50 ANC-lede loop oor na DA in Ekurhuleni

Mmusi Maimane, leier van die DA

Mmusi Maimane, leier van die DA

Die Demokratiese Alliansie het Saterdag 50 lede van die ANC, wat na die DA oorgestap het, in Ekurhuleni aan die Oos-Rand verwelkom.

Ghaleb Cachalia, DA-burgemeesterskandidaat vir Ekurhuleni, het gesê die lede het, net soos hy, gevoel die ANC het hulle verlaat. “Die ANC het sy morele kompas verloor en het een man gekies bó die behoeftes van gewone Suid-Afrikaners. Korrupsie, kaderontplooiing, mislukte beleide, en ʼn algehele minagting van die Grondwet is aan die orde van die dag in die ANC van pres. Jacob Zuma,” het hy gesê.

Hy het gesê die DA is, in teenstelling met die ANC, ʼn party vir alle Suid-Afrikaners. “[Die party] het ʼn bewese rekord van verantwoordelike regering wat wys dat alle inwoners, veral die armes, voordeel trek uit DA-beleide, en nie net individue wat polities verbind is nie.”

Chachalia het gesê die ANC verloor steun. “Ná 22 jaar se regering het honderde duisende mense besef die ANC het nie ʼn goeie storie om te vertel nie. In Ekurhuleni is daar ʼn stadsbestuurder wat onwettig sy posisie misbruik terwyl hy tenders ter waarde van honderde miljoene rande onderteken. Daar is gereeld kragonderbrekings, wat verwaarloos word. Universele toegang tot sanitasie en water bly ʼn droom vir talle. Die lysie gaan aan, maar mense het genoeg gehad!”

Hy het bygevoeg hy is vol vertroue dat die winde van verandering deur Ekurhuleni trek. “Ons almal verwelkom burgers wat wil help om die verandering na ons stad te bring om weer vooruitgang te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

112 Kommentare

Frik Lotz ·

DA voel niks vir minderheidsgroepe nie en raak al hoe meer soos die ANC. Die DA is niks anders as n ANC-lite nie. Die enigste party wat veg vir minderhede se regte is die VF Plus.

Eugene ·

Die VF+ is so in die minderheid kon net 165 000 stemme kry in vorige verkiesing in 2014. So met die 0.9% bedingings mag wat kan hulle nou rerig regkry? Dawid en Goliat.

Eugene ·

Martin hoekom ANC? Daar is mos ander partye wat meer ondersteuning het as Goliat!

L ·

‘n stem vir die vf+ is nie ‘n vermorste stem nie. Ons het 1 vf+ raadslid in ons munisipaliteit en sy doen meer as die DA en ander partye saam. Sou almal jou redenasie volg en so doende geen vf+ raadslid ingekry het nie sou ons probleme baie erger gewees het. Die punt is die DA het die saadjie geplant van waninformasie dat kleiner partye niks kan reg kry nie. Dus lieg hulle oor hoe ons politieke stelsel werk en dit dui duidelik daarop oor die tipe integriteit wat mens te doen het met die DA. Jy as minderheid gooi jou regte letterlik weg en stem teen jouself as jy hulle glo en agter hulle aan stem. Dus verswak jy die minderheid waarvan jy deel is se stem en dus water dit ons regte af. Dit wat juis in die wet beskerm word, kan nie beskerm word nie. Jy moet ook verstaan, die. DA, ANC en EFF saam kan die grondwet verander wat minderhede gaan skade aandoen in die toekoms. Dit is die gevaar wat mense nie besef nie.

Sarie ·

Vir die grootte van die VF+ kry hulle baie reg. is net nie so in die nuus nie. Hulle beveg veral swart rassisme wat die DA nie met n tang sal aanraak nie. Die DA is ook baie stil oor plaasmoorde. ‘n Kieser wat vir die grootte van ‘n party stem weet nie wat aangaan nie. ‘n Mens stem tog vir jou beginsels.

Peet ·

Eugene, daardie Klein party afbraak mentaliteit werk nie vir ons intelligente Afrikaners nie Dankie. Klein partye is effektief. Dit is die DA propaganda wat ons nie meer voor Val nie.

Eugene ·

Ai Peet die “intelligente Afrikaners” waarna jy verwys is nie so intelligent nie. So ons ander Afrikaners is duidelik volgens jou nie intelligent nie. Absurd!

Kester ·

Eugene, die DA is eerste om klein partye af te kraak, terwyl ware demokrasie eintlik klein partye en diversiteit beklemtoon. En wat doen die DA inelkgeval vir Afrikaners? Niks nie, inteendeel, die DA “frame” witmense sodra hulle kan met heksejag stellings oor rassisme.

Cherokee ·

Peet is heeltemal reg met wat hy sê betreffende intelligente Afrikaners, Eugene. Of het jy gedink dat dit intelligent is om vir regstellende aksie, grondhervorming en verraad teenoor Afrikaans te stem?

JT ·

Eugene, by hoeveel DA kantore het jy al ingestap? Dit lyk net soos enige ANC kantoor. Ek is al 9 maande sonder werk agv BEE wat jou party steun! Die ANC en DA het 5 % elk verloor met die vorige verkiesing na die EFF se kant toe. Ek het die vorige 3 verkiesings DA gestem maar as Christen en Afrikaanse persoon is die VV+ my nuwe plek.

Poot ·

Ag asseblief!!!!
VF+ is ‘n klein vissie in ‘n baie groot see.

Johan ·

Tot stemdag, dan stem die hele ou soustrein WEER vir die korrupte ANC

Pieter dp ·

Is die rotte besig om die sinkende skip te verlaat? Of het hul oe oop gegaan.

M ·

Ja ek dink ook DA is anc light…sien nie juis dat hul opstaan vir die wit SAner nie…kyk na kleuterskool geval asook grond hervorming en en en . Ek dink self dat d VP plus n beter opsie is, maar ongelukkig nog in d minderheid en sal graag v hul wil stem…maar voel aangeaien hul so klein is is dit dalk n stem gemors deur nou v hul te stem en deur v DA te stem al is dit n anc light is dit tog n treetjie vorentoe en stem wat sal tel en help om anc uit d kussings te lig…alles nou om anc uit te kry,vorentoe VP plus hul doen inderdaad goeie werk en in beaonder vir nie net die wit nie maar die afrikaans sprekende tans onderdrukte volk.

Christopher ·

Ek vat my stem van die DA na die VF+. Dit is nie ‘n mors van my stem nie. Die DA is, soos almal sê, ANC-light, want hulle staan ook ten gunste van BBBEE, AA en elke stukkie wetgewing wat die witman en vrou totaalenal uit die ekonomie wil uitsluit en as hulle nie uitgesluit word nie, moet hulle, hulle besigheid weggee om ander te bemagtig. Ek is klaar met die DA!

Cherokee ·

Ek stem net nie met die ‘light’gedeelte saam nie. Die DA is redelik heavy net soos die ANC.

Hendrik ·

Uitstekend nuus vir DA, daai ouens weet iets en sorg dat hulle poste gaan kry

M ·

DA= anc lite jammer nie “light” VF plus is tops….en doen uitstekende werk….DANKIE VF PLUS.

Poot ·

Ek het nog al die jare VF+ gestem. Het ook niks besienswaardig in my voorstad gebeur nie. So wat het die VF+ dan nou eitlik gedoen behalwe om nou op die bandwagon te spring en klagtes lê….dit net so voor die verkiessing. Neewat….ek stem ook nie saam met als van die DA nie, maar my stem gaan hierdie keer vir hulle. VF+ stel telleur.

ElgeraineR ·

Vir my moet die anc eerstens uitgeskakel word, hulle is n bedreiging vir die land en alles wat belangrik is. Die DA is nou daardie party wat n verskil kan maak, hoe graag ek ookal vir die VF Plus wil stem, dink ek nie dit gaan nou n verskil maak nie, ons het NOU n radikale ingryping nodig.

Karma ·

Stem vir die DA of die VF+ …. stem enigiets behalwe ANC of hierdie ou simpel klein partye soos COPE, MDC e.d.m. Na die verkiesing gaan daar koalisiea gevorm word en dít is waar die slaankrag gaan lê om die ANC ‘n vieslike bloedbek te gee.

Ten spyte hiervan mense, gaan ek nie stem nie. Omdat ek nie op ‘n veilige, skoon plek kan stem nie. As ek my stem wil uitbring, moet ek tussen ‘n spul vuil, stinkende plaaswerkers en rastafariërs, tik- en dwelmkoppe my kruisie gaan trek – en ek is seker dat niemand se stem by só ‘n stemlokaal anoniem sal bly nie. So …. dan bly ek maar tuis, aangesien my rede vir wegbly by die stemlokaal my ook nie kwalifiseer vir ‘n spesiale stem nie.

ElgeraineR ·

Die anc moet eerstens uitgeskakel word, hulle is n bedreiging vir die hele land. Die DA is nou die enigste party wat werklik n verskil kan maak, hoe graag ek ookal wil glo dat die VF Plus n verskil kan maak, dink ek nie die party is sterk genoeg om nou n inpak te maak nie, ons het NOU n radikale ingryping nodig.

Hein ·

Ek verstaan jou nie. Onthou die verteenwoordiger sit in die raadsaal om jou te verteenwoordig. Die DA steun BBBEE,”affirmative action” en kwotas. Hulle steun wetgewing teen jou en is tot jou nadeel. Hulle gaan lae koste behuising langs jou woonbuurt oprig want hulle wil nog meer stemme wen vir die 2019 nationale verkiesing. Onthou dat jou party moet teen besluite stem in die raadsaal wat jou wyk/woonplek gaan benadeel. Gaan hulle dit doen? Onthou die DA gaan net ‘n proposionele sitplek vul en die ANC/EFF gaan die wyke inpalm. Gaan dink weer so bietjie en gaan besluit weer wie jou regte gaan verteenwoordig in die raadsaal.

Eugene ·

Daar is net 2 partye wat die ANC kan breek tot onder 50% en dit is die DA en die EFF! N stem weg van hulle is n vermorsing . Daar is wel plek vir minderheids partye en van hulle doen goeie werk.

L ·

Enige stem teen die ANC, DA of EFF is ‘n stem in die regte rigting….

L ·

Eugene, herinner ons net weer waarom is dit belangrik om die ANC uit die kussings te lig? Is dit oor hulle die grondwet wil verander, korrupsie, of oor hulle manifes wat ons nie mee saamstem nie. Want as selfs net een van die wat ek genoem het ‘n rede is, dan moet jy wegbly van al drie die partye: DA, EFF en ANC.

ElgeraineR ·

Stem saam Eugene. Dit maak net nie sin om nou vir n kleiner party te stem nie. Ons het NOU ernstige verandering nodig!

Slim stemmer ·

Ja julle DA, net so voor die verkiesing sal julle seker weer n SMS uit stuur om die kleiner partye te beledig, lekker onetiese tegnieke ne. Gelukkig het die ware kleure nou uitgekom met die grondbesettings en rassisme aan tuitions, julle het nou gewys dat julle nie net oneties is nie maar werklik nie omgee nie.

Koos ·

Ek stem eerder vir die VF+ die DA kan nie ‘n verkiesing wen buite die weskaap sonder om koalisies te vorm nie en ten minste wanneer ‘n koalisie gevorm word met die VF+gaan ek baat vind hierby.

Heinrich ·

Eugene en ElgeraineR, stem julle vir die party of stem julle vir ‘n sekere manier van dinge doen. Die DA sal wel dinge beter kan doen, maar kyk na watter dinge: presies dieselfde op papier as die ANC. Dit beteken ‘n baie beter toepassing van Rasstellende Aksie, Black Economic Embezzlement ensovoorts. As julle dan die ANC uit het en die DA in plek het, en nog steeds dieselfde maatreels teen jouself in plek het, wat gaan jy dan stem om jou eie regte weer op aan te dring?

Rynhardt ·

DA is vir almal??? Beslis die grap van die jaar.DA ondersteun regstellende aksie en onteiening van blankes se plase en die transformasie van afrikaanse skole na engels.SA politieke bestel is vol van bedrieers wat afrikaners oor en oor speel.

Marlies ·

Kry jou feite reg. DA onteien nie plase nie! En hulle ondersteun dit nie. En hulle weet hoe om te regeer, huise te bou vir veral armes, en bou skole. Daar is water en goeie rioleringstelsels, vullisverwydering , maw goeie munisipale dienste in DA beheerde areas. Kyk maar na Kaapstad. Kan beslis nie van ANC munisipaliteite sê nie.

Eugene ·

L Jou siening maak nie sin nie. So watter party volgens jou sal regeer? Ek glo nie ons moet droom nie. Dit is net so goed jy dink Griekwas se 2de Rugbyspan en nie die res van die ander spanne nie sal nou help ons stadiums volpak as hulle sou speel.

L ·

My redenasie sal nie vir jou sin maak nie want jy verstaan nie hoe die stelsel werk nie. Jy glo dat ‘n 20% party kan regeer en dat ‘n spesifieke regerende party die probleem wat ons het sal oplos. Jy glo verder dat net ‘n regerende party jou belange sal beskerm. In baie dorpe het ek al gesien die minderhede sit ore aan die regerende party en stof selfs ook die DA uit.

Eugene ·

L. Ek verstaan jou droom. Die minderhede moet dan nie 0. 9% stemme kry nie. Ek is meer nasionaal ingestel en nie net op n paar dorpe soos Orania bv. nie!

L ·

Eugene, ek het darem ‘n droom, nie ‘n nagmerrie soos wat gaan gebeur met ons as die DA inkom nie. 0.9% kan meer raak as mense nie teen hulself stem en die wolhaarbeloftes van die DA glo nie. Die vraag is dus nog steeds, wat gaan gebeur as die DA aan bewind kom? Ek dink dit gaan ons posisie verswak want jou kinders en my kinders gaan daai fout moet reg maak… Volg jou redenasie dan moet jy ANC stem.

Oom Ekonoom ·

Nee Eugene, moet nie plaaslik afskiet nie, plaaslik is waar ekonomiese beleid en groei eintlik gebeur en almeer so in n failed state. Moet nie laat die nasionaal die plaaslik insluk nie.

Sarie ·

Orania is ‘n VF+ munisipaliteit en dit werk. Skoon oudit en alles :))

Eugene ·

Miskien moet van julle VF+ ondersteuners julle leier Pieter Mulder se goeie berig van laas sondag gaan lees. Duidelik stem julle nie saam met julle leier nie!

L ·

Eugene, praat jy van die koalisie politiek artikel. Dis iets wat jy nie glo nie, so ons het maar in jou taal oor jou standpunt gepraat en glad nie daaroor nie. Maar jy moet nog vertel wat gaan die DA vir jou doen? Hoor nog niks daarvan nie! So wat gaan die DA vir ons doen? Ons sonder werk los ja! Ekonomies onbemagtig, en teen ons regeer. Dis wat hulle reeds in my munisipaliteit gedoen het. En te danke aan die VF+ het een vrou teen ‘n oor die honderd van die ander opgestaan en ‘n baie groot verskil gemaak. So as ons nog sulkes kan kry, hoekom nie! DA – sorrie, hulle is daar net vir mag! Hulle se dit ook!

Cherokee ·

Soos vele Ja-stemmers nou ontken dat hulle ja gestem het gaan wit DA-kiesers ook binnekort maak of hulle nooit DA gestem het nie.

Irene ·

Ek hoop nie daardie anc lede wat oorgeloop het na D A kry werk by DA nie hul kon nue werk by munc van anc nie

Poot ·

Cherokee
Ek dink nie jy was eers stem geregtig toe daar ja of nee gestem moes word nie. hou tog op om vingers te wys. En sou jy stem geregtig wees daardie tyd….het jy tien teen een nie eers jou kruisie gaan trek nie.

plaasjapie ·

Vergeet maar van die ANC…vergeet maar van die EFF…ek stem liewer KWV…
Dit sal my minder probleme gee !

Eugene ·

Plaasjapie nou is jy tenminste by een van die meerdersheids partye. Haha!

Eugene ·

Haha! DA ondersteuner. Gee tog maar jou eie gepaste naam . moet nie vals wees nie.

plaasjapie ·

Kan sien jy by die party is wat vir jou werk ! Ek sien regtig in elk geval nie die nut in vir ons witmense om saam te speel in die politieke stryd waarin ons sooo in die minderheid is nie.
As ons die land wil terug he, sal dit op ander manier moet gebeur !

L ·

DA het ‘n Baalse Verwarring geskep. Nou is almal verward. Dis een ding wat hulle goed gedoen het. En dit is wat mense nie verstaan nie. Eerstens, jou stem tel, of jou party 1%, of 20% van die stemme is. Dis so in die wet! Watookal jy voor gestem het, jy gee ‘n mandaat vir die betrokke party om jou te verteenwoording. So doende as daar in die parlement moet stem oor X, en dis teen jou beginsel, en party A het van die begin af gese dis teen sy beginsel, dan kan hulle teen dit stem. Dan weet die res ten minste daar is ‘n issue, en kan onderhandel. Klomp partye kan dan saam so stem. Maar as daar net 2 partye is, dan het jy ‘n probleem! Dit is wat mense nie besef nie. Maak die kleiner partye groter, dat almal deur koalisies regeer ipv volmag het. Die DA soek volmag, en ek dink nie ons behoort dit vir hulle te gee nie!

Cherokee ·

Ek sal nie verbaas wees as die DA vorentoe met die EFF koaliseer, nie.

Cherokee ·

en Eugene, Elgeraigne en kie deel wees van Malema se span.

plaasjapie ·

Weet nie of die KWV werk…maar dit laat jou darem beter voel hehe !

Cherokee ·

‘Ekurhuleni'(?)…… noem die plekke by die regte name sodat ons weet van waar julle vertel.

Hannes ·

Sjoe DA ondersteuner. Onongeligte mense soos jy kan sulke verwerplike onwaarhede kwytraak.
Dit is met mense soos jy waarmee n paar persone wat hier kommentaar lewer hulself identifiseer.
Baie persone se dat hulle kan sien wat die Vreiheids Front plus, Afriforum en Solidariteit doen – die suksesse wat hulle behaal ens. maar dink daaraan om eerder vir die DA te stem. Dit is so jammer want wie gaan julle veryeenwoordig en aangaan met die baie goeie werk as ons hulle nie ondersteun nie. Ons het hulle nodig – so gee hulle jou stem.
Dink so daaraan. Indien die DA goed vaar, maar een of twee “stemme” nodig het om die meetderheid in n stadsraad te vorm, sal die VF lede hulle sekerlik ondersteun om sodoende n meerderheod te kry.
Jou stem is dus NIE gemors nie.
Hoop julle stem reg. Lekker dag!

Koos ·

Hannes net so as die mense net ingelig word sal hulle dit verstaan net soos jy dit verduidelik…..maar as die kop dom is gaan die lyf swaarkry.

DA ondersteuner ·

Koos my kop is nie dom nie. Die DA se mos dat dit goed is om vir hulle te stem en dat kleiner partye sleg is al doen hulle so baie, so ons moet die DA nie bevraagteken nie.

Lance ·

DA screen ASB die anc memse wat so oorstap …wil nie mense he wat met die korrupsie en slegte gewoontes oorkom en nie n verskil kan maak nie …screem asb die mense !

Veritas ·

Al die politieke partye is presies dieselfde regoor die wêreld. Vir politici gaan dit oor eie gewin en mag. Geeneen van hulle gee een duit om vir diegene wat vir hulle stem nie. So af en toe maak hulle geluide wat die kiesers beindruk en paai maar dit is alles net wind. Burgerregte organisasies, daarenteen, doen eerbare werk vir die groepe wat deur hulle verteenwoordig word. Die enigste voordeel deur vir die DA te stem is die meer effektiewe manier waarop hulle die stadsrade bestuur. Moet net nie dink hulle sal enigiets vir die Afrikaner doen nie. Daarvoor sal die Jode sorg.

L ·

Daar bestaan so iets soos koalisies. So jy hoef regtig nie DA te stem nie. Hulle lei jou om die bos sodat jy dink soos jy dink. Baie van die stadsrade waar die DA die ANC ontsetel het, is in koalisie gedoen. Die DA verpes dit want dan kan hulle nie doen wat hulle wil nie, en dit is waar jou vf+ stem eintlik meer tel as ‘n DA stem. Want sulke kleiner partye swaai dan die septer. Dit is waarom die DA die valse persepsie geskep het dat jou stem gemors word as jy vir jou party stem. Ek wens mense wil net bietjie navorsing doen, dan sal hulle op dit wat ek se afkom.

plaasjapie ·

Met hierdie party stem besigheid, hou hulle ons oog op iets waarmee ons boere volk niks mee gaan reg kry nie…niks mee gaan wen nie of terug kry nie.
Vergeet die pen wat die kruisie moet trek en doen iets wat dalk kan werk.

antoinette de lange ·

Die DA is n volgende ANC my stem gaan vir VF hoe meer stemme vir VF gaan sal die party net sterker word.

Nico ·

Ek stem saam. Ek bly eerder beginselvas. Meeste politici dink nie verder as vyf jaar op ‘n keer nie. Eiegewin.

Aster ·

L is reg. Die DA versprei leuns wat ondemokraties is. Veelpartydigheid is reeds waaroor demokrasie gaan. Die DA moet gaan werf onder swartmense en ons uitlos. Hulle het hulle rug op ons al vele male gedraai. As hulle ons nie ken wanneer ons van rassisme beskuldig word of wanneer ons eiendom gevat word nie, moet dan nie net so voor verkiesings leuns kom versprei oor klein partye nie. Die VF is openlik aan ons kant en veg agtief vir ons, wanneer julle ons van rassisme beskuldig. So los ons nou en gaan werf swart stemme!

TM ·

Ek vertrou nie ‘n oorlopery so vroeg voor ‘n verkiesing nie. Hier is my belaglike teorieë:
1) Loop oor na die oposisie, vind hulle geheimpies uit en loop terug kort na die verkiesing en gebruik dit teen hulle.
2) Loop oor na oposisie, raak deel van hulle maar beinvloed hulle denkwyse om later soos jy te dink en siedaar nou maak dit nie meer saak of hulle die oposisie is nie, want hulle dink dieselfde.
Politiek is nooit wat dit voorgee om te wees nie.

Hendrik ·

Hiermee gaan ek die app. Van my foon verwyder as gevolg van sensuur deur julle en my bydrae vir Soldariteit.

L ·

Ek het agter gekom langer kommentare word nie geplaas nie. Hierdie site laat weet jou net nie dit nie. Dis dalk eerder so iets of iewers werk iets nie lekker nie. Want ek kom agter die app wil partykeer ook nie lekker werk met kommentare nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê L

Let asseblief op dat kommentaar verwyder word wat nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie.

Ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname verduidelik ook dat ons ‘n beperking van 250 woord plaas op kommentaar.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Hendrik

Let asseblief op dat kommentaar verwyder word wat nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie. Ek is jammer dat jy van mening is dat ons onnodig streng is, maar ons riglyne is opgestel in oorleg met regsadviseurs wat ons en ons lesers beskerm.

Ek wil dit ook graag duidelik maak dat, alhoewel ons deel vorm van die groter Solidariteit Beweging, jou lidmaatskap aan Solidariteit nie enigsins verband hou met Maroela Media nie. Solidariteit en Maroela Media funksioneer onafhanklik van mekaar.

Ek hoop jy kuier tog verder lekker op Maroela.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Lance ·

Die Kaap werk en dis wat ons soek …skoon netjies ….nie perfek nie maar dinge loop vorentoe …gauteng en ooskaap onder anc gaan dinge net agteruit …en vinnig ook …kan nie eers die basiese regkry soos om strate te vee …wat nog van al die bossies wat die sypaaitjies oorneem en verswelg

Joann ·

Ek het vir DA gestem,maar sal nooit weer nie. Hul is nie te vertrou nie,doen niks vir blankes,kom hou vergadering hier in my dorpie maar net in swartbuurt. Met vorige verkiesing het nie een blanke by stemlokale gewerk nie. Dit was net anderkleuriges. Nou hoekom sal ek stem vir party wat niks vir my beteken nie? VF plus vir my.

Onregverdig ·

Maroela, die DA monitor die site en flag ons boodskappe, wees versigtig. Ons wil ook ons kant stel.

Sune van Heerden ·

Dagsê Onregverdig

Dankie vir jou navraag. Let asseblief op dat kommentaar verwyder word wat nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie. Vergewis jouself gerus van dié maatreëls om seker te maak dat jou kommentaar nie verwyder word nie, en dat jy dus maklik ook jou kant van die saak kan stel.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sputnik ·

Hendrik, moenie te seergemaak voel nie. Myne word konstant nie geplaas nie, maar waarom jou app sluit weens jou bydrae aan Solidariteit (soos wat jou boodskap lui)? – hie-hie

Omgekrap ·

Hendrik,ek voel presies net soos jy. Sputnik het n punt, kom ons gee Maroela n kans om baie vinnig hulle beleid rondom sensuur te verduidelik. Ek kry die indruk dat daar iemand is wat teen ons is wat met die sensuur tedoene het. So Maroela, laat weet ons. Ons raak ongeduldig. Ons hoop julle is aan ons kant.

Sune van Heerden ·

Dagsê Omgekrap

Let asseblief op dat kommentaar verwyder word wat nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie. Ons riglyne is opgestel in oorleg met regsadviseurs wat ons en ons lesers beskerm.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Frik Lotz ·

DA ondersteun regstellende aksie soos die ANC. Regstellende aksie veroorsaak dat persone in poste aangestel word wat nie die kwalifikasies en ervaring het nie en dit lei tot swak dienslewering by munisipaliteite. Hoe kan enige mens dan nog DA stem? Terloops, hoekom het kiesers in die 1999 verkiesing nie vir die grootste opposisieparty, die NP gestem nie, maar vir Tony Leon se klein DP? Jy stem dus nie vir n party oor sy grootte nie, maar vir die waardes wat daardie party verteenwoordig en uitdra. Hoe meer kiesers dan vir daardie party stem hoe groter en sterker word die party. Stem dus VF Plus om die party te laat groei en sodoende nog meer effektiewer te maak om vir minderhede se regte te veg. Die DA gaan beslis nie kyk na minderhede se belange nie, slegs die VF Plus.

Hein ·

Ek gebruik sommer “Affirmative Action” i.p.v regstellende aksie. Daar is niks om reg te stel nie. As hierdie ouens net wil begin werk en ophou bakstaan sal alles beter gaan.

jaco ·

dis net lede wat oorloop. dit se niks. dis meer betekenisvol as ANC-raadslede en ANC-parlementslede oorloop. Maar kyk wat het geword van die UDM en Cope: dit was albei wegbreekaksies uit die ANC en het nogal ‘n paar groot name ingesluit. Vandag is daar bitter min van hierdie twee partye oor

Oom Kalahari ·

Die DA veg nie vir die Afrikaner regte en voort bestaan nie en is hand op die blaas met ANC en EFF. Die tee partytjies, braaie en laggies agter die skerms weet nie almal altyd van nie. Alles is ‘n beeld stelling hoe hul mekaar kwansuis afkraak in die media en openbaar is alles ‘n front en manupilasie stelsel om hase spronge oor en weer te maak. My klein VF+ party staan op en doen baie dinge waarvan nie almal altyd weet nie, maar as aantekenaar by hul sal u wel op hoogte wees elke dag. VF+ BO!!!!

gatiep ·

Wel die ANC loop dan nou oor na die DA so julle gaan nog steeds stem vir ANC as julle DA stem. DA is wolf in skaap klere daai ouens het gesien die DA soustrein lyk lekkerder. As almal van ons FV stem gaan hy glad nie so klein wees nie.

Johann Smith ·

Julle het blykbaat klaar vergeet dat die DA oorspronklik in die Kaap aan bewind gekom het deur ‘n koalisie met Patricia de Lille te vorm. Die DA Da het oorspronklik bestaan uit die progressiewe party wat ons o
Land weggegee het. Ek stem VF+ om vir die volgende geslag te wys daar is nog mense wat trots Afrikaans is.

Cherokee ·

Soos jy sê Johann. En nou stem hulle wat op hierdie forum voorgee dat hulle konserwatief is, vir die nalatenskap van Helen Suzman en Frederick Van Zyl Slabbert.

Jcwf ·

Sjoe, as mens die kommentare lees, lyk dit of julle liewer het dat daai 50 na die EFF sou oorgaan.

Indien hulle na die VF+ sou gekom het, sou hulle daar welkom wees, wonder ek net.

gatiep ·

Jcwf ek glo nie as hulle van daai ouens is wat hulle mense met hoender omkoop en leegle heeldag nie.
Lyk my DA vat sommer enige mense in by hulle maak nou nie eens saak of hulle meskien skelms is nie solank hulle net van die ANC af oorkom.

Cherokee ·

Nie dat die VF+ onskuldig is daaraan nie, gatiep. Ek onthou ‘n gewese DA-lid (kan nie sy naam onthou nie) wat toe hy met die vorige verkiesing uitvind dat antie Helen nie ‘n setel vir hom gun nie, toe hardloop hy na die VF+ wat hom met ope arms aanvaar het. Nou kyk, dit was beginsels verruil vir geld.

Ed ·

Darem net te lekker om sommer net ‘oor te loop’ en deur die DA ‘verwelkom’ te word. Almal wolwe in skaap klere! Die DA ondersteuners het NIE vir daai mense gestem nie!! Dis net eenvoudig verkeerd!

Klong ·

Aan VF+ lede ,wat maak ons ander gekleurdes nie Afrikaners,kom ,hoekom wil julle alles nog hou toe ons nie stem reg gehad het

Hein ·

Klong niks verhoed julle om ‘n nuwe party te begin vir volgende nationale verkiesing nie. Julle kan mos saamstaan of nie…..?

Johanna Botha ·

Die kaap werk mense …die kaap werk …so DA kry my stem …die res kan later volg ….kry net eers iets wat verdomp werk …anc lede moet asb netnie met hulle swak gedrag en gewoontes oorkom DA julle sal die mense eers moet screen …dit bekommer my egter moet ek se

Sarie ·

Die Kaap werk dit het ook die beste gewerk onder die ANC. Die demografie verskil meer Kleurlinge en Blankes. Volg bietjie op wat by Mosselbaai en Oudtshoorn gebeur het. Die beste sal wees dat munispaliteite geprivatiseer word ,maar nou stem ek vir my beginsels. Ek moet die mense daar hou wat sal opstaan vir my beginsels. Hulle kan altyd in koalisies gaan met partye . Werklike demokrasieë is die waar klein partye dikwels die kingmaker is soos in Ierland was die Groen Party vir jare die kingmaker en dit het goed gewerk. Dis ook beter vir minderheidsgroepe.

Hein ·

Sarie party mense sukkel verskriklik om die eenvoudiger resep van “kingmaker” te verstaan. Party mense weet nie eers van die proposionele sitplekke nie en wil dan gaan stem. Ons moet maar geduldig wees met die mense. Miskien sal hulle teen die volgende 2019 verkiesing verstaan dat ‘n mens nie ‘n blanko tjek aan iemand kan gee en hoop dat hulle vir jou goed sal wees nie. Hulle gaan die bank leeg trek..

hans brits ·

Dawid en Goliat,nou wie het vir wie gewen?.Die anc ,eff en da gaan mekaar uithaal en dan sal Dawid(VF) koning kraai.Onthou Dawid het nog klippe oorgehad ook.Met God is aals moontlik.

Bruno Stef ·

Ons dorpie se Stadsaal is deur twistende Anc ondersteuners afgebrand nou verwag sommige mense dat ek my siel moet verkoop deur vir die Anc/Da te stem.Dit is n kwessie van beginsels daarom stem ek VF+ die plaaslike DA het nie eers dit veroordeel nie en verdien nie my en my gesin se steun nie.

thys ·

was MNR Mulder nie onlangs nog n adjunk minister van landbou in die anc regering nie?

Moegviraldiebeloftes ·

ek verstaan nie waaroor almal nou so te kere gaan nie dis nie ‘n nasioenale verkiesing nie – ons stem nou vir dienste lewering nie vir die parlementêre verteenwoordiging nie – ek woon in ‘n DA munisipaliteit – dienstelewering is puik. staak die werkers is daar steeds nie diens onderbrekings nie als word gedoen en ons dorp lyk pragtig – dus DA word daar nou voor gestem – die volgende verkiesing is ek nog nie seker nie (sal sien hoe dinge verloop tot ons die parlementêre verkiesing het). vir die wat VF in ons buurt wil stem moet hulle koppe laat lees hulle was nêrens te siene met die registrasies nie en ook nie naby as dit verkiesings is nie sien ook glad nie wat hulle verrig nie. weet wel dat hulle net so lief is om te keer dat dinste gelewer word. en die oorlopery en die geksaar by die anc toe die np tot niet is help hulle saak glad nie – ek sal dan eerder vir die onafhanklike kandidate ondersteun. ek sien veral hoe nader dit aan die verkiesings kom hoe sigbaarder word hulle in koerante (nie on ons dorp nie) en verder verdwyn hulle in die niet en woord nie weer gesien voor die volgende verkiesing.

Matilda ·

DA is beter as ANC maar VF nog baie beter want hulle verrig selfs nog baie meer met baie minder geld. Hiermee kan jy nie stry nie!

Poot ·

Matilda
Wat verrig die VF+ met minder geld? Wie se geld is dit? Net hofsake en klagtes wat hangig gemaak word ja. Ek sien GEEN verbetering in my omgewing, of sal ek sê stad, wat deur die VF+ voortgebring is nie.

Ernst ·

Poot, ek kon my besigheid red met behulp van VF+ wat water laat herstel het, dit nadat ons almal vir die DA gevra het om in te gryp maar hulle praat net en doen niks. VF+ het ons gehelp, niemand anders nie.

Frik Lotz ·

Poot, jy ondersteun dus regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en grondhervorming? Die DA ondersteun dit. Die ANC ondersteun dit. As jy DA stem, kan jy dan netsowel ANC stem. Wat is die verskil? Die VF Plus veg vir minderhede se grondwetlike regte en staan op vir hul taal, kultuur en erfenis. Die DA is tjoepstil oor sulke aangeleenthede. n Stem vir die VF Plus is n stem vir n beter toekoms!

Poot ·

Frik
Dis ‘n munisipale verkiesing. Hier gaan dit oor diens lewering. Taal, kultuur en erfenis sal in die algemene verkiesing in 2019 ‘n aspek wees. Wil jy my vertel dat die VF+ met sy kapasiteit Gauteng kan bestuur? Die stelling van “kan net sowel ANC stem” dra nie gewig nie. Gaan Kaap toe…dan sal jy dalk sien hoe ‘n stad bestuur en onderhou moet word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.