5 vas vir sakeroof

Foto: SAPD.

Kort nadat sewe gewapende mans ʼn sakeonderneming in Harare in Khayelitsha in die Wes-Kaap beroof het, is vyf van hulle vasgetrek en is beslag gelê op twee vuurwapens.

“Die polisie se blitspatrollie het gereageer op ʼn wenk oor die voertuig waarin hulle glo gevlug het,” het die polisie in ʼn verklaring gesê.

ʼn Toyota Avanza is gewaar en ná ʼn hoëspoedjaagtog het die verdagtes op die hoek van Landsdowne en die Thuku-pad op die polisie losgebrand.

“ʼn Konstabel is tydens die skietgeveg in die hand geskiet en is tans in die hospitaal in ʼn stabiele toestand. Een van die verdagtes is ook raakgeskiet en is onder polisiebewaking in die hospitaal,” het die polisie gesê. Vyf verdagtes is in hegtenis geneem.

Die polisie het gesê dat hulle warm op die spoor van die twee verdagtes is wat daarin kon slaag om te ontsnap.

“Sodra die verdagtes (tussen 20 en 31 jaar oud) aangekla is, sal hulle tereg staan op aanklagte van poging tot moord en gewapende roof,” lui die verklaring.Die moontlikheid dat dié verdagtes betrokke kon wees by soortgelyke sakerooftogte in Khayelitsha sal deel uitmaak van die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

humor ·

Die polisie weet dit tog seker as iemand dood is kan hy nie praat nie. Spaar die belastingbetaler baie.

Cherokee ·

Vanmôre terwyl ek deur my kantoorvenster kyk het ek gesien hoe laat ‘n goed geplante vuishou ‘n lang kleurling teen ‘n kar vassteier. Dit was ‘n netjiese hou want as die kar nie daar was nie, was hy plat. Hy het sekondes lank verdwaas bly staan. Die winkel het hul deur probeer toeslaan maar ‘n groep het die deur oopgestamp. Die polisie gebel en hulle was verbasend genoeg, binne enkele minute daar. Poging tot roof van ‘n Ethihopiër se winkel. Ek was kort voor die polisie by die winkel en die winkeleienaar het weer die deur oopgestamp. Net toe hou die polisie stil met eerste voertuig en minute later ‘n tweede. Een van die aspirant rowers het toe die polisie daarvan beskuldig dat hy paar dae vroeër ook gearresteer was en R1500 betaal het en vrygelaat te word. Hy kon egter nie sê watter polisieman die geld geneem het nie. Ek twyfel egter of hy soveel kontant sou kon wys. Twee indiërs is toe in die vangwa gelaai.

Cherokee ·

Hierdie dinge word so deel van alledaagse gebeure dat ek julle nie eens daarvan sou vertel het nie totdat die betrokke berig my daaraan herinner het. Dit was eintlik dadelik vergete want dit is deel van wat elke dag gebeur.

Irene ·

Hoop vir beterskap vir polisie wat beseer is en goeie werk SAPD

Scalla ·

Roof bly roof en is nie reg nie, dit is nou so alledaags dat dit nou al geklassifiseer word as sake roof, betalende sake beroep wat die misdadigers beoefen, weet hul kanse is goed om weg te kom,

Cherokee ·

Interessante kommentaar – roof het sò algemeen geword dat dit geklassifiseer word onder verskillende kwalifikasies … sakeroof… huisroof… belastingroof… petrolroof… nkandla roof… ens…

Jan ·

As daar sewe rowers in ‘n Avanza was kon dit hoogstens ‘n medium spoed jaagtog gewees het. Alle grappies op ‘n stokkie, geluk aan die polisie en beterskap aan die gewonde lid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.