50 beseer in botsing

Argieffoto

Minstens 50 mense is beseer toe ʼn bus en ʼn motor Saterdagaand op die N1 in die Wes-Kaap gebots het.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê die voorval het by die Klipheuwel-afdraai op die hoofweg plaasgevind.

Volgens haar moes twee mense met behulp van meganiese toerusting uit die motorwrak gesny word. Dié mense is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas.

Volgens Van Huyssteen is al die passasiers wat in die bus vervoer was in die voorval beseer. Sy sê die beserings wissel tussen gering en matig.

“Die presiese oorsaak van die ongeluk is nie in dié stadium bekend nie. Beamptes was egter op die toneel en het ʼn polisieondersoek van stapel gestuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ashlee ·

Ons sal lewe ons sal sterwe, ons vir jou God verlate land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.