5 verhoorafwagtendes ontsnap in aanval op polisievoertuig

Argieffoto ter illustrasie: Phillip Bruwer

Die polisie in Gauteng het Maandag ʼn reusesoektog van stapel gestuur nadat vyf verhoorafwagtende verdagtes ontsnap het toe die polisievoertuig waarin hulle gereis het aangeval is.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het dié voorval bevestig.

Volgens Dlamini het die voorval op die Goue Hoofweg in die suide van Lenasia gebeur oomblikke nadat die verdagtes in die hof verskyn het. Die verdagtes, onderskeidelik van Johannesburg en Dobsonville in Soweto, was op pad terug na die gevangenis.

“Die polisievoertuig is deur ʼn onbekende aantal insittendes van ʼn silwergrys BMW aangeval. Die verdagtes het op die voertuig losgebrand totdat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het,” het hy gesê.

Dlamini het gesê die insittendes van die BMW het daarna die slotte van die polisievoertuig met meganiese toerusting oopgesny waarna die vyf verdagtes daarin geslaag het om te ontsnap.

Die bestuurder van die polisievoertuig is in die been geskiet en is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.

“Al vyf voorafwagtende verdagtes en die insittendes van die BMW is steeds op vrye voet. Enigiemand met meer inligting word versoek om die naaste polisiekantoor onmiddellik te kontak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jacques Venter ·

Dit het tyd geword dat howe binne die gronde van gevangenesse gebou word. Teveel gevaarlike misdadegers ontsnap na en van die howe.

André ·

Gelukkig slaap God nie. Hierdie ouens kan dalk wel nou ontsnap, maar gaan wel voor die hemelse Regter verskyn. Daar is dan geen wegkomkans nie. Ek dink die hel gaan ‘n baie vol plek wees.

Dirk ·

As daardie bestuur van die Nyala bevoeg was om dit te bestuur is daar geen manier dat ‘n BMW dit van die pad kan kry nie al is dit onder geweervuur

Oosie ·

Dis ‘n argieffoto Dirk. Soms word die verhoorafwagtendes sommer in ‘n vangwa vervoer. Feit is, soos julle se, dit is pateties…

bgj van der westhuizen ·

ek verstaan ook nie hoe n bmw n panser voertuig wat gebruik was om onluste te beheer tot stil stand gebring is deur n moter voertuig stamp die bmw uit die pad of ry hom van die pad af

PJC ·

Hierdie voorval wys net weereens dat die misdadigers geen vrees meer vir die polisie het nie.

Janee ·

Dit was nie n Nyala nie, maar wel n Canter. Foto by berig verkeerd.

Tania Heyns ·

Dagsê Janee

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning, die foto was bloot ter illustrasie. Die foto-onderskrif is gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Mike Kaapstad ·

Inside job…………….(die skelms was inside die vangwa)……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.