manier van verwoer is nou met pad en groot trokke. Ek kry die storie nie mooi by die poot by nie?

quartus ·

Dit het te doen met die gebruik van nie- Suid-Afrikaners as trokbetuurders. Die plaaslike mense se hulle moet voorkeur kry

Peetjie ·

Niemand sàl in hegtenis geneem word nie, dit is teen hoedman se beginsels… Hierdie persone wat dit doen is terroriste

Sakkie ·

Al wat ek aan kan dink hoekom hulle dit doen is:
1. Pak opstruksie in pad vir vragmotors om stil te hou.
2. Gooi vragmotor met petrolbom om te brand en sodoende kan dit nie verder ry nie.
3. Plunder dan die vrag of wat ook al waardevol is.
my laaste punt is seker maar die mees aanvaarbare een.
4. Terrorisme teen ons bestaan, want sekere partye will net afbreek en wanorder saai.

My 5 sent in die beurs…..

Ou bees ·

Die is mos maar net nog n manier om die ekonomie te vernietig. En ons almal weet wie is besig met dit saam met hulle vernote.

Werner ·

Dit is anargie en anargie is die voorloper van burgeroorlog

Samuel ·

Die ANC se doelwit is om landsekonomie ten gronde te rig. Waarom sal hulle(polisie) dan moeite doen om misdadigers aan te keer wat in elk geval vrygelaat gaan word op borgtog??

Nie Verbaas ·

Nou toe Cele. Vertel ons van jou plannetjies. Net die ander dag het jou baas CR gepraat oor hoe onaanvaarbaar die wetteloosheid in die land is. Lyk nie of ANC grap werklik besef hoe onbevoeg almal van hulle is nie.

Sarel ·

” Ondersoek??? Hier begin ons alweer en altyd net ondersoek maar niemand word gearresteer aangekla en opgesluit nie. Deur wie word hulle bedkerm dn wue gee die opdragte

Hendrik ·

Kom ons los die probleem op:
1. Hoekom loop die vragmotors in die nag?
2. Hoekom tree die betrokke eienaars nie met mekaar in verbinding en vragmotors loop in konvooie onder sekuriteit begelyding nie?
3. Is die betrokke bestuurders al geondersoek? Hulle mag inligting gee. Hulle mag in wees met die diewe!!
Dit is nie baie moeilik om dinge op te los nie, maar ons sal dit moet doen!!! Die regering sal niks doen nie omdat hulle nie by magte is om dit te doen nie!!
Hulle is te besig om Suid Afrika uit te verkoop aan die Chinese!!!

Hennie J ·

Glo my vry…………..gaan soek die terroriste by die MKVeterane.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.