50 jaar tronkstraf vir polisieman wat dossier smous

(Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

ʼn Voormalige Vrystaatse adjudant-offisier wat ʼn polisiedossier en skootrekenaar van die staat gesteel het, is tronkstraf van 50 jaar opgelê.

Frederick George de Bruin (50) is Maandag 15 jaar tronkstraf in die Odendaalsrus-landdroshof opgelê vir korrupsie, 15 jaar tronkstraf vir die diefstal van die rekenaar, 15 jaar vir die diefstal van die saakdossier en vyf jaar tronkstraf vir dwarsboming van die gereg nadat hy op al vier aanklagte skuldig bevind is.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê De Bruin het in Januarie vanjaar ʼn verdagte genader wat aangekla is van roekelose en nalatige bestuur en het onderneem om die dossier oor die saak vir R5 000 aan die betrokke verdagte te verkoop.

Dié persoon het die voorval aangemeld en die provinsiale teenkorrupsiespan het ʼn lokval vir De Bruin gestel.

Die transaksie het plaasgevind: Die persoon het die geld aan De Bruin betaal en dié het vir hom die dossier gegee in die saak waarin hy ʼn verdagte was.

“Terwyl lede van die teenkorrupsie-eenheid besig was om die beampte, wat in hegtenis geneem is, se huis te deursoek, het hulle ʼn kwitansie van ʼn pandjieswinkel gevind vir ʼn staatskootrekenaar wat verpand is. Kontant van R5 000 is ook in sy besit gevind,” sê Makhele.

Die polisie het die skootrekenaar by ʼn winkel op Odendaalsrus gekry en beslag daarop gelê omdat dit gesteel was.

Makhele sê De Bruin is intussen afgedank by die polisie.

“Die vonnis stuur ʼn onomwonde boodskap uit dat korrupsie nie betaal nie en dat die polisiebestuur nooit enige vorm van korrupsie in ons geledere gaan duld nie,” sê lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiehoof.

“Ons loof die regstelsel en deeglike werk van die ondersoekspan om diegene wat misdadigers is en agter ons waardige skild skuil, te verwyder,” sê Motswenyane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Anel ·

Dis reg. Dit is een, maar wat van al die ander? Wat van die een wat openlik by die plundering betrokke was? Of het hy die regte van gegad?

Gert K ·

Ek is ook seker Frederick is nie die enigste een nie en ek reken baie dossiere raak net weg.

loddertjie ·

Goed om te weet die regstelsel werk nog in sekere opsigte.

Cecilia ·

Jip net sekeres word gevang en swaar strawwe opgele. As hy nou deel v Hoedman se nasie was het hy al 4 d strawwe gelyklopend uitgedien. So hy sou dalk 10jr gesit het maar nou gaan hy ten minste 30-35 jaar sit.

Johnny ·

Die “50 jaar” opskrif is sensasiebejag. Hy gaan dalk 3 jaar sit, omdat die vonnnisse samelopend uitgedien word en dan kom hy in aanmerking vir parool.

Carel ·

Knap gedaan; korrupte Afrikaner kry sy verdiende loon.
Kan SAPS nou begin om ALLE etniese groepe onder dieselfde korrupsie kam te skeer?

Tiptol ·

Goed so, maar ek sal jubel en juig as daar baie ander name gepubliseer wird wat tronkstraf kry. Veral name van ander kulture.

pdbpta ·

Te min skuldiges ry aan die pen, MAAR 50 jaar vir diefstal vs 15 jaar vir moord is onewewigtig en onredelik???

SwartBees ·

As die hoof verdagte sy mond gehou het sou die polisie nie eers geweet het van die dossier wat weg geraak het nie.

Sarel ·

Diefstal van Dossier en rekenaar kry groter straf as persoon wzt konders molesteer of mense wat moord
Pleeg. Ek verstaan nie hierdie Regstelsel van ons nie..

Kokerboom ·

As regstelsel maar net konsekwent is in toekenning van strawwe. Dat hy gestraf is is reg.. 50 Jaar klink net bietjie absurd terwyl moordenaars 25 of 30 jaar kry?

Anoniem ·

Dit is reg, maar wat van die ander wat in die SAP is wat misdaad pleeg? Hoekom word hul name nie ook so bekend gemaak nie. Dit sluit die “Hoë” in.

Mieke ·

Ek wat van al die ANC ministers wat skuldig is aan miljoene rande se verdwyning? Almal wéét van hulle, maar hulle bly onaantasbaar…!!

Ben ·

15 Jaar vir ñ skootrekenaar. En “zoems” kry 18 maande. Haha.

Frikkels ·

As sy van miskien Gumede of maluleka was, was hy geskors met volle betaling en wanneer hy skuldig bevind word, kry hy ñ verplasing. Ons regstelsel is regtig ñ narre debakel!

Pampoen ·

Ja dis goed so, maar mens het ook ‘n traan in die hart om ‘n man so te sien val.

Niklaas ·

Dis een reuse vonnis vergeleke met die gemiddelde moord vonisse in SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.