50-jarige op lughawe vas

Die verdagte tydens sy inhegtenisneming. Foto: Kapt. Piet Smit/Verskaf

‘n 50-jarige man is Woensdag met sy aankoms by die Kaapstadse Internasionale Lughawe in hegtenis geneem op aanklag van intimidasie en die rig van ‘n vuurwapen.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die man van Seepunt het van die OR Tambo Internasionale Lughawe na Kaapstad gevlieg.

Hy is in hegtenis geneem in verband met ‘n voorval in Parow in Maart 2017. Geen verdere besonderhede oor die voorval is bekend gemaak nie.

Die verdagte sal in die Parow-landdroshof verskyn sodra hy aangekla is.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, Wes-Kaapse polisiekommissaris, het die beamptes in die saak geloof vir die inhegtenisneming en gesê alle kriminele aktiwiteite wat die veiligheid van ‘n gemeenskap bedreig sal ondersoek word en die skuldiges aangekeer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Is dit Hulk ·

Is dit Hulk of is die ander manne net bietjie klein ?

Amelia ·

So lank na die tyd? Ek wonder of onthou hy dit. So effens ruik ek n rot……….. kwaadwilligheid?

Mariaan ·

Hoekom konsentreer die Polisie nie eerder op die moorde wat reeds gepleeg is nie??
En ook te voorkom dat die skuldiges nie ontsnap nie!!!
Iemand het hom dalk uitgelok!!!

Casper Labuschagne ·

Baie interessant, dit is vandag onmoontlik om ‘n langafstand bus-, trein- of vliegtuigkaartjie te bekom sonder dat jou ID boek aan jou rit gekoppel word en jy nie positief geïdentifiseer word nie. En hier is nou bevestiging dat sulke inligting wel deur die owerhede gemoniteer asook gebruik word. Grootbroer hou jou dop!

Daan ·

Ek stem die ou moet onskuldig wees hy nodig nie n vuurwapen nie hoekom sal hy dit op iemand rig?

cor ·

Mens kan sien daar is moeite gedoen om die ou te kry seker het hy die sogenaamde vuurwapen op een van die meerderheid burgers gerig . Sekerlik nie op die minderheid nie want dan sou daar nie n soektog vir hom gewees het nie.

Rina ·

Nou wonder ek wanneer word Malema en sy EFF members en BLF gearresteer want hulle is voorstaanders vir geweld in die land en ook die mense wat so op FB ons blanke volk van totale uitwissing dreig. Ek wag vir die arrestasies

Andre ·

As die polisie op die tipe oortredings meer konsentreer sal daar minder moorde wees om op te los.

The President's Keepers ·

Gaan lees bietjie op oor Mark Lifman dan sal julle dalk ‘n ander deuntjie sing, en dankbaar wees.

Willie ·

Wens die patetiese polisie kan plaas en dorps moordenaars arresteer. Dit sal nou vir jou opslae maak

Hennie ·

Laat ons maar hoop die klagte teen die man is die waarheid.

marous ·

Met skok vervul om te hoor dat hy en sy prokureur nog met ons is …

PJC ·

Ek sal graag die hele regte storie wil hoor want ń mens kan nie altyd glo wat die polisie kwyt raak nie.

Piet Pompies ·

Hierdie saak het als te doen met bende geweld en moorde in Kaapstad omgewing. Die verkoop van onwettige wapens deur lede van die SAP, smokkel daarvan en die gebruik van die wapens onder bende lede. Gaan tronk toe, reguit tronk toe met jou

Amanda ·

Ek het toe die naam Mark Lifman gaan Google, en as dit hierdie man is, dan moet ons eerder die polisie ‘n kompliment gee as kritiek.

Jay ·

Mense ons almal is vinnig om op te staan vir ons mense julle weet wat ek bedoel in vandag se tyd moet ons saam staan veral met die onregverdige, rassistiese behandeling wat ons kry maar hier is net ‘n klein bietjie raad nie elke wit persoon wat gearresteer word is onskuldig nie en is ook dalk nie ‘n goeie mens nie laat ons asb eers ons navorsing doen voor ons wil opstaan vir hulle. Hierdie man verdien tronk straf as julle al gehoor het wat hy gedoen het.

Komaan! ·

So jy weet duidelik meer as wat maroela ons vertel….so vertel my ok asb die storie???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.