50 onwettige immigrante aangekeer

Die polisie en lede van die weermag op 27 April 2015 in Johannesburg Foto: @humairaa_15 op Twitter.

Die polisie en lede van die weermag op 27 April 2015 in Johannesburg Foto: @humairaa_15 op Twitter.

Die polisie en soldate het die afgelope naweek 50 onwettige immigrante in Johannesburg in hegtenis geneem.

“Die inhegtenisnemings het tydens misdaadvoorkomingsoperasies in Hillbrow, Mayfair en in die middestad plaasgevind,” het Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, aan African News Agency gesê.

Die persone is almal na Hillbrow-polisiestasie geneem en hul dokumentasie word deur die departement van binnelandse sake hanteer. “Die persone wie se dokumente nie in orde gebring kan word nie, sal na die Lindela-repatriasiesentrum geneem word.”

Die polisie was ook tydens die klopjag op soek na dwelmmiddels, onwettige vuurwapens en gesteelde goedere, maar niemand anders is in hegtenis geneem nie.

Die regering het verlede week die weermag ontplooi om die polisie by te staan om die vlaag xenofobiese geweld wat van KwaZulu-Natal na Gauteng uitgebrei het, hok te slaan. Minstens sewe mense is dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Ek lees en verstaan ook: “Onwettige immigrante waarvan sekeres se dokumentasie wel in orde gebring kan word”.
Nou verstaan ek nie dat sommige onwettige immigrante se dokumentasie so maklik in orde gebring kan word.
Help my want ek is nou skoon deurmekaar soos groentesop.

Elfie ·

Ja ek verstaan ook nie hoe word sommiges se dokumente in orde gebring nie – seker weer heelwat note wat van hand verwissel wat daarmee help. Peet – so deurmekaar soos kos in ‘n tuimeldroër ja! (ek het die “t” uitgelaat maar ek is seker almal weet waar dit inpas!

CHRISTA ·

As die miljarde wat die afgelope 21 jaar deur die ANC gesteel is teruggeëis kon word, sou ons al hierdie immigrante kon onderhou en nog ‘n paar kragstasies KONTANT kon bou! ALL the NATION’S CRIMINALS!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.