5 vas ná gewelddadige betoging

ʼn Bus is gedurende dié betoging aan die brand gesteek en het heeltemal uitgebrand. (Foto: ANA)

Vyf verdagtes is Dinsdag tydens ʼn gewelddadige betoging in die noordelike voorstede van Port Elizabeth in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

ʼn Bus is gedurende dié betoging aan die brand gesteek en het heeltemal uitgebrand.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie se eenheid vir openbare orde is na Bethelsdorp en Gelvandale in die Baai ontplooi nadat ʼn betoging oor dienslewering en behuisingskwessies handuit geruk het.

Volgens Janse van Rensburg is twee mans en drie vroue, tussen 28 en 35 jaar oud, in hegtenis geneem in verband met die hou van ʼn onwettige byeenkoms en oortreding van die nasionale padverkeerswet.

Betogers het die hoofpaaie in die gebied met brandende bande en klippe versper. Standfordweg, Gailweg, Bethelsdorpweg asook ander paaie in die Helenvale-gebied is noodgedwonge gesluit.

Die Booysens Park-kliniek se deure is vroeër vandag ook gesluit ná ontstoke betogers die kliniek se personeel en pasiënte weggejaag het. Lwandile Sicwetsha, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, het gesê die polisie is na die kliniek ontbied.

“Die polisie waarsku die gemeenskap om binne die perke van die wet te betoog en nie skade aan infrastruktuur aan te rig of paaie te versper nie,” het Janse van Rensburg gesê.

Die verdagtes sal môre in die Gelvandale-landdroshof verskyn.

Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak totdat die betrokke paaie weer oopgestel is.

Die polisie monitor tans die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Carel ·

Ons het hulle nou gearresteer en wat nou
Ons gaan hulle maar vrylaat voor hulle maatjies die res van die busse afbrand
More sit hy by die busstop vir dieselfde bus en wag of brand die geboue omdat dieselfde bus nie opdaag nie

alida ·

Snaaks daar sulke snaakse goed in die DA beheerde metros plaasvind. Verkiesingskoors?

christa ·

ons hoor kort kort hulle is inhegtenis oor hulle verwoesting, maar hoor nooit dat hulle gestraf word nie.

De Villiers ·

Hulle gaan in die hof verskyn, dalk gewaarsku word en dan is als vergete, en hulle is helde. Ek glo steeds dat indien hierdie geweldenaars wat skuldig bevind word aan brandstigting en beskadiging van eiendom se name êrens op ‘n lys geplaas word waartoe die publiek toegang het, sal hierdie betogers twee maal dink voordat hulle weer brand of breek. Werkgewers sal nie sulke persone aanstel nie aangesien hulle ‘n bedreiging inhou vir die besigheid. Dit sal as genoegsame straf dien.
Boonop stel die polisie dit baie diplomaties dat die geweldenaars maar eerder binne die grense van die wet hou, asof dit sal help. Hoekom sê hulle nie wat hulle bedoel en bedoel wat hul sê nie? Dan moet die polisie optree volgens die mate waarmee die geweld gepleeg word. Sodoende sal hulle respek begin afdwing.

Laksman ·

Die ANC is mos in beheer in Port Elizabeth. Hier gaan nog baie diensleweringbetogings wees, als gaan agteruit. Wag tot die belastingbetalers hul erfbelasting terughou, dan sink die Metro in n week!

Willehond ·

Brand brand! Vernietig als! Hallo mandela! Ek hoop jy draai in jou graf om!

J ·

Aard verwarming op sy ergste graad. Te danke aan al die onopgevoede onluste.
Suid Afrika is die grootste sondebok as dit by Aard verwarming kom.

jakes ·

Hierdie dwase oefen solank met hul brandstigting hoe dit gaan lyk wanneer hulle eendag daar by ou Jim arriveer. Daar wag n groot vuur wat nooit geblus word nie.

Andre Stander ·

OOOOooohhhh…. Die Polisie “waarsku”…

Hoe bewe my broek nou vir hulle “autoriteit”……

Stripes ·

Arresteer hulle en pas dwangarbeid toe totdat die skade van die brand/verwoesting betaal is. Dan sal hulle nie skade aanrig nie. As die gemeenskap verantwoordelik is, dieselfde straf vir die gemeenskap.

aj ·

Wie betaal die “rent a crowd’ terroriste en saboteurs?

Wie het hulle aangery, kospakkies en /of bruin koeverte uitgedeel ens?

Hou die ORGANISEERDERS aanspreekilik vir die skade!

Schalk ·

Slang alweer sigbaar haat orde en regverdigheid.Misdadigers soos die hoort in die tronk sonder verhoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.