5 vas wat glo plunder ná vragmotor omslaan

‘n Skermskoot uit die video.

Vyf mense sal Woensdag in die De Doorns-landdroshof in die Hexriviervallei verskyn op aanklagte van diefstal nadat ʼn vragmotor Sondag buite dié dorp omgeslaan het en sy vrag klere binne 45 minute geplunder is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die verdagtes se ouderdomme wissel van 26 tot 48 jaar oud.

Maroela Media het vroeër berig die bestuurder van die vragmotor is Sondag dood toe ʼn rots van ʼn voetbrug op die N1 buite die dorp deur die voorruit van die vragmotor gegooi is. Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan. Die vragmotor se vrag is daarna deur gemeenskapslede geplunder.

Die voorval het omstreeks 05:20 plaasgevind by die Stofland-voetbrug, het Van Wyk gesê.

ʼn Skokkende video van Sondag se voorval is sedertdien wyd op sosiale media versprei.

Volgens Van Wyk het die polisie aanvanklik ʼn saak van strafbare manslag ondersoek. Dié aanklag is vandeesweek verander na moord. Niemand is nog op dié aanklag in hegtenis geneem nie en die boosdoeners wat die enorme rots deur die voorruit gegooi het, is steeds soek.

Mense met inligting rakende die voorval word versoek om Stop Misdaad by 0860 010 111 of die plaaslike polisie by 023 356 4033 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Andries Visagie ·

Daar is groot fout met sekere van ons landsburgers. Baie groot. Nie eers armoede regverdig sulke optrede nie. Dis moord.

moeksie ·

ek stem, hopelik word daar `n hengse groot voorbeeld gemaak van die wat in hegtenis geneem is, en nie net vrygelaat word op borgtog nie! anders gaan die net `n reuse gewoonte bly, en almal volg hul voorbeeld.
dis maar soos dit in ons land gaan, geen wette, en geen aanspreeklikheid vir hul dade!!

GM ·

Vonnie, ek stem saam, alhoewel ek ander woorde sou gebruik het om hulle te beskryf.
Die slegtes is meer as die goeies – ‘n land kan nie so vorentoe probeer beweeg nie.

Lientjie ·

En daar is weer vandag ‘n vragmotor met klippe gegooi by De Doorns

Jr ·

Daar is ń ” koue ” oorlog aan die gang. Maar ons sien of hoor dit nie. Maar al hierdie plundery plaasmoorde en krimineel optreedes is die begin. Maar die MRK sê die uiters van sekere swart leiers is nie haatspraak. Wel ek is nie blind of doof nie.

Hanna Hoekom ·

Lyk my De Doorns is nou n “crime hot spot”. Komaan SAPS, nou is julle kans om ten minste n klein bietjie vertroue by die publiek in te boesem! Loof belonings uit: die gemeenskap weet beslis wie die moordenaars en diewe is. Sal maar nie my asem ophou nie.

Onnie ·

Ek onthou jare terug toe daar nie n voetbrug was nie, en die een na die ander inwoner, van die informele nederstettings teen die N1, doodgery is op daardie pad. Toe bou die regering ‘n voetbrug om dit vir hulle veiliger te maak, lewens te spaar…. en hoe sê hulle dankie???? Vermoor en plunder!!!!

Antoinette ·

Waar is die ploisie of weermag, hulle weet mos nou dat daardie pad gevaar inhou vir vragmotorbestuurder. Moet daar nou nog meer vragmotorbestuurders hulle lewe verloor. Volgende gaan die motors wees wat gaan deur loop.

Lolipop ·

Die land het onregeerbaar geword, maar die regering besef dit nog nie!

KrokodilBotha ·

Ja Mnr. Alan Wind ?? Ons wag vir jou en die DA se beloftes.

Attie ·

Opportuniste…hulle beteken niks nie. Swakte opposisieparty denkbaar.

Sarel ·

Borgtog en gaan voort met misdaad want Hofbeamptes is oorwerk en kan nie meer alles Hanteer nie

Attie ·

Regeringondersteunde moord. Die idiote moet almal aangekla word, want dit is hulle wat hierdié dinge veroorsaak.

Riaan ·

Wat betekin ‘n paar trokdrywer lewens vir CancER en da? NIKS, absoluut NIKS, net soos ‘n paar boere en ‘n paar ……
Maaaaar hulle is weer ingestem so wat kan ons se??

Dries Moolman ·

Ek stem saam. So voetbrug is juis om inwoners veilig oor die pad te kry. Nou word dit misbruik vir misdaad – dan moet voetgangerveiligheid maar ingeboet word.

PJC ·

Daar moes in die eerste instansie nie ń voetbrug gebou gewees het nie maar wel ń duikweg. Owerhede het mos al op baie ander plekke in die land gesien wat gebeur by voetbruě.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.